Dit was nou ‘n ‘eye opener’ …

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Julle weet ek probeer soos hierdie tough cookie voorkom wat geen nonsens van iemand sal vat nie maar eintlik het ek vandag besef dat dit nie nodig is nie.  Ek hoef mos nou nie ELKE dag daai maskertjie aan te sit nie.
Ek hou daarvan om ‘secretive’ te wees of soos ek dit noem ‘selektief deel’, want mens moet daai klein deeltjie van jouself beskerm teen enige aanslae.  En ek het so ‘n deeltjie waar ek niemand, nie man, kind, muis of aanlynbekende sal toelaat nie.
Stil, ja ek is stil.  Meer soos ‘n landmyn.  Ek is net daar, rustig, besig met my eie ding tot iemand op my trap.  Dit is wanneer die vonke spat.  As iemand op my of myne begin trap.  Dit maak my baie kwaad en dan haal ek daai kreefknyper uit en gebruik hom mildelik. 
Eerlik, dis baiekeer moeilik vir my.  Veral as my eerlikheid iemand se gevoelens gaan seermaak.  Ek dink altyd hier in my kop dat ek vir sus en so, die en dat sal vertel, want ek is nou sooooo gatvol vir hulle optrede.  Maar ‘when push comes to shove’ probeer ek gewoonlik my woorde baie mooi kies en dan vertel ek die waarheid so half skeef … maar die boodskap kom oor.  Ek hou nie van lieg nie, ek hou ook nie daarvan as iemand vir my lieg nie.  Sien die “concerned about people’s feelings’ en die ‘tactful’ is hier te sien.
Vriendelik …. Need I say more 🙂
Temperamental and unpredictable, ja, voorspelbaar en Maryke gaan saam soos Marmite en appelkonfyt.  Dit “gel” nie lekker nie.  
Moody and easily hurt … Need I say more 🙁
Al die ander is waar behalwe die ‘not revengeful’.  Daar sit hulle die hele pot met sy deksel mis.  Ek vind dit makliker om te vergewe na ek ge’revenge’ het.  Dit maak tog meer sin en die ou wat sê ‘revenge is bitter’ het nog nooit die suikerstroopsoet lekkerte van lekkerky na ‘revenge’ gesmaak nie.
Homely … ek is ‘homely’ en ek lyk ook nogal ‘homely’.
Ek dink ek is in Julie gebore … dit pas by my … ek is eintlik maar flippen sag … maar as jy vir iemand vertel … onthou die knyper.
(As jy nou nie verstaan waaroor ek hier brabbel nie, lees my vorige pos, dit sal meer lig werp op die onderwerp.)

14 antwoorde op Dit was nou ‘n ‘eye opener’ …

  1. Ek is bly jy doen, want ek sukkel maar 🙂

  2. Is dit ‘n beterweterige smile wat ek daar bespeur?

  3. Consider it checked 🙂

  4. Ek is ‘n kreef kwadraat 🙂

  5. Thanx Ghaap. Dis seker die mooiste ding wat vandag vir my gesê is.

  6. Moet bieg dat ek ook makliker vergewe nadat revenge geneem is…..

  7. Is waar … veral as die revenge uiters goed uitwerk. Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

  8. zephur het gesê op Februarie 26, 2010

    Ok ons moet uit jou pad bly en moet nie lieg vir jou nie…hehehe

  9. Sjoe – klink of jy my hier beskryf!

  10. Great minds … en al daai 🙂

  11. sjoe ek sien baie van myself hier in

  12. Hey daar, dankie vir die inloer. Altyd lekker om nuwe mense te ontmoet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.