Jy blaai in die argief vir 2011 Maart.

Snaaks hoe ‘n mielie herhinneringe kan oproep!

Maart 27, 2011 in Sonder kategorie

Gister bring Lifiki mielies hier aan en vir my kan jy natuurlik onder ‘n wip vang met ‘n lekker mielie.  Maar hy moet reg gaar wees.  Nie te kort gekook sodat jy ‘n ystersaag nodig het om hom te eet en die volgende dag voel of jy gewigte gelig het met jou kakebeen nie.  Ook nie te lank gekook sodat dit proe soos slap pap om ‘n stronk nie.  So lekker tussenin sodat jou tande gemaklik die pitte kan afhap en smaaklik kou.

Maar terug na die herhinneringe!

Toe die Televisie sy kop uitgesteek het hier in Suid-Afrika was dit mos van die bose!  Ons kinders – al sewe van ons – het gesmeek dat die kranse antwoord gee, maar ons kon nie hond haar af maak met my pa nie.

As troos kon ons darem soos mieliepitte in gelid by die Flippe (die mense se van was Venter en die oom se naam Flip – toe noem ons kinders hulle sommer die Flippe) elke Dinsdagaand Haasdas se Nuuskas gaan kyk en later was die guns bietjie vergroot na Kraaines.  Dit was soos ‘n ‘family outing’.  Iets om na uit te sien.

Omdat ons ‘n groot gesin was, was mielie eet dag ook ‘n grootse gewikkel.  Ons het mos nou nie elkeen ‘n beskeie een mielie per ete geëet nie.  Daarom was dit altyd ‘n kruiwa vrag mielies wat ontblaar en onthaar moes word.

Hierdie spesifieke dag het my pa ons ook buite met die kruiwa vrag mielies.  ‘Maak die mielies skoon, ek gaan gou dorp toe.’

Tipies kind het ons nie gedink dis snaaks nie.  Hier moes ons al die mielies skoonmaak en Pa Frik gaan in die dorp gallavant.  Ons het gesmeek om saam te gaan maar hy het voet by stuk gehou.

Al mompelende het ons maar die mielies skoongemaak.  Natuurlik baie stadiger as wat dit gewoonlik vat.  Toe ons net so oor die hond se stert was met die skoonmakery, toe kom Pa Frik weer aangery met ‘n glimlag, so wyd soos die Heer se genade, op sy gesig.

Ons het hom heeltemal geignoreer.  Hy wou ons mos nie saamvat nie.

Maar …

‘Kom help ‘n bietjie hier!’ roep hy ons toe.

Ons skuifel toe maar skoorvoet nader.  Maar toe ons daardie allemintige Blauwpunkt boks sien, toe beweeg ons asof iemand terpentyn aan ons agterstewe gesmeer het.

Ons het gelag, gesels en daardie televisie was opgestel nog voor jy kon sê mes.

Daardie aand het ons met ons mielies voor daardie televisie gesit tot die vlag gewapper het.

Onthou julle die vlag wat aan die einde van die uitsending begin wapper het en die stem wat gespeel het?  Ek het nogals die eerste keer regop gespring en op aandag gestaan 🙂 

Social in Perspective (Bietjie Engels vandag)

Maart 25, 2011 in Sonder kategorie

These past few years we’ve seen a total revolution and renaming of socializing to social media! A social gathering isn’t your plain ‘run-off-the-mill’ braai in the backyard or cocktails while watching the evening sunset anymore. Today, if you’re not calling for yelp, having your face on a wall, tubing your way through cyberspace and being chirpy like a twitter bird, you have no social life at all!

A social life is only a twiend away. One hoot and you’re off to a cyber stardom and one delicious digg could make you famous when someone, looking for your specific talent, stumbles upon your profile and says, “I reddit!”  Oh, and tweetdeck is not the place where you can watch speedboats roaring past on the Hartbeespoort Dam.

