Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Hallo!

Desember 29, 2010 in Sonder kategorie

Sjoe wat ‘n woelige tyd het ek nie agter die rug nie!

Hoop julle het almal ‘n heerlike Kersfees gehad en ek wens vir ieder en elk hier op blogland ‘n baie goeie en suksesvolle 2011 toe.

Ons was kersfees na die Vaaldam.  Lekker met die skoonfamilie gekuier en vragte kos verorber.  Ek sal later vandag – wanneer die netwerk saamspeel vir julle kom wys hoe Lifiki in ‘n Kersvader pakkie lyk.  As ons nie in ‘n karavaan was nie … ek moet bieg, rooi is nogals sy kleur!

Die kinders het hom baie geniet en ek moes hom eers bietjie oplei oor wat om te sê.  Goed begin met die ‘ho, ho, ho’s’ maar soos die uitdelery aangegaan het, het die ‘ho, ho, ho’ begin verander in ‘wo, wo, wo’ 🙂  Ek weet nie of dit die hitte was of die berg geskenke nie!

Ek het natuurlik gekry wat ek wou gehad het, uhm so drie weke voor die tyd begin skimpe gooi en vertel hoe mal ek daaroor is 🙂  Dis ‘n fyn kuns om ‘n geskenk te kry wat jy wil hê en die ander een te laat dink dit was eintlik sy idee 🙂

So wat maak julle nuwejaar?

Ek en Lifiki het besluit ons gaan ophou rook en het klaar afsprakie by dokter vir daardie pilletjies wat mens help.  Ons gaan die geld wat ons spaar (werk self uit – 2 mense x 2 pakkies ‘n dag) en volgende jaar op ‘n bootreis gaan.  Lekkerrrrr.  Hou maar duim vas nê, want ek hou nogals van die gifpyle.  En ek hoop nie ek raak so irriterend soos die gemiddelde persoon wat opgehou rook het nie.

By the way … is dit onse Coenie se storie oor die middeltande wat in die Huisgenoot verskyn het?  Dit was lekker om te lees.  Ek hoop ek sien een van sy stories weer vinnig daar.

Snaaks hoe ‘n woord of ‘naampie’ mens lam in die knieë kan maak

Desember 9, 2010 in Sonder kategorie

Ons familie het weird troetelnaampies.  Goed soos Sak, Grog, Wiel, Graggie en dan myne …

Ek en my sus gesels mos maar so heen en weer daar op Facebook en gisteraand toe noem sy my op my troetelnaam – Giekie.  Nou, ek kan nie vir julle vertel waar die naam vandaan kom nie, maar as daai sus my dit noem dan vermurwe my hart.  Dis asof ek haar weer sien toe sy klein was en altyd na my toe gekom het as sy bly was, hartseer was of sommer bemoerd was.  Dis sulke tye wat ek haar sommer wil vasdruk en vertel hoe lief ek haar werklik het.  Weird wat ‘n woord kan doen!  Sy sal ook altyd vir my Trixie bly.  En tot onlangs nog het ek van haar gepraat as my kleinsussie tot iemand my half verbaas aankyk toe ek sê sy is al in haar dertigs.

Is daar vir jou ook so woord of naam wat sommer jou wêreld van saai en goor – in ‘n oogwink – kan verander in maanskyn en rose?

Ons is tuis!!

Desember 7, 2010 in Sonder kategorie

Sjoe dit was nou lekker om die mannetjie te sien en weer teen my hart vas te druk!

Matriekafskeid was heerlik, heerlik en ek het besef ek het soveel om voor dankbaar te wees.  Hy het ‘n sertifikaat vir Wiskunde en Rekenaars gekry en my hart het amper uit die kliewiets geswel van trotsgeid!  Dis net lekker om hom weer hier te hê alhoewel dit maar ‘n aanpassing vir ons almal is.  Maar hy is tuis waar hy hoort.

Die skoonfamilie was great!  Ons is letterlik soos royalty behandel en mense, laat ek julle vertel, ‘n gestopte fillet was deel van die spyskaart.  Lipafleklekker!  Natuurlik is ons ook getreat op prawns en ribbetjies, ek was in die wolke.

Ons het ook die fliek ‘Spud’ gaan kyk.  Definitief aan te bevele as jy lus is vir lekker lag en ‘n klein traantjie pik.  Vat sommer die kinders saam.  Daar is ‘n les te leer oor deursettingsvermoë en veral oor dat ons almal op die einde van die dag net mense is en dat niemand beter is as die volgende een nie.

Hoop julle het ‘n Spudiliscious dag!