Weet jy Wie na jou kyk?
Maart 31, 2008 in Sonder kategorie
Ek glo nie daaraan om ‘n beeld te he van hoe Jesus gelyk het nie, en probeer om so ver dit vir my moontlik is om geen persepsies te koester oor hoe Jesus gelyk het en hoe Hy was nie,maar hierdie gedagte wat hier uitgebeeld is gaan so baie deur my gedagtes.Wat moet Jesus dink,wat voel Hy wat gaan deur Sy Gees hier op aarde.Dis so volmaak geskep…tog is dit so stukkend…weet hulle dan nie wie Ek is nie.Ek is die Grooot Ek is…Ek is liefde.Ken Hulle my nie?Hoor hulle My nie?
Ek kan nie begin om te dink wat Hy moet dink nie.Tog weet ek Hy het ‘n siel,want die Bybel se so,Hy het ‘n intellek so ver bo ons dat ons nie eers kan begin om te verstaan nie die hoekoms en waaroms nie,Hy het ‘n DNA en Hy het ‘n Wil van Sy eie en ‘n Wil vir Sy skepping,alles daarin.Alles om jou,bo jou ,onder jou en in jou alles van jou en alles vir jou.Hy het ‘n wil vir jou.Wie is jy dan dat die grote God aan jou dink.Dat Hy gedagtes oor jou koester.Dat Hy verlang na jou.Wie is die mens dan?
Miskien is dit tyd dat ons weer vir Job gaan lees,daar is iets omtrent Job wat verstaan het,wat geglo het en wat tot die einde gehoop het.Wat is ons nou eintlik?
Weet jy dat Jesus jou lief het.Weet jy dat Hy altyd van jou hou.Weet jy dat jy vir Hom kosbaar is,net soos jy is.Jy is spesiaal vir HOM.
Onlangse kommentare