Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Om Zefiaans te wees is uiters kewl!

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Die Tusk Rio, een of ander teater, gons soos mense onder mekaar gesels, giggel en lag.  Die plek is helder verlig en mens kan opgewondenheid op elke glimlaggende gesig bespeur … behalwe die ou nors man wat langs Lifiki sit – maar later meer oor hom.

Dan – so asof van baie ver, Witbank ver – begin ‘n sagte dreuning.  Die ligte verflou en die dreuning raak al hoe harder en ek sit vorentoe op my stoel so asof ek nou eerste wil sien wat gaan gebeur.  Opgewondenheid pols deur my are – sorry ek kon dit nie weerstaan nie – en ek voel hoe my glimlag so ampertjies aan my ore raak.

Dan verskyn sy op die verhoog!  Die dreuning vervaag en jou vooropgestelde brein registreer ‘n bietjie laat dat dit nie Flooze is wat op die verhoog staan nie, maar haar elegante ewebeeld.  Netjies uitgevat in ‘n hemelsblou rok wat skitter en fyn hoë hak skoentjies. 

Mens wil eers so half teleurgesteld voel, maar dan begin sy met ons gesels.  Sy praat nie, sy gesels soos mens in mens se sitkamer sou gesels en spoedig raak jy so verdiep in haar storie dat jy skoon vergeet dat jy eintlik gekom het om die Zefste girl in Suid-Afrika te sien. 

En om alles te kroon, sing sy!  Tik my om met ‘n veer!  Sy sing oor Sonneblomme, drome en oor liefde wat so moeilik is om te verstaan.   Sy krap sommer hier diep binne-in jou siel met haar woorde en jy wonder onwillekeurig hoe jy hierdie wese ooit sal kan versoen met die Flooze van Witbank.

Maar Flooze laat nie lank op haar wag nie en maak haar oordadige verskyning met ‘n gebrul van Klossie – want Gert het mos vir Flossie verpand – en jy verstom jou oor die metamorfose wat voor jou oë gebeur.  ‘Seamless’ soos Victoria Secret se ‘seamless’ onderklere. 

Dit is asof mens ‘n totale U-turn in die pad maak en weer terug beweeg in dieselfde rigting, amper soos die terugspeel van ‘n LP om verskuilde boodskappe bloot te lê. 

Flooze vertel jou van die lingo met die tekens vir Witbank en Loser, maar vertel nie meer van die Irene teken nie.   Sy speel met die manne se kuite en selfs Kietsie het dit ook ontgeld.   Sy vertel grappe van rugby, speel met die blou bul se horing en doen die Flooze-raina soos ‘n wafferse pro! 

Die storie wat die snaaksste was en ook die diepste getref het, was die storie wat sy vertel het vandat sy aan die verkeerde kant van die treinspoor gebly het.  Haar diepste begeerte was om ‘n tjomma te wees met Sônia van die regte kant van die spoor.  Sy het vertel hoe sy haar Marmite broodjies aangebied het en enige iets sou doen om in die ‘in crowd’ te wees.  Sy sou daai Sônia se beste tjomma gewees het vir ewig my ou!  Maar dit was haar nooit beskore nie, want sy het ‘n bietjie handgemeen geraak met die Sônia. 

Die mooiste van die ‘most amazing show’ was toe sy almal so mooi bedank het vir hulle tyd en ook almal wat ‘n bydrae gelewer het tot haar loopbaan van 7de laan tot die Hemelse Vader.  Vir ‘n vrou wat so vinnig opgang gemaak het van ‘n klein rolletjie tot ‘n gewilde karakter en ‘n mens wat ‘n volle loopbaan daaruit kon bou, is sy pragtig en bowenal, nederig.  ‘n Benydenswaardige kenmerk wat nie by alle kunstenaars bespeur kan word nie.

