Om Zefiaans te wees is uiters kewl!

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Die Tusk Rio, een of ander teater, gons soos mense onder mekaar gesels, giggel en lag.  Die plek is helder verlig en mens kan opgewondenheid op elke glimlaggende gesig bespeur … behalwe die ou nors man wat langs Lifiki sit – maar later meer oor hom.

Dan – so asof van baie ver, Witbank ver – begin ‘n sagte dreuning.  Die ligte verflou en die dreuning raak al hoe harder en ek sit vorentoe op my stoel so asof ek nou eerste wil sien wat gaan gebeur.  Opgewondenheid pols deur my are – sorry ek kon dit nie weerstaan nie – en ek voel hoe my glimlag so ampertjies aan my ore raak.

Dan verskyn sy op die verhoog!  Die dreuning vervaag en jou vooropgestelde brein registreer ‘n bietjie laat dat dit nie Flooze is wat op die verhoog staan nie, maar haar elegante ewebeeld.  Netjies uitgevat in ‘n hemelsblou rok wat skitter en fyn hoë hak skoentjies. 

Mens wil eers so half teleurgesteld voel, maar dan begin sy met ons gesels.  Sy praat nie, sy gesels soos mens in mens se sitkamer sou gesels en spoedig raak jy so verdiep in haar storie dat jy skoon vergeet dat jy eintlik gekom het om die Zefste girl in Suid-Afrika te sien. 

En om alles te kroon, sing sy!  Tik my om met ‘n veer!  Sy sing oor Sonneblomme, drome en oor liefde wat so moeilik is om te verstaan.   Sy krap sommer hier diep binne-in jou siel met haar woorde en jy wonder onwillekeurig hoe jy hierdie wese ooit sal kan versoen met die Flooze van Witbank.

Maar Flooze laat nie lank op haar wag nie en maak haar oordadige verskyning met ‘n gebrul van Klossie – want Gert het mos vir Flossie verpand – en jy verstom jou oor die metamorfose wat voor jou oë gebeur.  ‘Seamless’ soos Victoria Secret se ‘seamless’ onderklere. 

Dit is asof mens ‘n totale U-turn in die pad maak en weer terug beweeg in dieselfde rigting, amper soos die terugspeel van ‘n LP om verskuilde boodskappe bloot te lê. 

Flooze vertel jou van die lingo met die tekens vir Witbank en Loser, maar vertel nie meer van die Irene teken nie.   Sy speel met die manne se kuite en selfs Kietsie het dit ook ontgeld.   Sy vertel grappe van rugby, speel met die blou bul se horing en doen die Flooze-raina soos ‘n wafferse pro! 

Die storie wat die snaaksste was en ook die diepste getref het, was die storie wat sy vertel het vandat sy aan die verkeerde kant van die treinspoor gebly het.  Haar diepste begeerte was om ‘n tjomma te wees met Sônia van die regte kant van die spoor.  Sy het vertel hoe sy haar Marmite broodjies aangebied het en enige iets sou doen om in die ‘in crowd’ te wees.  Sy sou daai Sônia se beste tjomma gewees het vir ewig my ou!  Maar dit was haar nooit beskore nie, want sy het ‘n bietjie handgemeen geraak met die Sônia. 

Die mooiste van die ‘most amazing show’ was toe sy almal so mooi bedank het vir hulle tyd en ook almal wat ‘n bydrae gelewer het tot haar loopbaan van 7de laan tot die Hemelse Vader.  Vir ‘n vrou wat so vinnig opgang gemaak het van ‘n klein rolletjie tot ‘n gewilde karakter en ‘n mens wat ‘n volle loopbaan daaruit kon bou, is sy pragtig en bowenal, nederig.  ‘n Benydenswaardige kenmerk wat nie by alle kunstenaars bespeur kan word nie.

Hierdie ‘show’ is ‘n fyn weefwerk tussen klas en common wat mens op ‘n paadjie sit wat mens met graagte wil stap.  ‘n ‘Show’ met stories wat opbou tot ‘n liedjie oor die storie en vir geen oomblik jou laat wonder wat jy nou eintlik hier soek nie.   ‘n Definitiewe moet vir enige een wat lus is vir ligte vermaak gemeng met ‘n tikkie erns, net so vir die skop. 

