Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Jy weet jou bure of ander mense is besig met onderduimshede

April 30, 2010 in Sonder kategorie

wat nou gemaak?

Jy moet hulle aangee maar … mens bly skrikkerig.

Maar jy kan die anoniem doen by Crime stop hotline 08600 10111

Of stuur sms aan Primedia Crime Line 32211

Or doen dit hier:  www.crimeline.co.za

Smile

April 29, 2010 in Sonder kategorie

Gehak en geplak van elders:

Smiling is a great way to build a connection among people. It’s like a bridge between two hearts. Smiling also the simplest, easiest, and cheapest way of improving our looks and even moods. The fact is it takes only 17 muscles to smile, but you need about 43 to frown so why we have to waste our energy frowning when we could just smiling. When you smile, your brain releases endorphines that make you feel happy and better. I found that women smile a lot more than men and more easier to greet another person than men. OK, now here are the 25 ways to make people smile and maybe there are more ways but I just found around 25.

1. Greet your neighbor today and make eye contact. (Ek sien hulle nooit, maar ek sal hulle kat groet)
2. Send some flower to your partner or spouse at work. (Ek sal hom ‘n hartjiebroodjie inpak)
3. Give your partner a surprise call at work just to say Hi.. (Met die dat ek sy chauffeur is, is die surprise daarmee weg)
4. Compliment your co worker’s appearance today (Hey daar mev Niemand, jy lyk sommer stunning vandag)
5. Send a surprise and unusual gift to your parents like cakes, flower, books, or chocolate. (Is dit okay as ek net die mooi papiertjies stuur)
6. Donate something to charity like your money, your books etc  (Moeilike een.  Geld is mos nie myne nie, dit word vir my geleen, so ek kan dit nie weggee nie, maar daai ou afgeleefde japon agter in my kas en my mal ant tillie se ou krimpelene broeke en baadjies …)
7. Hold the door for someone who is walking behind you. (Vir een of ander rede spring daai flippen deur altyd uit my hande)
8. Send a card to your friend or family member letting them know what a good friend and family they are. (Sal ‘n funny email -sien punt 14 werk?  Dan slaat ek sommer 2 vliee met een klap)
9. Call your granny for no reason.  (Sal bietjie ver moet beel vir die een)
10. Tell your kids that you love them. (I love them but I don’t necessarily have to like them)
11. Take a friend out for lunch. (Al my geleene geld uitgegee vir charity)
12. Share your funny stories with friends. (Eintlik het ek nie snaakse stories nie, net snaakse maniertjies)
13. Give your partner or spouse a hug for no reason. (Ag okay)
14. Send funny picture to your friend’s e mail. (Ek weet nie so lekker van die een nie)
15. Leave a joke on on your friend’s answering machine. (Hallo, dis ek.)
16. Share your umbrella on rainy day.   (Don’t those things poke your eyes out because then it makes better sense to share with the enemy.)
17. Arrange an indoor picnic for your children on a rainy day. (No help here)
18. Bake some cookies and share them with friends. (You get lovely home baked cookies at spar.  Does that count?)
19. Ask your friend if they need something while you’re out of town. (I’m always in town.  They should ask me)
20. Tell your partner or your spouse that you love him/her.  (Ma se woepsie wapsie worsie is baie lief vir hom)
21  Tell your kids that you really proud of them. (Kids I’m proud of you)
22. Cook something special for your family. (I have a microwave)
23  Tell someone that you thought about them the other day. (Who and when?)
24. Ask your child to share some candies to their friends.  (You must be joking)
25. Just give a smile to a stranger in the road say Good Morning, or Hi.  (Stay away from the hi because it always leads to jack)

So, do you want to put a smile on someone’s face today ? You may try those steps above. It won’t cost you a dime and be carefull smile could be very contagious 🙂 

Laat ons stil raak …

April 29, 2010 in Sonder kategorie

en om ons kyk en dieper kyk as wat swart woorde op ‘n wit agtergrond vertel.

Laat ons tussen die lyne lees en die onsekerheid, seer en trane tussen sinne optel.

Laat ons nie vergeet dat elkeen van ons ‘n mens is met hart vol vrae.

Laat ons onthou dat daar baie keer iets is wat pla.

Wie is ons om die eerste klip te gooi

alhoewel ander se woorde ons toorn uitnooi?

Raak stil liewe mens

onthou die gewetens grens.

Trap saggies deur ‘n ander se smart

want jy laat spore in daardie hart.

Laat jou teenwoordigheid ‘n lawende briesie wees

vir ‘n moeë en uitgemergelde gees.

Laat jou woorde ‘n lig laat skyn

wat donker en ags laat verdwyn.

