Jy blaai in die argief vir 2010 November.

Vlinders op my maag.

November 30, 2010 in Sonder kategorie

Ja, ek staan op die vooraand van weereens ‘n groot gebeurtenis in my lewe.  Later vandag ry ons om jongste te gaan haal.  Aan die een kant is ek so opgewonde soos ‘n graad een dogtertjie met haar eerste Barbie Pop, en aan die ander kant so senuweeagtig soos ‘n tienerseun voor sy eerste date!

Kan julle nou glo dat ‘n 43 jarige so senuweeagtig kan wees?  Ons is mos veronderstel om mooi groot te wees.  Dinge onder beheer te hê en uit te sien na nuwe uitdagings.  Maar dis nie so maklik nie.  Die toekoms bly maar ‘n scary ding maak nie saak watter ouderdom jy is nie.

Daar is altyd ‘n oproep wat die appelkar kan omgooi.  Of ‘n brief wat mens se ekwilibrium kan versteur.  Of die voordeurklokkie wat lui en jou lewe onherroeplik verander.  Die toekoms is altyd gevul met ‘sê nou maar net’ en die velede met ‘dalk moes ek dit anders gedoen het’.

Maar wat ookal in die verlede gebeur het – goed of sleg, en wat ookal in die toekoms gaan gebeur – goed of sleg, ons stap maar ons paadjies, skop teen die prikkels, omarm dit en maak dit ons eie en ploeter voort met die vaste wete dat ons die regte ding doen alhoewel ons nooit kan weet wat die uitkoms en resultaat gaan wees nie.

Toe ek jonger was het ek gedink, iewers in die lewe kom mens op ‘n punt waar jy kan sê, “Nou weet ek alles en ek sal enige iets moeiteloos kan hanteer.”  Maar ek het geleer die lewe is ‘n lewensskool.  Jy leer elke dag.  Nou en dan dop jy tog ‘n toets al het jy jare se lewenservaring.  Jy bly bang, jy word nog opgewonde.  Ek dink net die intensiteitsgraad verminder met die jare soos wat mens gemaklik raak in jou mondering.

Ek wens vir elke blogger vandag ‘n wonderlike ‘knock your socks off’ ervaring en mag die Here julle seën soos nog nooit tevore nie. 

Ek gesels weer met die terugkomslag.

O JA – onthou julle nog my treurmare oor die matriekafskeid wat ek gemis het.  Môre aand woon ek en Lifiki my jongste se matriekafskeid by.  Ek gaan saam met hom sy matriekafskeid geniet.  Ek dink dis way ‘cooler’ (as ek in Microsoft office getik het, sou ‘cool’ verander het in ‘ kief’ Foot in mouth) as om foto’s van buite te neem.  En ek gaan nie my silwer bikini en pienk pantoffels dra nie.  Nee, ek gaan vir my mooi optert met ‘n swart nommertjie om slanker te lyk en pikante skoentjies.

Geniet julle dag!

My speelgoed – Maankind se uitdaging

November 28, 2010 in Sonder kategorie

My beste este speelding is natuurlik Lifiki en dan ‘n kortkop tweede …

en dan laaste maar nie die minste nie … Skebberesh!

Dankie Samuhr!!!

November 25, 2010 in Sonder kategorie

Hmmmmm ek sien ek het ‘n lyf ‘to die for’ en die alleroulikste pienk pantoffels.ย  Baie dankie vir jou moeite.ย  Ek waardeer baie, baie, baie!

Ek sien vatgliegie het ‘n maatjie bygekry.

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink ek noem hom/haar sommer broldrommer.

Die dierasietjie is eintlik so oulik.  Slim ook.  Kan tel, ken idiome en elke ding.  Wens ek het helfte van daardie breinkapasiteit gehad.

Maar ek gaan nou nie uitbrei oor die insekwêreld nie, ek is mos nie ‘n insekkenner nie.  Ek is gans en al te besig om my mooi rooi naels te bewonder.  So ek dink ek gaan nie die week skottelgoed was nie. 