Maar laat ek julle Chinas tune van die uncool outoppie wat langs Lifiki gepozzie het.  Julle kop mos as mens ‘n show gaan check, is daar die chinas wat vroeg daar is en die chinas wat ‘n bietjie later insluip vir die ‘entrance’ effek.  Ek en Lifiki was van die laaste chinas.  Ons scout toe twee empty pozzies so in die middel van die hall en ons mozie toe maar soheentoe. 

Ek is mos maar so bietjie aangeputty en check toe die outoppie, wat op die punt van die ry sit, se lang bene voor hom.  Hy sit daar soos Dawid wat wortel geskiet het en geen Zeffen pik gaat vir hom laat move nie, maar ek skrik nie.  Ek is mos nie ‘n scary chick nie.  Ek tjaaf die outoppie ‘ag verskoon my’ en probeer verby daardie knieknoppe van hom gly soos ‘n snake oor grass, maar daai Zeffen outoppie sit.  Sy pooie vasgeglue op die grond. 

Na ‘n moerse voete shuffle is ek verby en vat my sit op die pozzie.  Ek check maar vir Lifiki so uit die skuinste van my oog.  Ek kan sien sy nerves word bietjie opgetune oor die vasgegluede pooie van die outoppie, maar hy succeed ook die challenge en toe sy gat stoel vat met ‘n moerse val, toe spat die Black Label laat mens net skuim check.  Nou, Lifiki like dit mos nie as iets verkeerd loop met sy tjerrie nie en hy kop dat ek mos gou koud kry.  En hy kop toe nog meer dat ek meer gaan bewe oor die wetness.

Lifiki draai sy body na die outoppie toe en tune hom so hard dat die hele Effen hall kan hoor, “Kan jy nie jou effen pote skuif nie!?”

Luckily was dit daar waar ou Klossie begin rev het, so ons kon nie die Outoppie se remarks lekker kop nie.

Ek scheme die Outoppie, met die vasgegluede pooie, was die Zefste mugu daar!

17 antwoorde op Om Zefiaans te wees is uiters kewl!

  1. maryke-anne het gesê op Mei 30, 2010

    Ek moes sy toon platgetrap het 🙂

  2. louisna het gesê op Mei 30, 2010

    Zef, ja ek stem saam. Wat vat die koek? Mollie en wors.

  3. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    😉

  4. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Ek het lekker gelag vir hom. Dankie vir die inloer.

  5. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Ek het die link vir haar gestuur na aanleiding van jou voorstel en hier is haar response.

    wow wow wow wow wow. dis sooooooooooooo awesome!!!!!!!! ek en braam het dit so geniet om te lees en ek waardeer dit uit my hart uit!!!!! het dt so gelaaik ekt dit sommer op die sorina friend page geshare!!!

    baie baie baie dankie maryke & sorry oor die spillage van die booze 🙂

    ek laaik hoe jy die lingo tune, vrek goed!!!!

    mmmmwha

  6. lindiew het gesê op Mei 31, 2010

    Gie Gie – goed geskryf – ek moes eintlik ok gegaan nie. Eks nog bietjie meer aangeputty – ek sou hom ‘n knieskyfvervanging gegee het!! Bitter goed geskryf soos gewoontlik – maar jy het dit mos ;-}

  7. Ek hou van jou “blog” Maryke…baie kleurvol 🙂

  8. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Dankie Katjie 🙂

  9. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Dankie New Attitude! Great om jou hier te sien 🙂

  10. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Hey Flenters!

  11. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    🙂 Dankie vir die inloer Annemari.

  12. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    🙂

  13. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Mollie se wors.

  14. He,he kyk goed dat Lifiki hom getune het! Klink darem of alles die moeite werd was!

  15. louisna het gesê op Mei 31, 2010

    So iets ja.

  16. maryke-anne het gesê op Mei 31, 2010

    Dit was beslis!

  17. Trakie het gesê op Mei 31, 2010

    Kewl! :-))

Los ’n antwoord vir lindiew. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.