Die naweek was ‘n ondervinding. Ek struikel nog tussen ‘n negatiewe of ‘n positiewe ondervinding.
Ek het van die ouers ontmoet wie se kinders ook daar is, what an eye opener! Mense wat beweer dis net ryk kindertjies wat bederf word, wat daar land is so verkeerd. Die kinders is eintlik baie oulike kinders, en die ouers plat op die aarde mense met ‘n liefde vir hulle kinders. Dan wonder mens, wat op dese aarde het die kinders laat besluit om daardie een verkeerde stap in hulle lewens te vat?
Ek het nog altyd vermoed dat die mat onder my uitgeruk gaan word, maar toe dit gister gebeur met ‘n bekentenis van my seun, het dit gevoel asof ek skoon van balans af was. Soos ek sê, ek het vermoed, maar ek was te bang om die waarheid te wees. Ek wonder of julle daardie gevoel ken? Jy weet jy moet weet, maar jy is te bang daarvoor.
Iederwel. Dit gaan goed met die klein kalant. Almal praat goed van hom, doen goed in skool en hy is bevorder na ‘monitor’.
Dit was so moeilik om gister daar te ry en hom daar te los!
Hulle werk so hard daar en daar’s geen simpatie of empatie vir die kinders nie. Emosies is die laaste ding op hulle lys. Die kinders moet leer dat die wëreld daarbuite moeilik is en dat hulle dit moet kan weerstaan sonder die ‘drug’ krukke.
Ek is nou weer in die stadium van nuwe informasie verwerk, aanvaar en dan vrede te maak daarmee.
As julle vanaand bid, sit my asseblief ook iewers in jou gebed, want ek sukkel …
Onlangse kommentare