Calling “me-me” won’t get your fingers burnt and mash has turned into something quite cyber palatable. Technorati isn’t that big shiny mirror ball hanging from a disco roof while someone is filling your tumblr with a drink. Weekly meetings are so last year when we can weebly away and a squidoo lens my friend, is not the special at the foursquare restaurant around the corner.

“Baboo!!” won’t scare little kids anymore and xanga is not that game where Robin Williams gets lost in the jungle. Having a viral injection won’t cure you from a virus infection but could up your page rank and give you a healthy online business.

We don’t visit the library we google instead. Bing is not those shiny things dangling from a rappers neck. “Yahoo,” doesn’t mean hallo in cyber language, it means search for information and Alexa isn’t that cute little blond you’ve had your heart set on since grade one.  

You don’t need to be Glitterati to have a fan, you only need a business. Gravatar isn’t the guy digging the grave, it is a picture that follows you wherever you go on the net. Avatar is a movie but if you don’t have a avatar, you are hiding behind a false profile. You thought a signature is something you scribble at the bottom of a page. Wrong, my cyber friend … your signature now is a beautiful box at the bottom of what you type on the internet with a logo, a thought or even a slogan. So much more than just an unreadable scribble that doesn’t make sense to the next person looking at it.

The mafia can go and sleep with the new MOBs around. If you are part of a MOB, you’re not allowed machine guns and top hats, cigars and long black coats are optional. A Blog however is compulsory.

Captcha isn’t the hide and seek game we played as kids were we called ‘Gotcha’ when we found someone. Captcha is a nifty little block on a website that determines if you are a human. Yep, no fingerprints needed on the internet.

So if your network is setup for auto update you can have a cyber life where everyone knows when you sneeze or squeeze – no matter if you’re using a page or not – you are in the ping.

So, happy applicationing, because vacationing is really ancient history like the 2K problem and in reality, it needs to be moved to the recycle bin.

Dis hoekom mens nie meer wil help nie …

Maart 23, 2011 in Sonder kategorie

Ja, check daai drie punte na my titel want eintlik is ek sonder woorde.  Dis so waar dat kinders wanneer hulle gebore word, op mens se skoot trap en wanneer hulle groot is, dan trap hulle jou hart sodat daar net ‘n bloedkolletjie oorbly.

Ja, ek was seker nie die beste ma op aarde nie, maar fok, seker ook nie die slegste nie!  Ek het besluite in my lewe geneem – denkende dat dit vir my kinders ‘n beter lewe sal skep – en vandag kom klap daai besluite my deur my gesig.  En dit alles omdat ek wou verstaan, help, gee, raad gee, radeloos geworry is en omdat ek op die einde van die dag ook maar net ‘n ma is.

So nou het ek besluit ek sal laat gaan en hoop dat alles ten goede sal uitwerk.  Wat meer kan mens doen?

Onthou jy my ding?

Maart 22, 2011 in Sonder kategorie

Onthou jy toe dit nog lekker was

om die perdevy agter die kraalmuur

skelm te stook en mekaar uit te daag?

Dit was voor ons geweet het van die brose osoonlaag.

Onthou jy my ding

daai ding wat die kinders bring?

Onthou jy toe dit nog lekker was

daar op die dou, die nat-nat gras?

Dit was voor ons geweet het dat daai ding rêrig kinders bring.

Onthou jy my lief

die blomme wat liggies wikkel

heen en weer wieg

as wind se kind hul blaartjies tikkel?

Dit was voor ons geweet het, die lewe is maar sukkel.

Onthou jy ma se kind

toe jy nog kleilat kon speel?

Sonder vrae, sonder mymer

jou armpies om my nek kon streel?

Dit was voor ons geweet het, die werklikheid steel.

Onthou jy sus

Haasdas se Nuuskas

Dinsdag aande

voor ons gaan rus?

Dit was voor ons geweet het, die TV kan blus.

