Snaaks hoe ‘n woord of ‘naampie’ mens lam in die knieë kan maak

Desember 9, 2010 in Sonder kategorie

Ons familie het weird troetelnaampies.  Goed soos Sak, Grog, Wiel, Graggie en dan myne …

Ek en my sus gesels mos maar so heen en weer daar op Facebook en gisteraand toe noem sy my op my troetelnaam – Giekie.  Nou, ek kan nie vir julle vertel waar die naam vandaan kom nie, maar as daai sus my dit noem dan vermurwe my hart.  Dis asof ek haar weer sien toe sy klein was en altyd na my toe gekom het as sy bly was, hartseer was of sommer bemoerd was.  Dis sulke tye wat ek haar sommer wil vasdruk en vertel hoe lief ek haar werklik het.  Weird wat ‘n woord kan doen!  Sy sal ook altyd vir my Trixie bly.  En tot onlangs nog het ek van haar gepraat as my kleinsussie tot iemand my half verbaas aankyk toe ek sê sy is al in haar dertigs.

Is daar vir jou ook so woord of naam wat sommer jou wêreld van saai en goor – in ‘n oogwink – kan verander in maanskyn en rose?

4 antwoorde op Snaaks hoe ‘n woord of ‘naampie’ mens lam in die knieë kan maak

  1. TS het gesê op Desember 9, 2010

    Die mense wat ek lief het… kom groei op my soos gras.

  2. lindiew het gesê op Desember 9, 2010

    Ha ha :-} Dis nou nie asof jou bynaam by jou pas nie!

  3. jannel1 het gesê op Desember 9, 2010

    Hier by ons verkoop die Giekie vis en chips.

    🙂

  4. Graggie en Giekie! Dis nou lekker name.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.