Jy blaai in die argief vir 2009 April.

Wat doen jy ….

April 20, 2009 in Sonder kategorie

Wat doen jy wanneer iemand die mat onder jou uitruk, jou wêreld op sy kop draai?  Wat doen jy wanneer jou hart so seer is dat elke asemteug ‘n brandende pyn is?

Wat maak jy as jy weet dis beter om te vergewe en te vergeet, maar daai woorde, daai gebeurtenis draai en woel hier in jou binneste soos ‘n woedende maalkolk?

Ja, wat maak jy? 

Jy kyk vorentoe en beweeg aan want daar is nie ‘n einde nie.  Jy moet asemhaal, jou hart klop onwillekeurig voort en jou verpligtinge roep onverpoos elke dag.

Ja, jy kyk vorentoe al maak dit nie sin nie.  Jy gaan aan met die lewe want dit is maar hoe dit is.

Sondagmiddag in Pienaarsdorp

April 5, 2009 in Sonder kategorie

Vanmiddag wou ek oudergewoonte ‘n uiltjie knip, maar ons bure wou my
nie toelaat nie en het gerumoer dat die berge (wat daar nie in ons
ogewing is nie) antwoord gee.

Ek het my natuurlik vreeslik vererg en op hulle gaan skree soos ‘n spiritsdame en toe skryf Lifiki die gediggie …

Sondag in Pienaarsdorp
Besig om middag te word.

Maryke is vaak en verveel
die week was net te veel!

Sy het besluit om te gaan lê
Nes Johan wil hê.

Die bure rumoer
van hier tot doer.

Johan weet wat gaan gebeur
Hulle, wat haar slapie versteur.

Sy vlieg by die kamer uit
maar die voordeur is gesluit.

Kwaad, kwaad vind sy die sleutel in die bak
Sis sy, “Vandag gaan die bure kak.”

Buite hoor Johan net ‘n geraas en geskreeu
wat die bure diep berou.

Oor Pienaarsdorp … nou ‘n stilte
soos ‘n koue kilte.

Geen buurman wat raas
want die miesies is die baas.

Tot sy tevredenheid
geniet Johan die geleentheid

om in stilte te gaan lê
sonder geraas, soos hy wou hê.

(c) Johan Janse van Rensburg