Jy blaai in die argief vir 2008 November.

Luister vandag na …

November 28, 2008 in Sonder kategorie

Voorlesings van Kerneels, Mam  Parra, Ongelowige Thomas, Francois B, Viswyf, Nandi, Dorina en Tronkie van Litnet Blogs

Voorlesing van ‘n gedig van Dries Hattingh van www.roekeloos.co.za

Musiek van Johan van der Westuizen.

Nuwe kleure in haarkleur ontdek!

November 25, 2008 in Sonder kategorie

Om vandag mens se hare te laat kleur is werklik ‘n duur operasie en dit is hoekom ek die afgelope paar jaar dit sommer self doen.  En in my DIY haarkleur ekspedisies het ek vier nuwe kleure ontdek.  Opwindende kleure.  Mens kan soveel daarmee doen … maar wag ek vertel julle meer.

Die eerste DIY kleur wat ek ontdek het was toe ek nog ‘n jollerige student was op Technikon.  Ek het ‘n volle vier maande geswot :-).  En toe het my pa besluit dis beter dat ek eerder gaan werk as wat ek my jollerige talente verder ontgin en tot volle glorie laat blom.  Toe gaan nurse ek maar.

My eerste haarkleurontdekking – Poerpers  (Poer in my m… en pers)

Nou ja, in daardie tyd was haarkleur eintlik bedoel vir die los meisies – dit is nou my ouers se menings gewees.  Jy moes tevrede wees met die muisvaal kleur wat hulle vir jou spesiaal ingebou het in jou DNA poel.  Maar ek was mos maar altyd rebels en besluit toe eendag ek moet my muisvaal verander in ‘n Mahogany bruin.

Koop toe maar die gedoente en wend dit kwistig aan.  Maar o my genade.  Die kleur wat mirakulislie op my kop verskyn is so ver verwyder van dit op die prentjie, dat dit my amper asemloos gelaat het.  Dit was so swart met ‘n perserige skynsel.  En toe ek die botteltjies mooi van naderby beskou, toe moes ek nou agterkom dat daar ‘n verpakkingsfoutjie was.  Ipv Mahogany in die Mahogany boksie, was daar Blue Berry Black in. 

Okay, okay … dit was nou nie helemal so pers nie, maar met my ouers se geskokte uitroepe en misnoeë uitsprake, kon dit net sowel gewees het!

My tweede haarkleurontdekking – Wynrooi  (Vir die wyn wat daarmee gepaard gegaan het)

Ek het vir ‘n lang ruk toe nou maar nie weer die hare gekleur nie, tot eendag so ‘n paar jaar gelede toe die eerste gryshaar sy harkoppige verkyning gemaak het.  Toe sit ek maar weer af na die winkel en koop vir my weer haarkleur.  Hierdie keer bekyk ek die sake mooi om seker te maak dat die regte kleur in die boksie is.

Bel my vriendin om my by te staan en die haarkleur ekspidisie begin.  Hierdie keer het ek besluit op ‘n Copper iets van die aard.  En om die okkasie te vier, het ons ook sommer so ‘n ou boksie wyn aangeskaf, net om die senuwees te kalmeer.

Die haarkleur word opgesit en die gewag begin.  Menende nou dat dit die eerste keer is (in ‘n lang tyd) dat ek my hare kleur, moet ek dit maar so ‘n ou rukkie langer aanlos, net om seker te maak.  En intussen vloei die wyn daar uit die boksie, na die glasie, na die mondjie en na die koppie en meng met die haarkleurkonkoksie op die kop en na 40 minute in plaas van 25, was die resultaat toe ….  rooi!  En nie sommer enige rooi nie.  Nee, ‘n skokkende rooi wat goed kan vergelyk met sinjaalrooi, vir die wat die kleur ken. 

Ek dink amper die ou nar lyk hier beter as wat ek gelyk het.  En dit het ‘n paar “dye” sessies geneem om reg te stel.

