Jy blaai in die argief vir 2009 Februarie.

Ek voer ‘n swikkelaars bestaan

Februarie 13, 2009 in Sonder kategorie

En voor die Afrikaanse puritene my oor die vingers tik, ek weet dit is
sukkelaars – maar ek is nie ‘n sukkelaar nie – en ek weet ek moet
eerder swig gebruik, maar dan gaan die hele ding nou nie sin maak nie
….

Om ‘n sukkelaar te wees is maklik.  Ja, dit is maklik want
almal sukkel.  Dit is nie ‘n nuwe of volksvreemde begrip nie.  Ons sien
dit daagliks op ons strate en dorpsgebiede wat lyk soos propperse
derederangse wêreld dorpskippe.

Maar om ‘n swikkelaar te wees is
‘n baie fyn kuns.  Dit gaan met baie gedagte wroeginge gepaard.  Moet
ek of moet ek nie?  Sal ek of sal ek nie?  Gaan ek of gaan ek nie?  Wil
ek of wil ek nie?

Dan moet mens vir elke vraag ‘n voordele en
nadele lys opstel.   Die voor- en nadele moet dan teen mekaar opgeweeg
word maar omdat ons menslik is, is die skaal waarmee ons meet, nie
altyd ge-yk nie en daarom hel dit altyd oor tot die voordeel van die
swikkelaar … dis nou ek.

Maar hierdie proses mag ook nie ‘n
lang uitgerekte proses wees nie.  Want die offer wat gewoonlik vir my,
die swikkelaar, voorgehou word, is gewoonlik iets waaroor ek dadelik
moet besluit.  Ek moet nou of nooit.

Dit is wanneer my groot en
kleinbrein al vier die lobbe van my brein inspan en daar is ‘n
kakkefonie van gedagtes wat deur my brein flits.  En siende dat die
gemiddelde mens blykbaar net sowat 3% van sy breinkapasiteit op enige
gegewe oomblik inspan (en op ‘n Vrydagmiddag is ek gemiddeld verby),
gebeur daar ‘n data oorlading en my brein dwing my ast ware om die
maklike uitweg te kies.  En dit is wanneer ek ‘n swikkelaar word.  Deur
en deur, geen twyfel in my gemoed oor daai een nie. 

En die vraag waarvoor ek vanmiddag staan is, gaan ek vanmiddag werk?

Voor- en nadele lys …

Voordele:

Mmmmm, niks waaraan ek kan dink nie.

Nadele:

My reeds oorwerkte brein sal uitgeput raak.
Ek ontneem my moeë lyf van ‘n welverdiende rus.
Ek kan nie meer tyd op vuisboek/skype/silver_pennies spandeer nie.
My fingers kan begin ly aan tendonitis.
Ek kan nie inkopies doen nie.

Ek weeg, oorweeg, ek dink, herkou en ja, verskoon my net gou sodat ek my kantoor se deur kan gaan sluit.

Ai, dit is moeilik om ‘n swikkelaar te wees ….

Het jy gesien? Het jy gehoor?

Februarie 3, 2009 in Sonder kategorie

Daar is niks in die lewe wat my meer kwaad kan maak as iemand daai vraag vir my vra met so grynslag van genoegdoening op die bakkies nie.

Ek ken twee dames wat baie na aan my is.  Maar die tweetjies is nou al jare lank in ‘n bakleistryd verstringel.  En nie een van die twee is bereid om toe te gee of om die minste te wees nie.

Maar nuuskierigheid oor mekaar se lewens!  Die het hulle!  Hulle vra vrae, delf, krap en hou net nooit op nie.

So het die een nou gewig opgetel omdat sy besluit het die dae van haarself straf en soos ‘n “stringbean” te lyk, is vir goed verby.  Sy’t nou nie so dik soos ‘n os geword nie, maar ja, daar is meer lyf om die lyf en na my beskeie mening lyk sy nou meer mens.

Maar gaat die ander een toe nou af oor die gewiggies.  En dit wonder hoekom?  Die wonder is so erg dat ek gebel moet word en gevra moet word.

Dis toe waar ek my voet neersit en vir haar vertel dat sy haarself moet vra.  Hoekom moet ek alewig tussen hulle geplaas word?

Hoe voel julle daaroor as twee bakleiende mense julle middel in die stryd plaas?

Ek raak de thunder in …