So gepraat van …

As mens se gasvrou nou vir jou sê jy hoef nie te help met iets nie, doen jy dan niks of dring jy daarop aan om iets te doen?

Ek het mos ‘n ding in my huis.  As jy by my kuier moet jy maak asof die huis joune is.  Gebruik alles – hou net jou kinders uit my make-up uit – grawe in die yskas, maak toebies, koffie enige iets wat jou hart begeer.

Ek laat ook nie sommer toe dat mense in my huis skottelgoed was nie.  Want ek voel hulle is my gaste en hulle moet hulle verblyf geniet.  Hulle moet net hul eie beddens opmaak, want dis nou een ding wat ek meer haat as stryk en dis beddens opmaak.

Hoe voel julle oor gaste?  Wat moet hulle en wat nie?

Vooropgestelde idees – van die Avon Skoonheidsterapeut :-)

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek onthou as kind is daar altyd gesê as jy jou hare rooi kleur en sulke lang rooi naels het, dat jy ‘n vrou is met lae morele standaarde.

En kyk, ek wou altyd rooi hare gehad het en het vir my met die kaas se rooi waks altyd sulke lang rooi naels geprakseer ๐Ÿ™‚  Soos die jare aangestap het, het ek my hare al in verskeie skakerings van rooi gekleur, partykeer was dit absoluut stunning, ander kere … wel … minder stunning.  Veral die keer toe ek besluit het ek moet eers my hare ligter maak en ek toe soos een van daai hansworse met die oranje krullebol pruike gelyk het … sonder die krulle ๐Ÿ™‚  Dit was nou vir jou ‘n disaster en was nogal in die tyd toe ek en Lifiki in die verlief en droomverlore tydperk van ons verhouding was. 

Alhoewel ek altyd my hare gekleur het, het ek nooit die ‘bold’ stap gevat met die rooi cutex nie.  Ek het alle kleure – behalwe swart en rooi – al op my naels gehad.  Maar nooit rooi nie!

Maar ek het nou ๐Ÿ™‚  Ek dink dit is my laaste rebellie teen my streng en konserwatiewe opvoeding.  Ek het vir my sulke osbloed rooi cutex bestel en vanoggend vir die eerste keer dit aan die naels.  En raai wat … ek voel nie los nie ๐Ÿ™‚  Ek voel doodnormaal.

So het ons almal grootgeword met vooropgestelde idees en soos ons groter word en die idees ‘challenge’, kom ons agter dat van hulle geldig is en ander nie geldig is nie.  Dit bly ‘n ontdekkingsproses.  Die lewe is ‘n wonderlike leerskool, ons moet net bereid wees om te leer.

En ja, my pofferhandjies lyk alte fraai soos hulle dans oor my keyboard met hulle rooi-rooi naels terwyl ek wonder watter vooropgestelde idee ek volgende die nekslag kan toedien.

Ek sien hier is ‘n gatvlieg …

November 22, 2010 in Sonder kategorie

wat van blog tot blog rondvlieg en kak soek.

Maar dit daar gelaat.

Oor presies 8 dae gaan ek vir jongste haal.  Ek is al amper uit my vel uit van opgewondenheid. 

Ek is van die 3e in PE, so as iemand wil MOB, ek is meer as bereidwillig ๐Ÿ™‚  Eintlik skimp ek net omdat ek bietjie skrikkerig is vir die kuier by Lifiki se broer.  Ek is mos maar skaam, teruggetrokke en ingetoë …

Ek sou graag iets dieps wou blog, maar helaas, my breins is net besig met een ding en dit is voorbereidings vir die tuiskomslag.

Lekker dag.

Die tyd is besig om einde se kant toe te staan

November 18, 2010 in Sonder kategorie

Sjoe julle, die tyd het gevlieg.  Onthou julle laasjaar die tyd was ek op moedverloor se vlaktes terwyl ek geskarrel het om my jongste deur sy eksamen te kry en sy take af te handel vir Gr 8 en tussendeur skelm reëlings te tref om hom Noupoort toe te stuur?

