Daar kom ‘n tyd
Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie
wanneer die ‘fat lady’ haar laaste ‘song’ sing en ek dink my tyd het aangebreek.
Baie dankie vir almal wat altyd ‘n goeie opmerking gemaak het oor my skryfsels, dankie vir al die grappe, ondersteuning, ernstige oomblikle en alles. Hier is heelparty bloggers – al het ek hulle nooit ontmoet nie – wat my altyd na aan die hart sal bly.
Die dag wanneer mens se Godsdiens commen gemaak word deur kinderagtighede en mens se naam nog blatant daaraan gekoppel word, en Litnet besluit dat ‘n afgewaterde ‘verskoning’ goed genoeg is, dan is dit tyd dat mens besin. Ek het besin en my besluit geneem.
Dankie Litnet vir drie jaar wat julle my blog hier ge’host’ het. Dankie vir die diens wat julle gratis beskikbaar stel. Mag julle groei en nog groter hoogtes bereik.
Ek gaan nou tyd spandeer om my skryfsels te verwyder en oor te dra na my nuwe blog.
Onlangse kommentare