Onthou jy my broer

toe jy my rondgeswaai het

in jou arms, om en om

soos ‘n reuse mallemeule woer-woer?

Dit was voor ons geweet het, afstand laat liefde sloer.

Onthou jy … onthou jy

toe dit nog lekker was?

Kan ons weer terugvind wat eens ons s’n was?

Man – ek is sommer baie trots bo-op myself

Maart 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek is mos ‘n groot voorstaander vir vrouens en die feit dat hulle – ongeag of hulle tuisteskeppers is of nie – nooit agter moet raak met nuwe vaardighede ens ens ens nie.  Daarom  het ek lank terug vir my ‘n doel gestel om elke week iets nuuts aan te leer.  Al is dit hoe klein.  Solank dit iets nuuts is.  En natuurlik is dit ook goed wat binne die werk val wat ek doen. 

En gisteraand het ek ‘n WOW oomblik beleef toe ek, na maande se sukkel en oplees en navorsing en ‘trial and error’ uiteindelik die ding reggekry het.  Ek was so opgewonde dat ek nie eens gisteraand geslaap het nie!  So my nuwe kennis vir die week is afge’tick’ en ek kan aanbeweeg.  Whoopeee!

Mense is baie geneig om te stagneer.  Nie almal nie, maar wel.  Mens kry ‘n werk en dan doen jy dit want dis mos waarvoor jy betaal word.  Mens spandeer 90% (ek doen) van jou tyd by die werk en daarom moet jy gelukkig wees.  En as jy nie is nie?  Dan moet jy nuwe goed begin aanleer sodat dit vir jou lekker raak.

Dis nou maar al wat ek wou sê.  Ek gaan nou met my nuwe speelding speel.

Dis nie dat ek worsbedinges is nie … dis net

Maart 15, 2011 in Sonder kategorie

Lifiki het nou ‘n paar daggies leeggelê by die huis nadat hy ‘n groot werk suksesvol afgehandel het.  Nou kyk hy krieket en hou homself met allerhande dingetjies besig.  Gister het hy sy plumber gehou – ek love ‘n man wat sy hande bietjie vuil kry, dis soooo sexy – en die krane in die huis herstel.

Vandag het hy weer gras, pale en ander goed gaan koop.  Toe hy terugkom, toe hoor ek hy timmer daar in die kombuis rond.  Ek laat hom maar begaan want ek is besig en heimlik is ek nie rêrig lus om kos te maak nie.  Met ons twee se werk, is daar maar min tyd vir kommunikeer, want ek is permanent op die rekenaar en hy dek mos permanent. 

Na ‘n lang getimmer, bakke se geklingel, reuk van ‘n vleisie op die kole en ‘n paar vloeke, word ek kombuis toe ontbied.

Ek wonder of die bord kos ‘n skimp, ‘n aanbod, ‘n advertensie of net dalk ‘n normale bord kos is ….

Oordeel maar self Innocent

Vodacom … en die nuwe era van sosiale media bemarking!

Maart 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek het mos vanoggend my gat gewip … hoër as my IK vir Vodacom, want soos julle almal weet is ek mos die resident Facebook Application thingamalarie volgens ‘n viskriklike eerlike mannetjie hier, en daarom verdien ek my botter, brood en sou nou en dan ‘n ‘no-name-brand’ jêmpie op die internet.  Daarom kan dit my geweldig afpiepie as die internet nie werk nie.  As ‘n Vodacom 3G pre-paid kalant werk my internet my ‘n aardige bedraggie uit omdat ek gemiddeld tussen 7 – 9 Gig per maand gebruik.  Kleingeld natuurlik in Vodacom – die reus – se oë, maar ‘n groot hap uit my beursie.

