Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Net omdat dit so verskriklik mooi is.

Desember 30, 2009 in Sonder kategorie

Wel, my vakansie loop tot einde en more pak ek en lifiki die lang pad terug Klerksdorp toe. 

Hier is ‘n laaste paar foto’s wat ek vandag geneem het en ek voel ek moet dit vir julle wys want dit is pragtig verby!

Maria Shrives watervalle.  Haar graf is daar bo iewers, maar ja ….

Horse shoe watervalle. 

En kyk net hier.  Lonely Creek watervalle … 68 m hoof.  Kyk hoe klein lyk ons πŸ™‚

Ek groet julle tot in Klerksdorp

‘n Paar donker stories …

Desember 28, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie mannetjie se graf is loodreg met die ander, want hy het lang vingers gehad.  Die mense het geglo dat as hulle hom so begrawe, sal hy nie – wanneer die opstanding kom – kan opstaan nie en sodoende nie hulle verlossing ook van hulle kan steel nie.  Of so iets …

En kyk die interessante een:

en van naderby beskou …

Moet my nie slaat nie asseblief πŸ™‚

Vandag het ek goud gesien …

Desember 28, 2009 in Sonder kategorie

wel, amper πŸ™‚

Maar die vrou het

en in die gat het sy geprospekteer en blykbaar skatryk geword.

Hierdie was hulle koffiekroeg, maar ek weet nie so lekker nie πŸ™‚  Wil iemand my join vir ‘n koffietjie?

Toe ons die goud soek, toe is dit weg.  Maar ons het die skuldige opgespoor …

en hom laat les opsê πŸ™‚

Vir die lieflike dames hier op Litnet Blogs

Desember 28, 2009 in Sonder kategorie

Vir Anha …

mooi sagte skoentjies sodat sy hierdie jaar ligvoets kan deurmaak.

Vir Vormpies …

‘n Mooi uitrusting waarin sy haar mooiste woorde in kan skryf …

Vir Maankind

Die mooiste eetgerei waarin sy haar gaste kan bedien.

Vir Droomkind

‘n Lekker sagte bed waarin al haar drome waar kan word.

Vir Gousblom

‘n Blomme-waerval van kleur sodat geen dag vir haar bleek sal wees nie.

Vir TigerLady …

‘n Lekker bad sodat sy elke aand haarself kan bederf …

Vir Katriena

‘n Mooi ontwerpte roostyn vir wanneer hy blom, haar “miracle” sal gebeur

Vir Duiwelki

‘n Koelteplek waar sy kan rus as die lewe druk

Vir Klarisabet

‘n Paadjie omring met blomme sodat haar lewenspad baie mooi sal wees.

Vir Maghitta

‘n Romantiese plekkie wat haar siel sal streel.

Vir Modderkoekie

‘n Mooi rooi blom wat haar sal laat onthou dat die liefde nie kan blom as mens hom nie vertroetel nie.

Vir Annabelle …

‘n Lekker kaggel waar sy in die winter haar slippertjies kan aantrek en met ‘n lekker boek kan ontspan.

Vir Lou

‘n Rustige koeltetuin waar sy kan asemskep en weer energie kan kry vir nog ‘n dag by die skool.

As ek jou gemis het, vra ek om verskoning. 

Eers ‘n bietjie moan … en dan …

Desember 27, 2009 in Sonder kategorie

So was ons Kersfees op rustig se voorstoep.  Niks te doen nie.  Storieboek klaargemaak en toe gaan eet ons ‘n Buffet hier by die Royal Hotel.  Vir ‘n skamele R55-00 kan jy kies tussen ‘hot’ of ‘cold’ buffet en daarna nagerg wat ‘n tjoklit mousse insluit wat mens na nuwe hoogtes kan voer!  Yum-Yum!

Gesinsdag het ons weer ‘tuis’ deurgebring waar my nuutontmoete Facebook vriendin en haar gesin vir ons kom kuier het.  Heerflippenlik!

Vandag het ons weer die avontuurskoentjies aangetrek en afgesig na die echo caves ens.

Eers die moan πŸ™

Dit is werklik ‘n skande hoe ons Afrikaners se erfenis bewaar word vir ons nageslagte!

Hier is die voortrekker gedenknaald.  Ek vermoed sy punt is afgebreek.

Kyk hoe gekrap is dit!

Ek wonder of iemand hiervan gaan onthou?

Toe is ons na die Voortrekker begrafplaas.  Kyk hoe oulik is die …

Maar kyk hoe lyk dit aan die binnekant.  Geen respek nie!

Ontdek ons toe die oulike plek …  nou nie my tipe skoen nie

en oulik binne ook …

Kyk hoe kyk hy vir my …

Dieselfde kunstenaar se ‘rock face art’

en sy voorstelling van Moses met die tien gebooie

Toe sit ons af na die ‘echo caves’ …

Sudwala baie beter, maar hier ook tog mooi.  Maar die mense se handewerk kan oral gesien word πŸ™

Hierdie is die Olifant ‘kamer’

Die een lyk soos ‘n volstruis.

My artistiese oomblik so deur ‘n gaatjie geneem.

