Hallo!
Desember 29, 2010 in Sonder kategorie
Sjoe wat ‘n woelige tyd het ek nie agter die rug nie!
Hoop julle het almal ‘n heerlike Kersfees gehad en ek wens vir ieder en elk hier op blogland ‘n baie goeie en suksesvolle 2011 toe.
Ons was kersfees na die Vaaldam. Lekker met die skoonfamilie gekuier en vragte kos verorber. Ek sal later vandag – wanneer die netwerk saamspeel vir julle kom wys hoe Lifiki in ‘n Kersvader pakkie lyk. As ons nie in ‘n karavaan was nie … ek moet bieg, rooi is nogals sy kleur!
Die kinders het hom baie geniet en ek moes hom eers bietjie oplei oor wat om te sê. Goed begin met die ‘ho, ho, ho’s’ maar soos die uitdelery aangegaan het, het die ‘ho, ho, ho’ begin verander in ‘wo, wo, wo’ 🙂 Ek weet nie of dit die hitte was of die berg geskenke nie!
Ek het natuurlik gekry wat ek wou gehad het, uhm so drie weke voor die tyd begin skimpe gooi en vertel hoe mal ek daaroor is 🙂 Dis ‘n fyn kuns om ‘n geskenk te kry wat jy wil hê en die ander een te laat dink dit was eintlik sy idee 🙂
So wat maak julle nuwejaar?
Ek en Lifiki het besluit ons gaan ophou rook en het klaar afsprakie by dokter vir daardie pilletjies wat mens help. Ons gaan die geld wat ons spaar (werk self uit – 2 mense x 2 pakkies ‘n dag) en volgende jaar op ‘n bootreis gaan. Lekkerrrrr. Hou maar duim vas nê, want ek hou nogals van die gifpyle. En ek hoop nie ek raak so irriterend soos die gemiddelde persoon wat opgehou rook het nie.
By the way … is dit onse Coenie se storie oor die middeltande wat in die Huisgenoot verskyn het? Dit was lekker om te lees. Ek hoop ek sien een van sy stories weer vinnig daar.
Hopestar het gesê op Desember 29, 2010
Nice to seee you again maryke:)
*hugs*
loudavisi het gesê op Desember 29, 2010
Ja, dis onse eie Kerneelsie.
Kan jy glo daai Huisgenoot is NOU NOG NIE op ons rakke nie – hopelik vandag.
maryke-anne het gesê op Desember 29, 2010
Hi Hopestar. I missed the blogs, but I was so busy. Thanks for saying hi. Hope you have a super day.
maryke-anne het gesê op Desember 29, 2010
Wow, dit is great dat dit ons Kerneelsie is. Ek voel nou sommer geeerd om in sy geselsskap hier te wees.
Jy moet huisgenoot bel en liggies uittrap. Ek hoop hy’s sommer vinnig op julle rakke.
louisna het gesê op Desember 29, 2010
Sterkte met die ophou rokery Maryke. Dit is ‘n goeie besluit.
TS het gesê op Desember 29, 2010
Welkom tuis. Bly julle het die tydjie geniet. Ek spog met my Huisgenoot asof dit my eie pennevrug is.
maryke-anne het gesê op Desember 29, 2010
Jong, ek hoop die huis gaan staande bly 🙂
maryke-anne het gesê op Desember 29, 2010
Hi daar
maryke-anne het gesê op Desember 29, 2010
Dit was so lekker om sy gesig bokant daai storie te sien. Was skoon opgewonde soos ‘n graad eentjie voor krismispersentjie.
louisna het gesê op Desember 29, 2010
Ons gaan jou ondersteun, net soos wat ons met Kelly gedoen het.
FOXY1975 het gesê op Januarie 3, 2011
Mooi 2011 vir jou ook!
maryke-anne het gesê op Januarie 6, 2011
Dan moet ons plan maak!