My liefste man
Maart 18, 2008 in Sonder kategorie
Ek en jy het so lig deur die lewe gestap
alles was altyd sommer net ‘n grap
Ons kon ons gevoelens in dade verwoord
Nou verlang ek na ‘n sagte liefdeskoord
Ek wil nader aan jou menswees bly
Ek wil veraltyd my liefde aan jou belei
Ek wil na aan jou en by jou wees
Een wees met jou saam in die gees
Ek verlang om jou te leer ken
Dade
Ek smag na jou siel en na jou hart
Ek wil weet wie jy is en wat is jou smart
Ek sit maar hier en hoop op jou
Ek is jou maat jou ewige vrou
Gee vir my nou meer van jou
Sonder dat ek so aan jou klou
Ek wil weet wie is binne in jou
Hoekom het jy met my getrou
Ek wil weet wat maak jou die gelukkigste
En wanneer lyk ek op my verruklikste
As jy so stil is,dink jy aan my
Wens jy partykeer jy was nog vry
Wie het die sleutel van jou hart se luister
Waar is die venster na jou hart se fluister
Ek sit sommer weer hier stil by jou
Ek weet jy is bly ek is jou vrou
Ek weet jy is baie lief vir my
Ek weet jy wil nie met my baklei
Ek sal nie langer kerm en vra
Ek sal nie wonder oor wat jou pla
My hart en jou hart
my hart het gehoor onstwee is ‘n paar
Wees maar stil my lief
Moenie verander nie seblief
My gees is een met jou en voel
ek en jy is vir mekaar bedoel
Ek voel gelukkig as jy my hand vas hou
As jy diep in my oe kyk so getrou
As jy saggies oor my hare streel
Dan weet ek dat ek my nie verbeel.
rayofsunshine het gesê op Maart 18, 2008
🙂
Dit is so mooi!
Magrietjie het gesê op Maart 18, 2008
Hi Thandi o’dit lyk pragtig, hou van die pienk roos.Ek dink jou man is baie bevooreg.
Lovies
Magrietjie
Hildalene het gesê op Maart 19, 2008
Pragtig!
Cosmos het gesê op Maart 19, 2008
Pragtig! Lieflike roos, kan ek hom maar in my tuin plant?
Lekker dag
shlwanjan het gesê op Maart 19, 2008
Mooi!
amnell het gesê op Maart 25, 2008
Dis ba ie mooi, ek hoop jou man waardeer jou! Geluk met die nuwe huis, ek is bly die trekkery het goed afgeloop. Geniet jou eie kamer!