Oor tee en oor die, daai en dat …
Oktober 30, 2009 in Sonder kategorie
Kyk, ek hou van ‘n lekker teetjie op sy tyd en ek drink hom sommer vanuit die beker sonder om die pinkie te lig of ‘n oog te knip. Maar in my hart is en bly ek maar ‘n koffie mens. En sommer Ricoffy. Ja, ek weet iemand het eendag vir my gesê dis commin, maar dis my eie commin en ek like hom.
Ek is ook maar ‘n geleentheidstee sku mens. Julle weet daardie kombuistee, ooievaarstee, high tea, low tea, noon tea en sommer enige tee wat gepaardgaan met ‘n woord wat vooraan gelas word.
Die rede?
Ek het nooit ‘n ooievaartee vir my oudste gehad nie. En toe vir my jongste het ‘n vriendin vir my een gereël. Man dit was lekker tot iemand effe smalend opgemerk het dat mens eintlik net ‘n ooievaarstee reël vir iemand se eerste kind. Van toe af het ek die aller aakligste gly gevang in hierdie tee gedoentes.
Maar toe ontvang ek nou ‘n uitnodiging vir ‘n kombuistee vir Lifiki se dogter. Julle weet nou hoekom ek nie wil gaan nie en ‘n tweede faktor is natuurlik Lifiki se eks wat ook daar sal wees. En ek sien nie werklik kans daarvoor nie.
Hoe sê mens nou op ‘n mooi manier “dankie, maar nee dankie”.
Onlangse kommentare