Daarom het ek vandag besluit genoeg is genoeg en ek het daar op Vodacom se klaagmuur gaan lament en kan julle glo, ek het aandag gekry!  Ek het ‘n spesiale epos addressie gekry waar ek hulle kan kontak (nudge, nudge … wink, wink) en nadat ek hulle my kontakbesonderhede gestuur het, het hulle my gekontak.  My ‘probleem’ is ge-escalate na die tegniese departement so ek wag maar nog om te hoor of hulle sal terugvoering gee.   Wel, dit het my beindruk – eintlik mateloos beindruk – aangesien ons mos nou nie gewoond is aan klantediens hier nie.

Toe gaan ek weer na die klaagmuur en sê dat Vodacom vir my gekontak het en ek is impressed blah-blah-blah.  Ek glo as iemand iets doen, moet daar ‘n dankie wees. 

Hierdie is my boodskappie: 

I am impressed … I actually got a call from Vodacom and they are going to check my problem. I will keep you updated!

Maar ja, eiesoortig aan groot maatskappye antwoord hulle toe my goedbedoelde kompliment so:

Thanks Maryke, see we’re not so bad after all 😉 Please keep us in the loop and let us know if you need anything more assistance.

En toe antwoord ek hulle so – want jy moenie maak asof my klagte flippen klein was of so-iets nie.

Please don’t patronize me. I had a legitimate complaint and was not impressed with the service. I only received service after I made a public comment. And yes, I will let you know when I need anything more.

Nou – ‘the moral of the story’ is die volgende:

As jy jouself in sosiale media bemarking wil begewe, dan doen jy dit reg.  Elke kliënt moet met omsigtigheid behandel word al is dit Tant Ali van agter die berg of mev. dr. prof. Ali Gator van die bo-dorp.  En elke klagte moet op selfde vlak hanteer word.

En wanneer jou kliënt in die openbaar vir jou ‘n kompliment gee, moet nie jou kliënt laat voel asof hulle simpel was om in die eerste plek te kla nie.

Die regte antwoord sou wees.

‘Thanks Maryke.  We appreciate the fact that you alerted us to your problem and we are glad that we could be of assistance to you.’  En dan die res.

En moet nooit in jou lewe sarkasme agter ‘n flippen knipoog wegsteek nie want ek is nie stupid nie!

Ek het ‘n hele paar vriende op Facebook en my vriende het vriende en hulle vriende het vriende en dude … daar is baie vriende wat ‘n moerse grapevine kan vorm en kort voor lank dan sê ‘n hele paar ‘c4 urself’ wanneer hulle netwerk landwyd beskikbaar is teen amper die helfte van die prys.

Wors, wors en nogmaals wors!

Maart 9, 2011 in Sonder kategorie

Kyk, ek is meer as puntenerig oor my wors.  Dit moet die regte dikte wees en die tekstuur moet net grof genoeg wees sodat dit nou nie soos ‘putty-gone-wrong’ in my mond voel nie.  En as daar iets wat ek haat, is wanneer daar ‘n stukkie been in die wors ontdek word wat sal maak dat ek nooit weer my lippe aan daardie wors sal laat raak nie.

Ek hou ook nie van wors met die plêstiek omhulsels nie.  Dit bederf die hele ondervinding.  Mens kan nie sulke sagte knibbeltjies gee soos dit ‘n dame van statuur betaam nie.  Die plêstiek maak dat jou tande wegbons soos ‘n rubberballetjie teen ‘n muur. 

Ek koop ook nie sommer wors in ‘n kettingwinkel soos Spar, Pick and Pay of Checkers nie.  Die wors laat sommer so wrang smaak in mens se mond.  As dit gaar is is dit mos soos ‘n rubberpyp.  Mens het amper ‘n saag nodig om ‘n stukkie te kry.

Onlangs het Lifiki mos wors hier aangebring van ‘n kruideniers winkel hier by ons – Foodzone.  ‘n Winkel in die regte sin van die woord.  Dadelik het ek die plêstiek omhulsel met die rubberpyp binnegoed ge’picture’ hier in my ‘mind’s eye’ maar dit is mos nie my aard om die gegewe wors in die bek te kyk nie en het maar ingestem om ‘n proeseltjie te vat.