Hierdie ‘show’ is ‘n fyn weefwerk tussen klas en common wat mens op ‘n paadjie sit wat mens met graagte wil stap.  ‘n ‘Show’ met stories wat opbou tot ‘n liedjie oor die storie en vir geen oomblik jou laat wonder wat jy nou eintlik hier soek nie.   ‘n Definitiewe moet vir enige een wat lus is vir ligte vermaak gemeng met ‘n tikkie erns, net so vir die skop. 

Maar laat ek julle Chinas tune van die uncool outoppie wat langs Lifiki gepozzie het.  Julle kop mos as mens ‘n show gaan check, is daar die chinas wat vroeg daar is en die chinas wat ‘n bietjie later insluip vir die ‘entrance’ effek.  Ek en Lifiki was van die laaste chinas.  Ons scout toe twee empty pozzies so in die middel van die hall en ons mozie toe maar soheentoe. 

Ek is mos maar so bietjie aangeputty en check toe die outoppie, wat op die punt van die ry sit, se lang bene voor hom.  Hy sit daar soos Dawid wat wortel geskiet het en geen Zeffen pik gaat vir hom laat move nie, maar ek skrik nie.  Ek is mos nie ‘n scary chick nie.  Ek tjaaf die outoppie ‘ag verskoon my’ en probeer verby daardie knieknoppe van hom gly soos ‘n snake oor grass, maar daai Zeffen outoppie sit.  Sy pooie vasgeglue op die grond. 

Na ‘n moerse voete shuffle is ek verby en vat my sit op die pozzie.  Ek check maar vir Lifiki so uit die skuinste van my oog.  Ek kan sien sy nerves word bietjie opgetune oor die vasgegluede pooie van die outoppie, maar hy succeed ook die challenge en toe sy gat stoel vat met ‘n moerse val, toe spat die Black Label laat mens net skuim check.  Nou, Lifiki like dit mos nie as iets verkeerd loop met sy tjerrie nie en hy kop dat ek mos gou koud kry.  En hy kop toe nog meer dat ek meer gaan bewe oor die wetness.

Lifiki draai sy body na die outoppie toe en tune hom so hard dat die hele Effen hall kan hoor, “Kan jy nie jou effen pote skuif nie!?”

Luckily was dit daar waar ou Klossie begin rev het, so ons kon nie die Outoppie se remarks lekker kop nie.

Ek scheme die Outoppie, met die vasgegluede pooie, was die Zefste mugu daar!

Ek gaan vanaand Flooze met ‘n capital F!

Mei 28, 2010 in Sonder kategorie

Hoezit my chinas!!  Vanaand crash ek daar na Tusk Rio se valley om die Flooze der Floozes the gaan uitcheck.  Die tjerrie is mos die een om te watch.  As julle nou kop wat ek meen.

Sy is mos die chick met class, die girl met lyf en die een wat die people leer hoe om te floozerayna.  Check julle later my tjommas!!!

En moet nie dat ek julle vang kommin commints los in my commints boks nie, want dan gaan ek vir julle one skat uithaal!

Versatile Blogger Awards

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

 

 

I, amongst a lot of other bloggers…..have been awarded aVersatile blogger’s Award

 

1.Acknowledge the award giver:

 

Spokie Wandel

 

2. State 7 random / unknown facts about yourself

 

2.1   Is die tweede jongste van sewe kinders

2.2   Ek is mal oor karringmelk beskuit gedoop in lemoensap

2.3   Ek is ‘n stil mens

2.4   Ek is nie lief vir groente nie

2.5   Ek het my lewe eers werklik op 35 begin geniet

2.6   Ek is ‘n stil, eng, introterterige konserwateef.

2.7   Ek fight nie graag nie

 

3. Award 10 bloggers that you’ve recently discovered that deserve the award “Versatile Blogger”

 

10 is te veel en almal nie nuut nie.  Ek gaan van my favorites wat nog nie deur ander benoem is nie (wat ek van weet), hier benoem.

 

3.1  Katjiepiering  – Sy kan diep dink en nice skryf

3.2  Samuhr – Ek like sy cartoons en goed wat hy skryf.  En sy Avatar het die mooiste skouers

3.3  Kerneelsie – Julle weet self.  Hy skryf soos ‘n engel met ‘n angel.  Great stuff

3.4  Kelly – ongekusteld en eerlik

3.5  UNPOCO – ek like die blogs erg.  Veral as dit handel oor slegte diens. 

3.6  Plaasjuppie – lekkerrrrr leesstof

 

 

Toe en nou.

