Ek hou nie van shopping nie!
Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Maar vandag het ek geshop dat my ore drop. Natuurlik vir ‘n outfit. Einde ten laaste maar besluit om vir my ‘n uitrustingkie te maak. Tjoklitbruin en Dusty Pienk. Kanterig maar funky.
Wat my bietjie skrikkerig maak is dat ek laaaaaanklaas aan die naaimasjien gevat het en ek hoop maar ek onthou die regte moves.
In elk geval, ek het vandag net weer besef dat diens en kwaliteit maar net ‘n bysaak is. Veral in die ‘hogere’ winkels. Ek trek nou nie my SondagKerkToe rokkie aan nie, maar ek trek oordentlik aan, maar daai mense kyk vir jou of ‘n rot jou van iewers ingesleep het!
Toe vaar ek in ‘n China Shoppy in en daar volg die winkelassistent jou mos al kouende en sleepvoet. En toe ek daar sjloeff, sjloeff, klap, klap van die Chappy nie meer kon vat nie, toe vra ek haar wat soek sy. Sy sê toe sy loop net rond. Ek sê toe vir haar dat as sy my wil oppas moet sy haar kake stilhou en haar pooie van die vloer af lig.
Toe kon ek mos lekker verder rondkrap en snuffel sonder byklanke.
Vanaand is dit ek en die naaimasjien …
Onlangse kommentare