Oud maar nie koud …

Junie 2, 2010 in Sonder kategorie

‘n Ruk gelede het ek en Lifiki in Hartbeesfontein gewoon.  Vir die wat nie weet nie, Hartbeesfontein is een van daai dorpies wat net een hoofstraat en sewe kerke het.  Die opregte, uit die oude doos, plat-plattelandse dorpie wat sommer so langs die pad verskyn sonder enige seremonie, fanfare of aankondigings. 

Een oggend voel Lifiki se koppie effe broos en ek besluit ek sal gou by die enigste apteek inloer om vir hom ‘n hoofpyn lafenissie aan te skaf.  Toe ek by die apteek kom, klim my wrede tweeling suster uit haar kassie uit, toe ek die ‘prim en proper’ tannie agter die toonbank gewaar.  Ek het so paar keer deur die apteek gedrentel en nou en dan hardop gesug.

Sy het seker later agtergekom dat ek na iets soek wat ek nie kan vind nie.  Sy staan toe nader met ‘n vriendelike ‘Kan ek help?’ 

Ek het gemaak skaam na haar geloer en saggies gefluister, ‘Ek soek daai nuwe produk wat Durex maak,  uhm, ek dink mens noem dit Play?  Dis ‘n room of jel wat mens aansmeer sodat …’

Die tannie, met haar dusty pienk oortruitjie en cameo borsspeld, het bloedrooi gebloos tot by die wortels van haar pers haartjies en so binnensmonds gemompel dat hulle nie sulke goed in die apteek aanhou nie. 

Ek het rustig rondgeloop en die hoofpynpille betaal by die tannie wat steeds na aan ‘n bloedrooi tamatie gelyk het.

Toe ek by die huis kom, toe tref dit my dat daardie tannie mos nie so erg sou gebloos het as sy nie presies geweet het waarvan ek praat nie. 

Ek vermoed sy was oud … maar nog laaaaaaank nie koud!!

20 antwoorde op Oud maar nie koud …

  1. Kan net dink hoe’t jy dit geniet om die ou siel te versondig

  2. katrina het gesê op Junie 2, 2010

    Haai sies Maryke! Lmga, die arme tantetjie! So tussen hakies, wat’s daai goedjies se naam nou weer? Mens moet glo versigtig wees dat jy nie die Deep Heat daarmee verwar in die donker nie 🙂

  3. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Dit was lekkerrrrrrr!

  4. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Hahahahaha! Katrina … nee jong, daai goed moet eerder wegbly van my af. Ek hou nie van volksvreemde goed naby my nie. 🙂

  5. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Ek het heeerlik gegiggel. Lifiki het natuurlik nooit weer na die apteek toe gegaan nie, hy het hom doodgeskaam vir my 🙂

  6. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Seker aanlyn bestellings.

  7. pasella het gesê op Junie 2, 2010

    lekker moedswillig!

  8. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Giegiegie – giggel in my mou 🙂

  9. dinkweer het gesê op Junie 2, 2010

    Toe ek daar verby ry, gedink Hartbeesfontein is ‘n mynhoop met ‘n paar husies daarom.

    Wat het jy nou weer…?

  10. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Hahahaha! Hartbeesfontein is darem ‘n katspoegie beter as dominionville!

  11. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Daai tweelingsuster van my kort om geklap te word.

  12. maryke-anne het gesê op Junie 2, 2010

    Jy sien Denker! Net mense wat pers kleursel teen halfprys kry sal dit actually gebruik 🙂

  13. Naughty, naughty!
    🙂

  14. maryke-anne het gesê op Junie 3, 2010

    🙂 Net so ‘n klein-klein bietjie …

  15. plankloper het gesê op Junie 3, 2010

    Ken Tigane goed. Baie daar gekom as kind. My oom het haar daar naby geboer.

  16. kerneelsie het gesê op Junie 3, 2010

    HAHAHAHAHAHAHA
    Dis soos daai klein blou pilletjie wat hulle Viagra noem. Ek HOOR maar hy is klein en blou. hehe

  17. maryke-anne het gesê op Junie 3, 2010

    Ons het in die Tegani villas gebly. Is mos soos hulle ouetehuis. Ai, ek het nie daar ingepas nie. My kicks was om nie by die stopstrate te stop nie 🙂

  18. maryke-anne het gesê op Junie 3, 2010

    Ek hoor ook so 🙂

  19. plankloper het gesê op Junie 3, 2010

    Ek was laas daar in 1973! tOE WAS DAAR NIE STOPSTRATE NIE…

  20. maryke-anne het gesê op Junie 3, 2010

    Daar is nou en sulke verskriklike groot gate in die strate. Jy sal ‘n soekgeselsskap moet kry om jou te vind as jy daarin beland.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.