by

Ons nuwe begin

Maart 23, 2008 in Sonder kategorie

Ek is stil van oorweldiging.Ons is in die nuwe huis en alles is so mooi.Ek het vir die eerste keer ‘n kamer van my eie waar ek kan naaldwerk doen,verf,blog,en net wat ek wil dit is die lekkerste ding vir my om hier in my hideout te kom sit en te weet dit is myne.

Ek is so dankbaar oor alles om my,my kinders is so gelukkig.Hulle het baie swaar saam met ons gekry die afgelope jare en ons is regtig so geseen deur die Here in liefde maar ook in ons basiese behoefte en ook ons wildse drome.Ek wil die Here loof op die bergtoppe en sing te ere van Hom.Hy het ons regtig kom haal uit ons wanhoop en weer hoop gegee.Ek loop so deur alles en probeer dit inneem. Ek is so bevooreg.

Ek weet Hy is nie ‘n aannemer van perooon nie en weet Hy wil dit vir almal he.Ek is die mees dankbaarste oor ons familie.Ons het so verby mekaar gelewe op  ‘n stadium en nou in ons regtig ‘n familie.Dit was vir ons ‘n moeilike pad en weet daar is nog ‘n langpad voor,maar ek weet verseker ek wandel nou in die lig van God.Hy is so eg en so ‘n realiteit vir my,ek sien Hom in alles om my.

Vir die wat vanoggend effens twyfel wil ek net bemoedig.Jesus leef.Moet nooit ophou hoop nie.Hy bly getrou self al is ons onttrou.

Dankie vir almal se wens die trek het baie goed afgeloop en is ‘n baie opwindende stap in ons lewe.’ n Nuwe begin wat ons verstand te bowe gaan.

En vir die wat wil weet, nee ons het nie in ‘n Villa ingetrek nie,hier is net moontlikhede en potensiaal wat my kreatiewe denke stimuleer en dit laat my so lewendig en opgewonde voel.

3 antwoorde op Ons nuwe begin

  1. catryn het gesê op Maart 23, 2008

    Thandi, Hi. Alles het wonderlik afgeloop. Ek het opgestaan in die naam van Jesus en vir my man direk aangespreek. Hy het ruiterlik erken dat die fout by hom le. Ek het vir hom gese dat ek nie verder so kan leef nie. Hy breek my. Ek wil heel wees. Hy het beloof om hulp te kry. Sover is alles rustig en voel ek weer of ek kan asemhaal vanaand. Baie dankie vir jou gebede en bystand. Ek is so bly julle is nou gelukkig in die nuwe plek. Jy is ‘n dierbare mens en verdien net goeie gawes van God af. Kan ons nie meer vir mekaar email of iets nie, veral as dit kom by God en Sy Almagtigheid. Ek het iemand nodig om sulke dinge mee te deel. Jy kan my email by [email protected].
    Jesus-liefde
    CATRYN

  2. pilgrim het gesê op Maart 24, 2008

    Jong, mag julle SO geseend wees in die nuwe huis! Mag dit ‘n oord word waar julle Sy teenwoordigheid ten alle tye aanvoel, en waar ander mense ook kom kuier om ook rus te vind 🙂

  3. rosegarden het gesê op Maart 25, 2008

    Ek hoop hierdie nuwe huis bring sommer baie seëninge!

Los ’n antwoord vir rosegarden. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.