Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

Ja … ek is skuldig!

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek skeep julle af!  Ek skryf niks, woerts net nou en dan hier in om te kyk of almal nog leef!

Ek is altyd so trots daarop dat ek elke kommentaar op my blog antwoord en dit is steeds vir my baie belangrik want elkeen wat die tyd vat om ‘n kommentaar op my blog te maak, verdien erkenning!

Maar ek is baie besig!  Wat ‘n goeie ding is.

‘n Vinnige opvolg oor die vreemde boodskap … dit was toe ‘n dame wat mense help om hulle biologiese ouers op te spoor en siende dat ek nie meer daardie brandende begeerte het om dit te doen nie, het ek besluit ek sal haar info save vir die dag wanneer ek weer daardie begeerte kry.  As iemand wel hulle ouers wil opspoor, laat weet en ek stuur die informasie met liefde aan!

Dankie vir elke kommentaar en kompliment op my blogs die afgelope tyd.  Glo my, elke een beteken vir my iets.

Julle weet mos ek is ‘n hermit.  So die afgelope week is ek nog nie uit my huis nie … Dinsdagaand om presies te wees en iemand het my lighter gedeps nou steek ek maar my sigarette met die kersiekikiki aan.

Hoop julle drome voer julle ver …

Hoop julle wense word waar.

Ek hoop julle word almal

van hartseer en pyn gespaar.

Talk to the hand …

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

Praat met die hand wat aan André Swiegers se hand gevat het πŸ™‚

Hierdie pofferhandjie gaan nou net nie weer gewas word nie, dis nou verseker!

Hier het ek spesiaal vergeet om my bril af te haal sodat ek kamtig kan onthou dat ek hom eintlik moes afhaal net om so ‘n stonde langer styf aan die sy van my een van my favourite sangers te kan staan.

Gelukkig is André gewoond aan ou vrouens wat niks gewoond is nie!  En hy het maar geduldig weer gestaan vir nog ‘n foto πŸ™‚

Jitte en ek kan bly wees dat ek darem al my tande het. 

Dit was ‘n heerlike, warm aand – te danke aan die kaggel en die uitstekende kunstenaar wat so gemaklik om my gevou het soos ‘n lekker warm winterkombers – en ek praat nou hier van sy stem en persoonlikheid.

So ‘n intieme optrede was vir my ‘n nuutjie en ek moet bieg, dis hoe ek vervolgens na kunstenaars gaan luister.  Daar is net iets anders aan ‘n optrede in ‘n klein restaurant met ‘n paar waarderende gaste, ‘n lekker glasie wyn en uitstekende geselsskap soos Grieta en Katjiepiering!  Wat meer kan ‘n eenvoudige girl soos ek nou voor vra??

Ek het my verluister aan die woorde van sy songs.  “Ek ken jou reeds lankal, soos die snare van die kitaar …”  Vir ‘n mens wat jare kitaar speel is dit groot woorde.  Want ‘n kitaarspeler ken al die ‘in’s and out’s’ van ‘n snaar.  Hy weet hoe om hom te tokkel om ‘n fyn glimlaggie te kry.  Hy weet hoe om te streel dat jy spin soos ‘n kat.  Hy weet hoe om te rif dat jy lekkerkry tot in jou kleinste toontjie.  Hy weet hoe ver hy daai snaar kan trek en hoe styf hy hom kan trek om die regte klank te kry.  Hy weet ook waar die breekpunt van ‘n snaar is en sal nooit aspris daai snaar so draai dat hy snap nie.

hy sing van papegaaie, soet papaja’s, eilande en woorde wat soos heuning deur sy are vloei.  Iets van alles van lig tot donker – nou nie heeltemal donker nie – diep sou seker die beter woord wees. 

Dit was lekker om hom persoonlik te ontmoet en dit was besonders om te ontdek dat hy ‘n plat op die aarde mens is met geen pretensies en aansitterige fieterjasies nie.  Ai, ek weet kunstenaars raak seker moeg vir mense wat alles wil weet en ‘n stukkie van hulle limelight wil deel.  Maar met sy glimlag en die allermooiste, mooiste, mooiste, mooiste blouste oë het hy geglimlag, gelag, gegrap en gesels so asof ons mekaar al jare ken.

André, baie dankie dat jy elkeen – en ja, ek wil byvoeg MY – lewe verryk het vir ‘n kort tydjie.  Ek sal die aand vir die res van my lewe onthou.  Ek sal jou woorde onthou, jou glimlag onthou, jou uitstekend humorsin, jou vingers wat so gemaklik oor die snare beweeg onthou en meeste van alles sal ek onthou dat jy, al is jy ‘n celeb, tyd gemaak het om met my te gesels.  Dit was great!