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Ons, altans ek, het grootgeword sonder ‘n selfoon en die gedagte aan ‘n foon sonder ‘n draad wat ingeprop is in die muur, het nooit eers by my opgekom nie.  Ek onthou nog daai fone met die ‘draai’ sleutels.  Ons het geweet hoe om die tiekieboks sin te fnuik sodat jy nie vir ‘n oproep hoef te betaal het nie.  Jy het ‘n pen gebruik en elke nommer wat jy gedraai het, weer vinnig terug na sy oorspronklike posisie geforseer en wonder bo wonder, lui die foon aan die ander kant sonder dat jy ‘n munt in die gleufie het. 

Ander kere het ons ‘n muntstuk gehad met ‘n geboorde gaatjie en ‘n garing.  As jy klaar gebel het, het jy bloot net weer die muntstuk uitgetrek.  Ek het tot nou toe nog nie ‘n manier uitgevind om ‘n selfoon te fnuik sodat mens nie hoef te betaal nie.

Ek onthou ook die oproepe wat gemaak is (as die forseer aksie en garing nie werk nie), waar die sentrale die nommer skakel en die ontvanger van die oproep vra of hy/sy die oproepkoste sal aanvaar.  As koshuiskinders het ons baie pret met daardie een gehad en het lekker gegiggel oor die opmerkings wat gemaak is.

Vandag se dae word daar links en regs ‘pcm’s’ gestuur en genadiglik kan jy nie hoor wat die persoon aan die ontvangkant daarvan dink nie.  As die wat vir my ‘pcm’s’ stuur my kan hoor, sal hulle ore tuit!

Dan oor die TV.  Die TV was beskou as iets direk van die hel!  Ons het gesmeek, gesoebat en gekerm vir een, maar my ouers het bly vasskop in hulle besluit dat daardie karakter ondermynende monster, nie ‘n plek in ons huis sou kry nie, maar, daar was ‘n toegewing.  Ons kon Dinsdae aande by die Venters, Haas Das se Nuus kas, Kraaines en nuus gaan kyk.   Gelukkig het tannie Venter altyd die lekkerste gebak gehad en hierdie aande was lank ‘n hoogtepunt in ons lewens. 

Einde ten laaste het my pa toe egter besluit dat die TV wel mag insluip en ons kinders het daardie Blaauwpunkt met ope arms ontvang.  Kort daarna het die Sony Betamax video masjien gevolg.  Ek onthou hoe ons ure moes sukkel om die ding ingestel te kry.  En dan praat ek nie eers van die hoeveelheid ‘tapes’ wat goedsmoeds opgeëet is deur hierdie masjien nie.  Die masjien was onversadigbaar.

Nou beweeg my gedagtes na die Sondagmiddag Top 40.  Ek dink dit was 40 maar ek is nie meer so seker nie.  Ons was vasgenael voor die die radio met ons vingers op die ‘record’ knoppie.  Dit was heeltemal onwettig, maar hoe keer jy nou tieners wat musiek wil hê maar die sakgeld is skraps?  Die omroepers het dit natuurlik geweet en ALTYD voor die liedjie heeltemal klaargespeel het, tot groot frustrasie van die opnemer, een of ander opmerking gemaak, maar ons het ons nie van stryk laat bring nie.  Ons het bloot die kasset ge’rewind’ tot op daardie punt en die volgende liedjie weer van daarvandaan opgeneem.

Die grootste uitvindsel daarna was die kassetspelers wat outomaties die kasset se ‘B’ kant gespeel het sonder dat jy die kasset self moes omdraai.  So het jy ure se speel genot gehad sonder die alewige ruil van die kasset. 