Ek onthou hoe ek gevoel het my wêreld het in duie gestort.  Dit was asof ek weggeraak het en iemand anders oorgeneem het en ek het net in ‘n waas gestaan ek kyk hoe alles gebeur.  Ek was stom en verlam.  Ek het gevoel hoe my huwelik wankel, gevoel hoe ek my kind verloor en gevoel dat ek stadig maar seker besig was om alle ‘semblance’ van realiteit te verloor.  Dit het letterlik gevoel asof ek besig was om mal te raak.

Ek onthou hoe die donker my ingesluk het.  Hoe ek myself in ‘n kamer wou toesluit en met niemand kommunikeer nie.  Ek het gehuil, maar daar was nie meer trane nie.  Geskree, maar daar was nie meer ‘n stem nie.

Ek onthou toe my pa die oggend vroeg hier weg is met jongste in die kar wat dink hy is oppad na ‘n seevakansie.  Al sy megodies ingepak (my pa het my later vertel van al die goed wat in sy sak was – dank Vader daar was nie ‘n padblokkade op hulle pad na Noupoort toe nie, ek sou hulle moes gaan uitbail) en ‘n opgewonde glimlag op sy gesig.

Ek onthou hoe Lifiki my in die huis moes inhelp want skielik het ek nie bene gehad nie.  Ek het nie beheer oor enige van my ledemate, trane, emosies of gedagtes gehad nie.

Wat die volgende twee weke gebeur het is steeds ‘n waas.  Ek was soos ‘n outomaat.  Al die regte dinge gesê en gedoen maar diep binne was daar ‘n kamer wat ek nie wou oopsluit nie.  Toe gaan ons op vakansie en ek dag toe dit sal alles genees.  Ek sal ‘n nuwe mens terugkom, maar helaas … toe ek die huis instap en ek besef ek is terug in realiteit, toe vou ek my weer toe in daai donker veilige kombers tot Lifiki my eendag daar uitbaklei het.

Toe het ek die pad begin stap na heelword en vandag kan ek sê, ‘n jaar is oor ‘n paar dae verby.

Ons gaan die mannetjie se Matriekafskeid bywoon op 1 Desember en dan kom hy huis toe.

Nou is dit weer voorbereidings.  Sielkundige om ons te help om hom reg te hanteer.  Kerkjeug reëlings want my grootste vrees is dat hy weer sy ou vriendekring gaan opsoek en weer verval.

Maar ek gaan vertrou dat die Here my kind gaan beskerm teen hierdie invloede.  Ek gaan vertrou dat ons almal ons les geleer het en dat ons dit reg gaan doen.

Plaas ons asseblief op jou gebedelys, want ons het meer as baie gebede nodig.

En dankie vir elke bemoedigende boodskap wat ek die jaar van julle gekry het.  Glo my, dit het my vlerke gegee om oor alles te kom.

Ag, julle weet … ek moan mos nooit hard nie maar …

November 17, 2010 in Sonder kategorie

Dit is nou flippen tyd dat die privaatboodskappie issue uitgesorteer word.

Die goeie nuus:

Ek ontvang ‘n privaatboodskap

Die handeling:

Ek reply op die boodskap

Die Probleem

EEN OF ANDER URL WAT NIE GEKRY KAN WORD NIE OF WAT NIE LEGITIMATE IS NIE!!!!!!

En die probleem is al lank in die tand!

En nee, ek moan nie, ek vra mooi.

My lewe is ‘n lappieskombers

November 17, 2010 in Sonder kategorie

Gisteraand toe ek in die laatnagure lê en wag dat die slaappil sy werk doen toe laat ek my gedagtes bietjie gaan oor al die mense wat al ‘n draai in my lewe gemaak het.  Meeste van hulle het ek met ‘n glimlag onthou … ander nie.  Maar nietemin het elkeen ‘n deeltjie bygedra tot my lewenslappiekombers.

Party het klein stewige stekies gemaak wat jy slegs kan lostorring met daai oulike gadgets wat rokmakers gebruik.  Moeilik maar moontlik.

