So word ek mos gesê …

Julie 7, 2009 in Sonder kategorie

Daar is ‘n uitnodiging op my blog …. dalk is dit vir jou?  Dit nogal van so ‘n cute ou hondjie!

En natuurlik weet julle dat my liggaam mos ‘n Nuuskierige Netta huisves en dadelik gryp ek my muis en met ‘n klik-klik hier en ‘n klik-klik daar, vind ek my weg na die “uitnodiging”.

Jitte, daar beland ek op die blog der blogs.  ‘n Hele blog toegewy aan gewigsverlies.  Jong net daar en daar trek ek die boep in sodat my rug so snaakse ronding in die verkeerde rigting kry en dadelik wonder ek of die blogger x-traal oë het of gebruik maak van astrale projeksie of ken die blogger my dalk?

Toe begin ek dink dit kan net ‘n man wees want jong, julle ken mos ons vroulike geslag wat ons so bekommer oor seksies op seksies en ek sal sekerlik dit nooit oor my hart kry om ‘n vrou so ‘n openbare uitnodiging te stuur nie.

Maar gelukkig hou ek my in want toe ek ‘n ander blog besoek, toe sien ek die uitnodiging daar en nog een en nog een.

Toe blaas ek die asem uit, die boep is weer op sy regte plek en ek dink steeds dit is die cuteste ou hondjie 🙂

7 antwoorde op So word ek mos gesê …

  1. maryke-anne het gesê op Julie 7, 2009

    🙂 ek dink daai pooch het ‘n teerpuntjie aangeraak

  2. maryke-anne het gesê op Julie 7, 2009

    Sê die een wie se borskas verander het in ‘n hangkas …

  3. loudavisi het gesê op Julie 7, 2009

    Of ‘n 6 pack in ‘n papsak!

  4. maryke-anne het gesê op Julie 7, 2009

    Dis ‘n goeie een en ek dink in baie gevalle die ware weergawe 🙂

  5. Trakie het gesê op Julie 11, 2009

    :-))

  6. net myself het gesê op Julie 20, 2009

    ha, ek het deur pretty much dieselfde ding gegaan, tot ek besef het almal is uitgenooi…

  7. daniegouws het gesê op Julie 26, 2009

    og n 6 pack in n cooler box

Los ’n antwoord vir Trakie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.