by

My liefste man

Maart 18, 2008 in Sonder kategorie

 


Ek en jy het so lig deur die lewe gestap

alles was altyd sommer net ‘n grap

Ons kon ons gevoelens in dade verwoord

Nou verlang ek na ‘n sagte liefdeskoord

 

Ek wil nader aan jou menswees bly

Ek wil veraltyd my liefde aan jou belei

Ek wil na aan jou en by jou  wees

Een wees met jou saam in die gees

 

Ek verlang om jou te leer ken

Dade kan nie meer my hart wen

Ek smag  na   jou siel en na jou hart

Ek wil weet wie jy is en wat is jou smart

 

Ek sit maar hier en hoop op jou

Ek is jou maat jou ewige vrou

Gee vir my nou meer van jou

Sonder dat ek so aan jou klou

 

Ek wil weet wie is binne in jou

Hoekom het jy met my getrou

Ek wil weet wat maak jou die gelukkigste

En wanneer lyk ek op my verruklikste

 

As jy so stil is,dink jy aan my

Wens jy partykeer jy was nog vry

Wie het die sleutel van jou hart se luister

Waar is die venster na jou hart se fluister

 

Ek sit sommer weer hier stil by jou

Ek weet jy is bly ek is jou vrou

Ek weet jy is baie lief vir my

Ek weet jy  wil nie met my baklei

 

Ek sal nie langer kerm en vra

Ek sal nie wonder oor wat jou pla

My hart en jou hart kan praat met mekaar

 my hart het gehoor onstwee is ‘n paar

 

Wees maar stil my lief

Moenie verander nie seblief

My gees is  een met jou en  voel

 ek en jy is vir mekaar bedoel

 

Ek voel gelukkig as jy my hand vas hou

As jy diep in my oe kyk so getrou

As jy saggies oor my hare streel

Dan weet ek dat ek my nie verbeel.

6 antwoorde op My liefste man

  1. 🙂
    Dit is so mooi!

  2. Magrietjie het gesê op Maart 18, 2008

    Hi Thandi o’dit lyk pragtig, hou van die pienk roos.Ek dink jou man is baie bevooreg.
    Lovies
    Magrietjie

  3. Hildalene het gesê op Maart 19, 2008

    Pragtig!

  4. Cosmos het gesê op Maart 19, 2008

    Pragtig! Lieflike roos, kan ek hom maar in my tuin plant?
    Lekker dag

  5. shlwanjan het gesê op Maart 19, 2008

    Mooi!

  6. amnell het gesê op Maart 25, 2008

    Dis ba ie mooi, ek hoop jou man waardeer jou! Geluk met die nuwe huis, ek is bly die trekkery het goed afgeloop. Geniet jou eie kamer!

Los ’n antwoord vir Hildalene. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.