‘n Vreemde boodskap

Julie 19, 2010 in Sonder kategorie

Mense, ek is nou werklik ‘stumped’ soos die Engelse sal sê!

Vandag kry ek ‘n privaat boodskap op Facebook van ‘n vrou wat vra dat ek haar moet kontak in verband met my biologiese ma.

Ek het daardie kort boodskappie seker ‘n goeie part van 100 keer oor en oor gelees en toe kontak met haar gemaak.  Wat vir my vreemd was, was dat toe ek die boodskap vir die eerste keer lees, het ek daai koue rilling gevoel (nie die slegte een nie) gekry.  Die gevoel van wat is dit?  Is dit ‘for real’?  Wat moet ek nou doen?

Aan die eenkant voel ek half opgewonde oor die feit dat my nuuskierigheid nou bevredig kan word.  Aan die ander kant is ek bang vir die vreemde.  Bang vir dit wat ek kan ontdek!

Gaan hierdie ‘n lekker paadjie wees om te loop of is dit ‘n donker kronkelpad?  Soveel vra, soveel verwagtings, soveel …

Ek gaan nou maar wag en kyk of kry ek ‘n boodskap terug van die vrou af.  En ek hoop nie dat dit ‘n ‘hoax’ is nie, want dit sal effe wreed wees.

Julle … ek is in my eleflippenment!

Julie 16, 2010 in Sonder kategorie

Julle het die hele paadjie saam met my gestap sedert my Ma laasjaar op 11 September oorlede is.  Julle het ervaar hoe ek down geraak het en hoe ek nie altyd kon verstaan nie.  En toe die groot ding met my seun wat die laaste strooi was wat die kameel se rug mors afgebreek het.

Ek het vertel van die warm gloede ens ens wat eintlik maar myself was wat vir myself wou vertel dat die koppie bietjie raas.  Toe begin ek met die anti depressante en toe ek weer sien, toe voel ek beter.

Maar ek is nie een vir pille nie, daarom het ek, nadat die herhalings klaar was, besluit om eerder nie aan te gaan nie.  Baie mense het my daarteen gewaarsku maar ek het besluit ek gaan nie ‘n pille asblik word nie.

En toe skielik het ek so baie werk dat ek nie tyd het om te dink nie!  Van (redelik vroeg)oggend πŸ™‚ tot laataand bly ek besig en vanoggend toe ek wakker word, toe besef ek, ek voel nie meer sleg nie.  Ek voel goed, ek wil opstaan en ek het weer goed om na uit te sien!  (Okay, ek is nog allergies vir my selfoon.)

Nou dink ek … is werk dalk ‘n beter geneesmiddel vir depressie as anti-depressante? 

Wat dink julle?

Sommer oor die en daai en dat!

Julie 13, 2010 in Sonder kategorie

My liefste vriendin was mos ‘n bietjie af see toe!  Dank Vader sy is terug want ek het haar eindeloos gemis.  Hopelik sal sy ook nou haar vingertjies oor die sleutelbord laat gly en ‘n paar blogs opsit vir my leesgenot!

Gister was my oorlede ma se verjaarsdag en snaaks hoe mens dan net kan sit en onthou en onthou sonder om op te merk hoe die dag verbytik.  My Pa het ook ‘n verrassingsbesoekie afgelê en dit was lekker om hom te sien. 

Het vandag nog twee verjaarsdag geskenkies gekry, so my oge vonkel van opgewondenheid en wonder wanneer ek dit gaan dra.  En nee, dis nie nog ‘n paar pienk pantoffeltjies nie.

Ek sukkel baie met die werk vandag want my flash goed gaan sit alles so in een hoek, en die kliënt raak al ongeduldig en ek kan net nie uitfigure wat ek verkeerd doen nie.  En ek doen hierdie flash goed al amper in my slaap!  So enige een met raad … my ore is gespits!

My seunskind is bevorder na ‘Project leader’ en hy is so beindruk met homself.  Dit is ‘n geweldige ‘boost’ vir sy selfvertroue en ek kan sommer aan die stem hoor dat dit goed gaan met hom.

Ek het vandag ‘n nuwe woordjie gemaak … griewel!

Dis nou ‘n samevoeging van goed wat my grief en laat kriewel van ongemak. 

En dis wat daai ‘flash’ ding vandag met my maak.  Hy laat my griewel!

Wat laat jou griewel?