Laat jou glimlag soos ‘n baken gloei

as lewensstorms om ons loei.

Laat ons stil raak en

en om ons kyk

en dieper kyk

as bloot hierdie swart woorde op die wit agtergrond.

Laat ons eerder heel as probeer verwond!

Laat ons stil raak …

April 29, 2010 in Sonder kategorie

en om ons kyk en dieper kyk as wat swart woorde op ‘n wit agtergrond vertel.

Laat ons tussen die lyne lees en die onsekerheid, seer en trane tussen sinne optel.

Laat ons nie vergeet dat elkeen van ons ‘n mens is met hart vol vrae.

Laat ons onthou dat daar baie keer iets is wat pla.

Wie is ons om die eerste klip te gooi

alhoewel ander se woorde ons toorn uitnooi?

Raak stil liewe mens

onthou die gewetens grens.

Trap saggies deur ‘n ander se smart

want jy laat spore in daardie hart.

Laat jou teenwoordigheid ‘n lawende briesie wees

vir ‘n moeë en uitgemergelde gees.

Laat jou woorde ‘n lig laat skyn

wat donker en ags laat verdwyn.

Laat jou glimlag soos ‘n baken gloei

as lewensstorms om ons loei.

Laat ons stil raak en

en om ons kyk

en dieper kyk

as bloot hierdie swart woorde op die wit agtergrond.

Laat ons eerder heel as probeer verwond!

‘n Knippie per dag …

April 28, 2010 in Sonder kategorie

Laat die dokter wag (Spokie wat siek is kan hierby baat vind)

Help met gewigsverlies (Plasie en ek kan hierby baat vind .. met ons eie partners bygesê)

en laat mens sommer op die koop toe jonger lyk (weereens ek en almal ouer as 50, kan hierby baat vind)

en as jy my nie glo nie, lees meer hier:  ‘n Knippie per dag

Ek wonder of Lifiki sal hou van so ‘n voorstel?  Maar ek sal eers wag dat sy voetjie gesond word.

50 (of omtrent) goed waaroor ek dankbaar is

April 28, 2010 in Sonder kategorie

Wanneer:

1.  Lifiki vir my sê hoe lief hy my het.

2.  oudste sê hy is gelukkig

3.  jongste sê dit gaan goed

4.  Lifiki se kinders kom kuier en ons kuier lekker

5.  my kinders vir my vertel ek is awsome

6.  met my sussie gesels

7.  iemand uit die bloute vir my ‘n boodskap stuur

My:

8.   Oggend sigaretjie

9.   eerste koppie koffie

10. blog

11. facebook dinge

12. ‘me time’

As:

13. ek onthou om die geyser aan te sit en daar is lekker warm water vir bad/stort

14. ek reg is

15. my kar se wiele draai

16. die 3g netwerk sonder probleme werk

17. blomme wat ek self geplant het begin blom

18. iemand sê dit wat ek maak is mooi

Elke:

19. kommentaar op my blog

20. elke kommentaar op my kommentaar

21. vriend, vriendin wat my dag ophelder met ‘n mooi woordjie of twee

Die voorreg om:

22. goeie ouers se opvoeding te kon geniet

23. wonderlike broers en susters te hê

24. ‘n wonderlike man soos Lifiki in my lewe te hê

25. ‘n vriendin vir vier oulike ‘stief’ kinders te kan wees

26. twee spesiale seuns te hê

27. ouma en amper ouma te wees

28. te kan lees

29. te kan skryf

30. te kan praat

31. te kan sing en musiek te hoor

32. te kan blog

33. ‘n huis te hê

34. ‘n kar te hê

35. lief te hê

36. liefgehê te kan word

37. gesond te wees

38. te kan sien

39. te kan hoor

40. te kan voel

41. te kan proe

42. Ek is dankbaar dat ek ‘n vrou is

43. Bly dat ek ‘n ma kan wees

44. Bevoorreg om ‘n suster te wees

45. Geseënd om ‘n vriendin te wees

46. My kat wat prrrrr as ek hom vryf laat my glimlag

47. Mense wat vir my flou grappe lag, laat my lekker voel

48. Mooi ‘scenery’ maak my bly

49. Nuwe uitdagings gee my ‘n huppel in my stap

50. Die feit dat ek myself kan wees is die grootste vreugde ooit!

As iemand jou ouma noem, dan klink antie beter …

April 27, 2010 in Sonder kategorie

Ja, so het die lewe tog die manier om mens bietjie terug aarde toe te bring.

Lifiki het mos sy voetjie beseer en die weier hardkoppig om beter te word.  Die voet moet rus is al wat die dokter sê.  Niks gebreek of gekraak nie.  Maar luister?  Nooit as te nimmer nie.