Ek kan nou onomwonde verklaar dat daardie winkelwors amper beter is as die opregte boerewors wat mens by ‘n regte slaghuis kry.  Ek is nou amper ‘n worsbekeerde – as daar so-iets bestaan.

So, as jy ooit in Klerksdorp is, koop vir jou ‘n ‘baby-cederburg’ worsie hier by Foodzone.  Jy sal nie spyt wees nie.

Verskoon my, daar lê ‘n wors vir my en wag.

Songs to cry by …

Maart 7, 2011 in Sonder kategorie

Dit kan maar nie beter gesê word in Afrikaans nie.

Ek sit nou met die oorfone op die kop en luister ‘I knew him so well’ en toe dink ek terug aan my skooldae.  Ai, die kyse, die uitmaak en die getjank!  What a total waste of emotional energy!!

Iederwel my beste ‘song to cry by’ was natuurlik ABBA se ‘The winner takes it all’.  Gits, daardie liedjie kon die trane soos die Victoria Valle laat val as ‘n kys uitgemaak het.  Dis wanneer mens die LP op die draaitafel gesit het en die volume knoppie gedraai het dat die kranse antwoord gee.  En dan huil jy sulke diep rou snikke.  Die oë word rooi, die neus loop en die kop pyn, maar tjank sal jy tjank.  Jy speel daai LP so baie dat as jy hom ‘n volgende keer opsit dan skuif daai naald half automaties na die regte groef.  Die beste was dat my LP ‘n krap gehad het en elke keer as die crescendo van ‘The winner takes it all’ bereik word dan speel hy so oor en oor.  Ek het baie daarvan gehou want dan hoef ek nooit my huilsessie te onderbreek het om die liedjie oor te speel nie.  Ure se huilgenot vertel ek vir julle.

Toe ‘I knew him so well’ uitgekom het, was dit natuurlik die volgende beste ‘song to cry by’.

Maar die beste romatiese ‘song’ wat jy vir jou boyfriend kon speel was natuurlik ‘Ti amore’ (verskoon die spelling – ek was te besig om te vry daai tyd om die korrekte spelling na te vors).  Jong, ek was in die koshuis en as daardie song op die top 30 gespeel het, het ons meisies in ‘n kamer gekoek en voluit gesing.  Lekkerte van die eerste water.

Wat was jou ‘song to cry by?’

Vandag kan ek lekker smile

Maart 7, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie jongste van my het mos in sy prille skrille jeug hierdie skinny jeans gedra met die broek wat so onder die boude hang.  Dit was vir my ‘n groot verleentheid en na ek hoeveel keer vir hom gesmeek het om tog die broek op te trek, het ek later maar weggekyk as hy naby my kom.  Toe hy sy broek soek vir sy matriekafskeid het hy weer een van die onooglike broeke gevat, ek het maar oë toegeknyp en gehoop dat dit nie weer sy daaglikse uniform gaan word nie.  Gelukkig nie!  Kort daarna het ek en hy gaan klere koop en nie een broek was ‘n skinny onder die gat broek nie.

Vandag is al sy broeke in die was.  Hy trek toe die skinny aan.  Ek betrap hom waar hy vir homself in die spieël kyk.  Ek bly toe maar stil maar die kalant kyk vir my en vertel ewe vroom dat dit nou nie sy styl is nie want dit lyk asof daar ‘n bol kak in sy broek is.  Ek het kliphard uitgebars van die lag.  Daarna het hy saam gelag en toe ons vir Lifiki vertel, toe lag hy saam.

Wel, vanaand is sy eerste aand as waiter by die Spur.  Ag jinne, hy lyk te oulik met die hempie en voorskoot.  En hier in my hart het ek vrede … baie vrede.