Kyk wat kry ek in my inbox :-)

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

Hi to you that special one out there, my name is David and i am very much new on this dating site looking for that special lady whom i intend to spend the rest of my life with, everyone has ups and down in life but for me i have learn to live the past behind, despirte the fact that i am a divorce man.. Though it was the most saddest moments of my life but i have learn to live those past. I am ready to move forward in a life i am ready to love again and build up something strong that will bring ever lasting happiness.. I am a very kind, romantic, honest, emotional, caring and fun loving man. I am that kind of man who make sure i put my lady in front of everthing i say or do as long as we love one another and believe in one another i know there would be absolutely nothing to stop us from being and alwaays remainning as happy as we want to be..
     All i seek right now is just a caring , loving and simple woman she doesn’t have to be a perfect woman all i want is just her love,understand and entire support as long as we be for one another.. I have missed the love and sweetness of a woman and i strongly look forward to that in the near future,.. I can always welcome a lady who is marriad minded and if not then we can work towards that,.. I believe everything will be just as we want it to be, i am a very positive person and i am never afraid to take chances or risk as long as i believe something could always come out at the end in my favor and if not then i will aways be willing to try again . I think i will stop for now and may the lord bless that special lady i meet soon..
    David


En hier dag ek al die pad ‘MySpace’ is soos Facebook.  Nie geweet dis ‘n dating site nie!
Ek het hom sagkens julle weet waarheen gestuur πŸ™‚

Ai, slaat my kop 180 keer teen die muur!

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

Ja, so trap ek weer in die strik om selfaangestelde sedepreker te antwoord op ‘n ander blog.  Een wat nie eens ‘n blog het nie.  Iemand wat nie die waagmoed het om hand aan sleutelbord te slaan en ‘n paar woorde teweeg te bring vir ander se leesgenot nie!  Het dit my beter laat voel?  Nee!  Maar ek het darem die geleenthed gehad om bietjie stoom af te blaas.  Dankie!

Dis weer Maandag.  Raak Maandag nie moeg daarvoor om klokslag elke sewende dag sy verskyning te maak nie?  Hoeveel true blue sê goed moet mens nou uitdink voor Maandag die skimp sal vang en verkas na ‘n ander tydvak?  Of kan mens die dag maar afstel weens ‘n gebrek aan belangstelling?

Maar ek gaan nou nie verder moan en groan nie, want vandag, sedert die begin van die WB, het my netwerk nog nie een keer gekonk nie en ek kon al baie werk doen.  So, tot dusver ‘n baie produktiewe dag!  Een rede om dankbaar te wees dat die sokker nou iets van die verlede is.

Kan julle glo dat ek weer ouma gaan word?  Eers enetjie in September en dan weer iewers in volgende jaar!  Ek besef nou eers dat ek nou wraggies oud word en wonder hoe gaan ek lyk met grys hare?  Maar ek kan nie wag vir die kleingoed nie.  Ek wens net dat ek meer betrokke kan wees, maar weens omstandighede … is dit maar moeilik.

Ek’t vanoggend ‘n blog gelees waar die vrou sê sy voel hartseer omdat die sokker verby is.  Voel julle ook so, of is dit meer ‘n verligte gevoel?

Ek is dankbaar want nou sal Pasella weer agtuur wys en nie inmeng met my MNET kykstof nie.  Vrydae aande kan ek weer Noot vir Noot kyk op sy gewone tyd sonder dat ek iets op MNET gaan mis.  Alhoewel, ek wonder waar MNET deesdae die drek kry wat hulle as kykgenot vir ons opdis? 

Nog iets waarna ek uitsien is IDOLS wat volgende Sondag weer begin!!!  Arme Lifiki sal maar saam met my moet deurworstel, want ek mis nie ‘n uitsending nie!  Hoe voel julle oor IDOLS?

Iemand vra my Vrydag hoekom …

Julie 11, 2010 in Sonder kategorie

ek so ‘n verskriklike ophef maak van my verjaarsdag.  Is seker hulle goeie reg of hoe?

Maar my verjaarsdag is vir my ‘n hoogtepunt voor die laagtepunt.  Sien ek is op 10 Julie gebore en my dogtertjie wat ek gegee het vir aanneming op 13 Julie.  So reken ek die afgelope jare, as ek my verjaarsdag op’hype’ is daar genoeg energie oor om haar verjaarsdag ook te oorleef.

En sedert my liefste moeder laasjaar oorlede is, moet ek die ‘hype’ in ‘overdrive’ sit, want haar verjaarsdag is môre πŸ™

En dit is hoekom daai pienk blommetjie hier bo-aan my blog pryk … want dis vir my ma! 

Sy was altyd so lief vir pienk

en turqious haar geliefde kleur.

Vir my was sy, volmaakte vrou

wat my lewe met liefde kon geur.