Maar gister besluit ek, ek gaan sake bietjie onder hande vat en besluit toe ek gaan chauffeur speel vir die dag.

Vroegoggend (kan julle glo) wakker, warm kleertjis aan en ons, Lifiki en ek, sit af na die township om die werkers op te laai.  Dan om hulle af te laai.  Toe ry ons om pale te kry en later, gaan laai ons gras.

Om gras te laai is nie ‘n maklike taak nie.  Jy ry met daardie bakkie (en nee, dis nie ‘n four by four nie) oor hobbels, deur gate en die stuurwiel het amper ‘n wil van sy eie.  Maar ek is nie bang nie. 

“Ry net agter die snyers aan, hulle kyk vir groot gate.” gee backseat driver goeie raad.

So hop, wiegel waggel ons oor die grasvlaktes.  Van hope gesnyde gras tot nog hope gesnyde gras.  Iewers het ek natuurlik die draad van die bestuur storie verloor en toe draai daardie grassnyer mannetjie om en skree so na my kant toe, “Ouma moet hier ry.”

Lifiki se magie het so vir ‘n paar sekondes uitbundig op en af beweeg soos hy gelag het, tot ek hom met een van my ‘famous’ kyke tot stilte gedwing het.

‘Ouma!’, bid jou aan.  Ek word ‘ouma’ genoem.

Ja, ek dink antie sou beter gewees het.

As iemand jou ouma noem, dan klink antie beter …

April 27, 2010 in Sonder kategorie

Ja, so het die lewe tog die manier om mens bietjie terug aarde toe te bring.

Lifiki het mos sy voetjie beseer en die weier hardkoppig om beter te word.  Die voet moet rus is al wat die dokter sê.  Niks gebreek of gekraak nie.  Maar luister?  Nooit as te nimmer nie.

Maar gister besluit ek, ek gaan sake bietjie onder hande vat en besluit toe ek gaan chauffeur speel vir die dag.

Vroegoggend (kan julle glo) wakker, warm kleertjis aan en ons, Lifiki en ek, sit af na die township om die werkers op te laai.  Dan om hulle af te laai.  Toe ry ons om pale te kry en later, gaan laai ons gras.

Om gras te laai is nie ‘n maklike taak nie.  Jy ry met daardie bakkie (en nee, dis nie ‘n four by four nie) oor hobbels, deur gate en die stuurwiel het amper ‘n wil van sy eie.  Maar ek is nie bang nie. 

“Ry net agter die snyers aan, hulle kyk vir groot gate.” gee backseat driver goeie raad.

So hop, wiegel waggel ons oor die grasvlaktes.  Van hope gesnyde gras tot nog hope gesnyde gras.  Iewers het ek natuurlik die draad van die bestuur storie verloor en toe draai daardie grassnyer mannetjie om en skree so na my kant toe, “Ouma moet hier ry.”

Lifiki se magie het so vir ‘n paar sekondes uitbundig op en af beweeg soos hy gelag het, tot ek hom met een van my ‘famous’ kyke tot stilte gedwing het.

‘Ouma!’, bid jou aan.  Ek word ‘ouma’ genoem.

Ja, ek dink antie sou beter gewees het.

Hallo

April 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek sit nou lekker en luister na Lifiki se rustige gesnork en ek wonder oor al die dinge wat die afgelope paar weke gebeur het.  Wat my die ergste pla is die sms storie.

Ek neem aan almal weet van watter sms ek praat.

As dit nie waar is nie, dan is daardie persoon wat die sms begin het, beslis siek in sy kop.  As dit waar is, dan is daardie persoon wat die oproep tot geweld gemaak het, siek in sy kop.

Waarheen het ons as ‘n nasie (wit en swart) gedaal as mens sulke goed beginne doen?

Waar is die vrede waarin ons veronderstel is om te woon?  Die demokrasie, gelyke regte vir ieder en ‘n elk?  Waar het dit so skeef geloop?

Wie is skuldig en wie is onskuldig?

Doen ons elkeen ons deel om by te dra tot vrede en wedersydse respek?  Wanneer laas het jy jou buurman/vrou met ‘n vriendelike glimlag gegroet?  Wanneer laas jou hand uitgesteek om te help?  Wanneer laas iemand opgetel as hy geval het?  Wanneer laas …

Kan ons as ‘n volk, nasie, reëmboog, hoop vir die wêreld, voorbeeld van vredevolle oorgang en verandering, nie iewers eerste die hand uitsteek vir versoening nie?  Kan mens nie vir een keer van die ‘pedestal’ afklim en een word met ons volk nie?