Maar daardie kassette het ook maar voos geraak veral as jy hom vir die tiende keer oor’tape’.  Dan het die liedjies so trekkerig begin klink en kort voor lank is jou hele ‘tape’ deur die kasset monster opgeslurp om nooit weer te speel nie.  Ek onthou hoe ek baie ‘tapes’ met naellak gespoeg en geplak het as die monster net ‘n klein happie gevat het.  Die liedjies het daarna ‘n bietjie vreemd geklink, maar al wat saak gemaak het, was dat jy musiek gehad het om na te luister.

Vandag laai mens die musiek sommer af op jou selfoon, rekenaar of iPod.  Ons gebruik nie meer ‘tapes’ wat kan trek en plate wat kan krap nie, maar daar is virusse wat sommer jou toestel se geheue kan opvreet!  Wanneer dit gebeur dan verlang ek sommer terug na daardie ou goed wat vandag, op ‘n vreemde manier, meer ‘solid’ voorkom. 

Die lewe beweeg teen so ‘n snelle pas dat mens partykeer sukkel om by te bly.  Winde van verandering waai daagliks en as jy nie IOL, 24news, Facebook en ander aanlyn goed lees nie, dan gebeur daar goed sonder dat jy eers weet.  Inligting is vlietend en ‘n belangrike brokkie nuus kan verlore gaan as jy jou oë vir ‘n sekonde te lank knip. 

Al hierdie dinge laat my dink en wonder of dit vir julle ook laat voel asof julle op ‘n mallemeule rit is?  Voel dit vir jou asof daar ‘n mal mens aan die stuur van die mallemeule is?   Wonder jy ook wanneer mens halt kan roep en ontsnap?

En dan dink ek … as ek as volwassene, wat al ‘n paar ‘coping skills’ aangeleer het, so voel, hoe voel ons kinders?

Trappe van vergelyking lysie …

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Wat maak jou bly?

Tjoklits

Wat maak jou blyer?

Belgian Tjoklits

Wat maak jou die blyste?

As ek iemand het om die tjoklits mee te deel.

Wat maak jou ongelukkig?


Dat die Idols se semi final WEER uitgesaai gaan word


Wat maak jou meer ongelukkig?


As daar nie koffie in die huis is nie


Wat maak jou die ongelukkigste?


Verlange na my kind

Wat maak jou gelukkig?

My huis

Wat maak jou gelukkiger?

As ek kreatief kan wees

Wat maak jou die gelukkigste?

Lifiki

Wat maak jou kwaad?


As iemand my voor agt in die oggend en na agt in die aand bel.


Wat maak jou meer kwaad?


As ek agter huurders se gatte moet aanbel vir huurgeld en as iemand vir my goed uitdink om te doen op ‘n Saterdag


Wat maak jou die kwaadste?


As iemand my dwing om iets te doen wat ek nie wil doen nie.

Wat maak jou hartseer?

As Lifiki kwaad is vir my

Wat maak jou meer hartseer?

As Lifiki ongelukkig is

Wat maak jou die hartseerste?

Wanneer my geliefdes swaar kry

Wat is vir jou oulik?


‘n Baba


Wat is vir jou ouliker?


‘n Kind wat lag


Wat is vir jou die oulikste?


Lifiki se glimlag

Wat is vir jou lelik?

Slegte tande

Wat is vir jou leliker?

Droeë velde

Wat is vir jou die lelikste?

Vrouens wat skree

Wat is vir jou mooi?


Kleur, sommer baie kleur en as dit oranje is, des te beter


Wat is vir jou mooier?


My ma se oë


Wat is vir jou die mooiste?


Wanneer Lifiki, sommer uit die bloute vir my vertel dat hy lief is vir my

Wat is vir jou spesiaal?

Vriendskap en liefde

Wat is vir jou meer spesiaal?

Alleentyd

Wat is vir jou die mees spesiale?

Daardie ‘WOW’ oomblikke tussen my en Lifiki en wanneer my kinders sê hulle is okay

Wat maak jou bang?


Om eensaam te wees


Wat maak jou banger?


Om te veel mense om my te hê


Wat maak jou banger?


