Ons is tuis!!
Desember 7, 2010 in Sonder kategorie
Sjoe dit was nou lekker om die mannetjie te sien en weer teen my hart vas te druk!
Matriekafskeid was heerlik, heerlik en ek het besef ek het soveel om voor dankbaar te wees. Hy het ‘n sertifikaat vir Wiskunde en Rekenaars gekry en my hart het amper uit die kliewiets geswel van trotsgeid! Dis net lekker om hom weer hier te hê alhoewel dit maar ‘n aanpassing vir ons almal is. Maar hy is tuis waar hy hoort.
Die skoonfamilie was great! Ons is letterlik soos royalty behandel en mense, laat ek julle vertel, ‘n gestopte fillet was deel van die spyskaart. Lipafleklekker! Natuurlik is ons ook getreat op prawns en ribbetjies, ek was in die wolke.
Ons het ook die fliek ‘Spud’ gaan kyk. Definitief aan te bevele as jy lus is vir lekker lag en ‘n klein traantjie pik. Vat sommer die kinders saam. Daar is ‘n les te leer oor deursettingsvermoë en veral oor dat ons almal op die einde van die dag net mense is en dat niemand beter is as die volgende een nie.
Hoop julle het ‘n Spudiliscious dag!
TS het gesê op Desember 7, 2010
ek wil ook die ‘Spud’ gaan doen
zephur het gesê op Desember 7, 2010
Van sertifikate…fillets…en Spud
Jip klink of dit fun was
loudavisi het gesê op Desember 7, 2010
Ek wonder ook oor die kind (?)
Geluk met die pryse!