Kan ons nie …

Nou is daar ook gerugte van pamflette.  Of dit waar is of nie, ek sal nie weet nie.  Al wat ek weet is dat alles laf geraak het.  Die sout het laf geword en met lawwe sout kan mens niks maak nie.  Dit dien geen doel nie.  Al hierdie dinge wat gebeur dien geen doel nie.  Dit vat ons nie vorentoe nie, dit maak nie enige iets positief nie, bowenal, gee dit ons nie vrede nie.

Mag ons elkeen vanaand op ons knieë gaan en bid dat ons as ‘n volk, elke een van ons, sal uitreik en ‘n verskil maak.  Mag elke een van ons die eerste een wees wat dit sal doen.  Sal dit nie dan beter raak nie?

Skouspel of treurspel?

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Soos almal (of eerder die meerderheid) hier weet is ek ‘n groot voorstaander van Afrikaanse musiek.  Daarom kyk ek graag Supersterre, Noot vir Noot en die tjerrie op die koek natuurlik, skouspel.

So skuif ek gisteraand, duvet, koffie, sigaretjies,beskuit en al, voor die TV in om Skouspel Plus op Mnet te kyk.  Opgewonde soos ‘n tiener voor ‘n boks Valentyn tjoklits.  Die probleem is dat die boks tjoklits 90% turkish delight – wat ek nie mal is oor nie – bevat en die tien persent wat oorbly die lemoengoed – wat ek ook nie veel nie.

Laat ek verduidelik.

So skop Skouspel af met ‘n “bang”.  Of eerder ‘n kakkefonie van vuvuzelas en musiek wat sekerlik moeilik geval het op die ore van die oorwegende – skouspel, verwag Afrikaanse musiek tipe persoon – toeskouers.  Vra ek myself af, is daar dan niks wat meer ‘eie Afrikaans’ mag en kan wees nie?  Moet alles ver’Afrika’ word en in almal wat wil en nie wil nie, se keelgatte afgedruk word?  Of is ek nou ‘n opperste stoere ‘boervrou’ wat eerder iewers anders my oë na die berge moet gaan opslaan en wonder wanneer ons weer ‘n Afrikaanse musiek fees kan hou wat werklik, in murg en been, Afrikaans is?

Vir my was Skouspel altyd ‘n Afrikaans geinduseerde fees, waar die mooiste van mooi Afrikaanse musiek gevier word.  Vir my is dit ‘n Skouspel wat mense die mooi en uniekheid van Afrikaanse musiek moet kan laat geniet en waardeer.  Die geleentheid om al die groot Afrikaanse sterre op een verhoog te sien en dit te geniet soos net ‘n Afrikaanse mens wat van Afrikaanse musiek hou, dit kan doen.

Maar die Afrikaans word afgewater met ander tale en liedjies – wat ‘nice’ is (maar ons almal weet ‘tea is nice’) en die hele idee agter Skouspel raak verlore in die mengelmoes wat opgedis word as ‘n a la carte ete terwyl dit oorkom as ‘n McDonalds ‘knock off’.

Drie kunstenaars wat soos pale bo die ‘murky waters’ uitgestaan het was natuurlik Laurika, Matthys en Theuns.  Daar is nie beter woorde om hulle te beskryf as net ‘absoluut, uitsonderlik en kwaliteit’ nie. 

Die ander het seker hulle aakligste liedjies ooit gekies om te sing en wragtig sal een van die voorste sangers – sal nie name noem nie – so deur sy neus sing dat ek dink sy platemaatskappy spandeer meer tyd agter die skerms om sy ‘pitching’ en nasale klanke te hersteel soos ‘n kaptein op ‘n skip seker spandeer om deur die navigasie toestelle na te gaan.  ‘n Permanente joppie.  Lyk my hoe langer hy sing, hoe nasaler raak hy.   Maar ek wil nie katterig wees nie, want wat weet ek nou eintlik?  Ek is mos maar net die een wat my hardverdiende geldjies spandeer om ons kunstenaars te ondersteun deur hulle musiek te koop en hulle feeste by te woon. 

Dan wil ek nie eens praat van die liedjie ‘Barcelona’ wat gesing is nie.  Nianell, jou doring.  Wraggies goed gedoen, maar toe die manne begin saam’gans’ toe verloor daai liedjie al sy ‘magic’ soos ‘n uitgebrande vuurwerkvertoning.

Ek is net baie bly dat ek nie my geld spandeer het om hierdie Skouspel ‘live’ te gaan kyk nie, want ek sou dit glad nie geniet het nie.

Skouspel – jou ster het geval my skat!