Al het ek en sy vir lank vasgesit in my prille jeug, wil ek haar voorbeeld vandag slaafs navolg.  Ek wil ook die lewe geniet soos sy gedoen het.  Wil ook my lot in God se hande plaas.  Wil ook liefhê sonder voorwaardes en voorbehoud.  Wil ook die klein dingetjies in die lewe met oorgawe geniet.  Wil ook dadelik kan onderskei tussen reg en verkeerd en altyd die regte besluite neem.  As ek net halfpad so goed soos sy kan wees …

Ja, sy het ook haar foute gehad en dood se een genade is … dat mens vinnig die foute vergeet en net die goed onthou!

Op versoek van Maankind – hier is hy weer – Eish, om vrou te wees!

Julie 11, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink partykeer wil ek net leef. Ek wil nie elke oggend make-up aanplak en klere uitsoek met juwele, handsak en skoene wat pas nie. En al daai creams en ointments – gee my krag!

En dan moet ons skoonmaak ens – maar die naels moet altyd geverf wees en van ‘n fatsoenlike lengte. Ons moet swoeg en sweet voor die stoof, maar die hare moet altyd netjies gekap, geblaas, gestryk, gespray en getease wees.

En dan praat ek nie eens van die minares wees gedeelte nie. En verstaan my mooi – ek hou baie van daai intieme goed, maar partykeer is ek net nie lus nie! Ek wil net lê en gesels sonder dat dit uitloop in jy weet wat.

En partykeer wil ek net uitpak en my gevoelens in die lug kry sonder dat daar ‘n oplossing moet wees.

Nee, ek dink met ontdekking van beenhaarskeerdery het ons vrouens vir onsself ‘n lang lat gepluk. So groei die lys elke dag meer en meer. Dis wax, permanente grimering, sellulietroom, hakke room, elmboogroom, bobeenroom, boarmroom, buusteroom, nekroom, gesigroom, oogroom, masker vir die gesig en die hare, cuticle room, handeroom, botox, ‘n diepreinigende masker, ‘n opliggende masker, ‘n rejuvenating masker, ‘n filling masker, ‘n glowing masker, en vitamiene C vir die diep plooie, ‘n onderlaag vir jou naels om hulle sterker te maak, gevolg deur ‘n laag wat hulle vinniger laat groei, en dan ‘n laag om die kleur langer te laat hou en om nie die naels te vlek nie, en dan die kleur en dan nog ‘n laag om seker te maak die kleur hou nog langer.  En dan kry jy afskilferroom, vir die gesig, die hande, die voete, die dye en boude en sellulietroom vir die lemoenvel.  En dan kry jy ‘n fondasielaag wat jy voor jou onderlaag opsit om seker te maak die onderlaag word eweredig versprei, en dan die onderlaag, en dan die poeier om die onderlaag te laat set.  Dan die oë, die base om ‘n basis te vorm vir die verf wat jy bo-oor sit.  En dan nog ‘n lagie poeiertjie – net om seker te maak.  Lipsel wat vir 16 ure behoort te hou.  En bewaar jou siel as jy dieselfde tipe watte gebruik om die naellak van jou naels te verwyder, op jou gesig.  Daar is ‘n wattetjie vir elke plekkie. 

Dan die vitamienes – vir vel, hare en naels, vir die skildklier, vir energie en nie meer as 5mg B5 nie, want dan kry jy eetlus en dan moet jy ‘n eetlusdemper drink.  En dan kan jy nie slaap nie en jy moet ‘n slaappilletjie drink.  En drink 2l water ‘n dag sodat jy vanaand wanneer jy moet rus so drie keer deur die nag nog toilet toe ook moet gaan. 

Dis harde werk om ‘n vrou te wees ….

Drie dinge wat ek nog graag WIL doen = Maankind se uitdaging

Julie 11, 2010 in Sonder kategorie

Sonder om te dink het die eerste twee sommer so karplaks in die kop beland.  Oor die derde een moes ek eers dink …

1.  Ek wil nog ‘n propperse CD maak.  Maar dan kyk ek die jongetjies met hulle seksie wriemel lywe so, dan dink ek … Maryke jy is net te oud en jou seksie is meer ‘n seksie-op-seksie!

2.  Ek sil nog ‘n boek skryf, het al honderde beginne en beginhoofstukke maar vorder nooit verder as hoofstuk vier nie.

3.  Ek wil nog New York toe gaan.  Al van wanneer ek gehoor het die ‘gehapte appel’ is ‘n simbool van ‘n slegte meisie πŸ™‚ Van toe af wou ek nog altyd New York toe gaan en aan daai appel gaan hap.