Hier het die engtevrees my begin beetpak, maar daar wag my ridder op sy wit perd om my hand te vat en my veilig deur te help … en dit was nie Lifiki nie πŸ™‚

Lifiki was te besig om die grot se dak bo te hou

Toe gaan ons na die “museum of man’

Hier sit oompie Atlas en wonder of daar …

‘n slang in die gras is?

Hier is ek en my maaikie … verskoon tog die ‘hairdo’, maar die wind was bietjie erg.

Ek wonder wat my hinder …

Kyk hoe mooi is die omgewing oppad na die Strydom tonnel!

En in ‘n digte miskombersie het ons toe ons pad teruggevind na Pelgrimsrus waar ons weereens daai heerlike buffet geniet het.

Dis nogals koud vanaand.

Na waters waar rus is …

Desember 24, 2009 in Sonder kategorie

Vir elkeen wat ek hier leer ken het en nog moet leer ken, wens ek ‘n wonderlike familie fees!

Mag Kersdag vir jou wonderlike vrede inhou en die nuwe jaar vir jou vol suksesse wees.

Mag jy gelei word na waters van rus, en as die waters stormagtig raak, mag daar iemand wees wat dit vir jou sal laat bedaar.  Wanneer jy dors na liefde, vriendskap en kameraadskap, mag daardie stroompie mildelik deur jou lewe vloei.  Wanneer die lewe jou moeg en uitgeput maak, mag die kabbelende waterstroompie, jou voete afkoel, sodat jy jou reis met nuwe ywer sal aanpak.

Dankie vir elkeen van julle wat hierdie jaar vir my ondersteun het en al die wonderlike woorde wat ek hier kon beleef.

Die genotgrot en ander peuselhappies …

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Kyk as daar nou een ding is wat ek meer vrees as ‘n spinnekop .. is dit om ingeperk te voel.  Maar ek het die vrees gesluk en die Sudwala grotte betree!

Eers vir die familie hallo sê:

Is die natuur nie wonderlik nie!

En hier is baba tietietjies

Hierdie lyk net soos ‘n Magnum Tjoklit Roomys!

Seker het hulle nie gedink toe hulle verwag ek moet hierdeur nie.  Ek is seker dis waar daai ander vrou vasgesit het vir veertig dae en veertig nagte.

Maar die een kon ek darem baasraak …

Sodat ek die ‘fairyland’ kon sien …  Hier is die goed miniatuur klein.  Nie veel hoër as twee kameras opmekaar nie.

Hierdie een het ek sommer ‘oubaas’ gedoop.

Toe is ons na die dinosaur park … herken jy jouself iewers hier??? “-)

Lifiki is nie bang vir hierdie diertjie nie πŸ™‚

En ek dink T-Rex kort ‘n borsel van die tande …

Ek hoop al julle persente is al gekoop en toegedraai!

I’m on the top of the world ….

Desember 22, 2009 in Sonder kategorie

Die waterval by Pinnacle.  Kan julle glo dat ek so hoog geklim het o_O

Waterval

Wat ‘n gesig om te aanskou!  Pinnacle

Na die klim moes ek eers die voetjies laat afkoel …

en miljoene trappies klim …

om hierdie te kan gade slaan.

En kyk die verassingkie wat op my gewag het in Graskop!  As ek terugkom vir my tweede lewe, gaan ek my prins hier kom soek!

Hoop julle geniet julle vakansies so ver πŸ™‚

Kyk wat het ek gesien …

Desember 22, 2009 in Sonder kategorie

Net buite Graskop is daar ‘n bordjie wat sê “Natural bridge” en natuurlik staan die naturelle daar met hulle handelsware dat mens sal dink dit is seker hulle bruggie.

Ek oortuig toe maar vir Lifiki – wat met groot fanfare sy beursie in die cubbyhole sit – om te stop.  Jitte, ek hou nie eens van hierdie African Art goed nie!!

Ons soek toe bietjie rond en weggesteek, sonder aanwysings, ontdek ons die …

Hier het gister mense aangekom en vir hulle self  ‘n ‘erf’ afgepen so wyd soos die Heer se genade.  Daai “do not enter” tape is omgespan … ek is skoon skrikkerig om eers in daardie rigting te kyk!!  Is dit normaal?

Daar’s nie pille vir domonnoselgeit nie!

Desember 20, 2009 in Sonder kategorie

So sal ek nou elke keer, as ek die ablusiegeriewe besoek, die padjie aandurf met die toiletrol goed weggesteek onder die arm.  Mense moet tog nie weet waarheen en vir wat ek waarnatoe gaan nie.

Sal Lifiki so na die vyfde keer vir my vra of die dames dan nou nie OOK toiletpapier in die toilette het nie.  Antwoord ek heel verontwaardig dat ek dit nog nie raakgesien het nie.  Vertel hy vir my dat ek net bokant die wasbakke moet loer.

En wraggies, sowaar as parra manel dra, daar hang die rolle, netjies in gelid en in ‘n ry!

Afgesien daarvan, moet ek sê, hierdie plek het my hart gesteel!

Net so ‘n aptytwekkertjie met drie Britte wat my ge’sweetheart’ het met daai pragtige aksent wat die bloed in mens se are laat bruis, die knieë lam maak en mens sommer in ‘n ommesientjie kan verander in ‘n vrou met lae morele standaarde!

Britte