Snaakse geluide in die nag


Wat gee jou hoop?

Dat ons vryheid het

Wat gee jou meer hoop?

Dat ek instaat is om te werk en dink

Wat gee jou die meeste hoop?

Dat daar iets goeds in elke mens is

Niemand doen my lysie nie so …

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Nou gaan ek mense tag vir my trappe van vegelyking lysie.

Katjie

Anha

Therina

Kelly

Samuhr

Trappe van vergelyking lysie …

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Wat maak jou bly?

Tjoklits

Wat maak jou blyer?

Belgian Tjoklits

Wat maak jou die blyste?

As ek iemand het om die tjoklits mee te deel.

Wat maak jou ongelukkig?


Dat die Idols se semi final WEER uitgesaai gaan word


Wat maak jou meer ongelukkig?


As daar nie koffie in die huis is nie


Wat maak jou die ongelukkigste?


Verlange na my kind

Wat maak jou gelukkig?

My huis

Wat maak jou gelukkiger?

As ek kreatief kan wees

Wat maak jou die gelukkigste?

Lifiki

Wat maak jou kwaad?


As iemand my voor agt in die oggend en na agt in die aand bel.


Wat maak jou meer kwaad?


As ek agter huurders se gatte moet aanbel vir huurgeld en as iemand vir my goed uitdink om te doen op ‘n Saterdag


Wat maak jou die kwaadste?


As iemand my dwing om iets te doen wat ek nie wil doen nie.

Wat maak jou hartseer?

As Lifiki kwaad is vir my

Wat maak jou meer hartseer?

As Lifiki ongelukkig is

Wat maak jou die hartseerste?

Wanneer my geliefdes swaar kry

Wat is vir jou oulik?


‘n Baba


Wat is vir jou ouliker?


‘n Kind wat lag


Wat is vir jou die oulikste?


Lifiki se glimlag

Wat is vir jou lelik?

Slegte tande

Wat is vir jou leliker?

Droeë velde

Wat is vir jou die lelikste?

Vrouens wat skree

Wat is vir jou mooi?


Kleur, sommer baie kleur en as dit oranje is, des te beter


Wat is vir jou mooier?


My ma se oë


Wat is vir jou die mooiste?


Wanneer Lifiki, sommer uit die bloute vir my vertel dat hy lief is vir my

Wat is vir jou spesiaal?

Vriendskap en liefde

Wat is vir jou meer spesiaal?

Alleentyd

Wat is vir jou die mees spesiale?

Daardie ‘WOW’ oomblikke tussen my en Lifiki en wanneer my kinders sê hulle is okay

Wat maak jou bang?


Om eensaam te wees


Wat maak jou banger?


Om te veel mense om my te hê


Wat maak jou banger?


Snaakse geluide in die nag


Wat gee jou hoop?

Dat ons vryheid het

Wat gee jou meer hoop?

Dat ek instaat is om te werk en dink

Wat gee jou die meeste hoop?

Dat daar iets goeds in elke mens is

Ek loer net gou wat julle doen …

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek werk nog …

Dis nou tyd dat julle ophou om my te verlei!

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Ja, julle verlei my met prentjies, grappies, mooi vertellings, skokkende vertellings, vrae, wonders, gedigte en stories.  Dis hoekom ek soos ‘n flippen brommer hier rondhang en nie ‘n steek werk inkry nie.


Ek gaan nou werk en glad nie vir die volgende uur hier inloer nie. 

Vir Nefertiti – Oor ‘n spesiale juffrou

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink nie ‘n onderwyser sal ooit werklik besef watter waarde hulle aan ‘n tiener se lewe toevoeg of, in party gevalle, wegneem nie.

Ek was besonders bevoorreg om Juffrou Augusta Fleck in my lewe te hê. 

Ek was nie ‘n gewillige skoolganger nie.  Ek kan tot vandag toe nie besluit of dit was omdat ons daardie aaklige klere moes dra of, omdat mens vir 50% van jou tyd in ‘n klaskamer moes sit nie.  Nie dat ek jou spreekwoordelike buitelug kind was nie.  Nee, ek wou lees en sing en ander goete doen.