Ander het weer sulke los steke gemaak wat sommer vinnig uitgerafel het.  Dit is wanneer daai knopie wat jy aan die garingpunt maak voor jy begin werk, nie lekker gekoek is om ‘n ‘n stewige beginpunt te vorm nie en hoe verder jy werk en die garing deur die materiaal werk, hoe verder torring hy by die begin punt uit. 

Ander weer is die stukkies lap.  Party regte denim stukke, sterk, bruikbaar, weerstaan die geskuur en geskarrel maar het met die tyd hulle kleur verloor.  Maar as jy hulle iewers raakloop, dan is dit asof niks tussenin verander het nie.

Dan kry jy die wat gemaak is van fluweel.  Hulle is sag, hier en daar is die blink bietjie deur die lewe afgevryf maar maar hulle is steeds daar, so tydloos soos altyd.

Moet nie vergeet van die gehekelde stukke nie.  Bont en kleurvol en staan uit tussen die ander.  Maar oral is daar gate te bespeur.  Gate van teleurstelling, gate van onvervulde drome en partykeer gate van diepgewortelde pyn wat hulle veroorsaak het.

Maar geen lappieskombers is voltooi sonder die stewige skuinsband wat regrondom gewerk is om alles bymekaar te hou nie.  Daai mense is die wat ek vandag nog na aan my hart dra.  Sonder hulle sal my lappieskombers uitmekaar val en geen doel meer hê nie.  Ek sal niemand knus kan omvou met liefde nie.  Ek sal nie die koue kan keer nie.  Ek sal nie my hand liggies oor die kombers kan streel en sê, “Ek het geleef!” nie.

Ja, my lewe is ‘n lappieskombers.  Saamgevoeg deur verskillende stukke lap en garing, maar nietemin, my kombers en ek dra hom met my saam waar ek oral gaan.

Ek hoop iemand voeg ‘n nice lappie by tot you lappieskombers vandag.

Skouspel et al

November 16, 2010 in Sonder kategorie

Jong, as jy my nou gelukkig wil sien, gooi ‘n musiekie op die draaitafel/tiewie/radio, ag sommer enige plek en as dit Afrikaans is, des te beter!

Ek dink nie mens moet werklik Skouspel op die TV kyk nie, want ek dink nie hulle wys die beste van die show nie.

Ek was net eindeloos dankbaar dat daar nie ‘n ‘vuvuzela’ in sig of gehoor was nie!

Die kostuums was asemrowend mooi.  Natuurlik was daai duetpaartjie vir my die absolute beste van die hele aand.

Ek is mal oor Theuns Jordaan, maar vir een of ander rede was daar nie ‘oemf’ in sy optrede nie.  En hy is super maer!  WOW!  Maar dit was lekker om weer ‘Beautiful in Beufort Wes’ te hoor.  Ahhhh, the memories!

Sonja, o Sonja.  Sy is darem maar ‘n mooie vrou!  So stylvol en ek wou nie gehad het haar deel moet endkry nie.

Snotkop bly ‘n wenner.  Ek ken al amper sy hele parra song uit my kop ๐Ÿ™‚

Gerhard Steyn … baie mooi gesing maar sy profiel het vir my baie duideliker geraak since ek hom laas gesien het.

Ray – ag wat meer kan ek sê?  Meester kitaarspeler en daai ‘stout’ song van hom is great.  Ek wens net hy’t eerder “my angelface’ gesing, net omdat dit my favourite is Smile om verstaanbare redes.

Juanita was pragtig al het sy nou nie een van haar beste songs ooit gesing nie.

Nicolis – ek like hom.  Kan nie fout vind nie.

Jones het so ‘n nice ‘franse’ song gesing en actually was dit stunning.

As nagedagte wonder ek net wat het Mara daar gedoen in die oorwegend wit en Afrikaanse produksie?  Dit strook nie werklik met dit wat sy advocate nie?  En genugtig, dit het gelyk of sy balloons persent gekry het!

Romanz en Flip a coin, ek kan niks meer sê as dat hulle so stunning en stylvol gelyk het en hulle het great opgetree.

En laaste maar beslis nie die minste nie.  Bobby … stunning!