Die lewe het maar ‘n manier om mens taai en skewe klappe te gee.  En ek het dit nie vrygespring nie.

In my standerd agt jaar het iets gebeur.  As ek terugdink aan die gebeurtenis vandag, besef ek, dat ek nie juis veel anders gedoen het as menige ander skoolkinders nie.  Ek en ‘n boyfriend het gevry!  Nou nie jou allerdaagse piksoentjie wat oorloop in ‘n dieper Frenshie nie, meer daai ‘heavy petting’ ding.  Gevoel en gevat en gevroetel.  Wou ook maar weet waaroor almal so tekere gaan.  Ongelukkig, vir ons tweetjies, was ons uitgevang en die ‘heavy petting’ vry is opgeblaas as die grootste sonde denkbaar!  Ons is op die rooitapyt gegooi, koppe gewas en gestroop van alle selfrespek en selfbehoud.  Ons is geteer en geveer sonder die teer en vere as julle verstaan wat ek bedoel.

My boyfriend is toe sommer na ‘n ander skool toe en ek het aangegaan in die skool, elke dag gedink dat almal dink ek is die grootste slet en hoer denkbaar wat die skoolgronde bewandel.  En dit juis in die tyd wanneer mens so vreeslik bewus is van aanvaarding en ook dink dat elke skrum op die rugbyveld ‘n samekoms van ‘bespreek Maryke’ is.

Soos die mensdom maar is, is hierdie oortreding gebruik en opgeblaas om ander se tekortkominge weg te steek.  Julle ken dit.  Fokus almal se aandag op een persoon, dan sien die ander nie jou foute raak nie.  Ek is toegegooi onder ‘n skuldlas wat geen jong ontluikende tienerdogter ooit moes dra nie en daai skuldlas het ek ver in my lewe saamgedra.  Ek het toegelaat dat daardie skuldlas my lewe oorheers.

Maar deur dit alles was daar een onderwyseres wat soos ‘n ligbaken vir my was.  Juffrou Augusta Fleck.  My sangjuffrou.  Wat ‘n dierbare, diep gelowige mens.

Juffrou Augusta het altyd ‘n sprankel in die oog gehad.  Haar stem was soos ‘n engel sin en as sy haar arms so om my gesit het, wanneer ek uit pure moedeloosgeid gehuil het, het dit gevoel asof die hemel om my vou.  Daar het ek veilig gevoel.  Sy het met my gepraat, sy het vir my gebid en bowenal, het sy my altyd raad gegee.

Sy het vir my geleer dat mense kan sê wat hulle wil, hulle kan bespiegel en beskuldig, maar net jy en jy alleen, weet wat die werklike waarheid is.  En dit is aan daardie wete waaraan ek moes vashou.  Sy het my geleer dat jy jou eie beste vriend en bemiddellaar moes wees, want ander mense is te besig met hulle eie goed.  Sy het my geleer dat elke mens spesiaal is, dat foute reggemaak kan word en dat mens moet vergewe om werklike vryheid en vrede te ervaar.  Die laaste les het ek eers baie later in my lewe geleer.

Ek dink Juffrou Augusta wou seker telke male vir my ‘n taai klap gegee het.  Veral wanneer ek regtig uitgehaak het en gerebelleer het vir die eerste span.  Maar … sy het nie.  Met haar liefde en geduld het sy langs my gestaan en my hand vasgehou en my sterker gemaak.  Sy het my verstaan en sy was altyd daar.  Vir my was dit ‘n wonderlike wete dat ek met iemand kon praat wat my nie veroordeel nie, iemand wat nie stories sal aandra nie en die beste van alles, ‘n vriendin vir my kon wees met ‘n skouer waarop ek kon huil en ‘n geduldige oor wat kon luister.

Ek dink dat my lewe baie anders sou uitgedraai het as daar nie ‘n Juffrou Augusta Fleck in my lewe was nie.  Ek kon nie vir beter gevra het  nie.