My derde haarkleurontdekking – Narpruikoranje (Ek hoef nie te verduidelik nie …)

So met die gekleurdery kom daar mos so nou en dan ‘n blink gedagte in die kop.  En ek reken toe.  Elke keer as ek my hare kleur, dan word die hare mos nou donkerder.  Dit is tyd om die oortollige kleur eers bietjie uit te kry voor ek weer kleur.  Want sien, ek is mos nou lus vir ‘n meer gewaagde kleur.  En die kleur gaan net reg uitkom as ek eers my hare ‘n skakering of twee ligter kry.

Koop toe ‘n “lightening” kit.  Nie lightening soos in bliksemstrale (alhoewel dit meer gepas sou wees) nie, maar om die hare ligter te maak.  Peroksied de werke.

Soos gewoonlik, en eie aan my haastige natuur, lees ek nie die instruksies nie en wend daardie goed netjies “from root to tip.”  Terwyl (sou ek nou na die katastrofe agterkom deur die aanwysings te lees) dit eintlik “tip to root” moes gewees het.

Die effek was eintlik nogals heel oorspronklik net jammer dit was oranje.  Wit by die haarwortels en soos dit afbeweeg na die punte na geel ….. na donkerder geel …. na oranje …. na narpruikoranje.

En na drie kleursels verder, was dit net narpruikoranje, sonder die steppies van wit na ….

Ek het natuurlik gisteraand Tekwêla Bruin ontdek.  Baie dieselfde as die wynrooi maar met die verskil dat ek vergeet het van tyd na die vierde Tekwêlatjie en die bruin wat moes wees, toe nou eintlik amper swart uitgekom het.

Dalk moet ek nou die hare wegsteek onder ‘n strik soos die model ….

Maar ek troos myself daaraan dat my hare lekker sag is, want daar is net geen conditioner soos die conditioner wat jy in ‘n haarkleurboksie kry nie.  En die feit dat donker hare mens altyd so tien jaar ouer laat lyk, sal ek gerieflikheidshalwe vergeet ….

Luister vandag na …

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Skrywes van Willemien, Droomkind, A S.Kamer, Eenvoud weggesluit en Mam Parra!

Toy Run …

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Vanoggend is ek en Lifiki oppad na ‘n klein vakansie-oordjie hier naby Orkney en so tussen nêrens en êrens is daar mos ‘n robot.  Daar gekom, is die bikers net besig om daar te kruis.  Motorfiets op motorfiets, elkeen met ‘n speelding iewers vasgemaak, oppad om ‘n hele paar kinders se hartjies warm te laat klop.

En ek besef daar en dan dat die mens – “contrary to popular belief” – eintlik fundamenteel goed is.  Ek glo dat elkeen van ons, maak nie saak wat ons tekortkominge is nie, binne ‘n goeie hart het.

Dankie vandag vir elke biker wat vandag ‘n bydrae tot die glimlag van ‘n onskuldige kind gemaak het.  Julle is wonderlik!  Mag julle geseënd wees.

Blommetjie gedenk aan my ….

November 22, 2008 in Sonder kategorie

Gister toe ek so uit my venster tuur, toe sien ek ‘n blommerige ding raak 🙂

Kyk hier … nou nie die rose nie (alhoewel hulle pragtig verby is) die wit blommetjies.

Weet julle watse blommetjies dit is?

Is jy Afrikaans + of –

November 21, 2008 in Sonder kategorie

Lank terug maak ek so tong in die kies vasvra ding op gevreetboek en die wyse waarop dit gegroei het, het my wildste verwagtinge oortref.

So as jy wil uitvind of jy Afrikaans + of – is kan jy gerus die vasvra ding gaan invul en vir my kom sê wat jou uitslag was ….

Kliek hier

Vrou op die pavement

November 21, 2008 in Sonder kategorie

Die kafee se neonligte
     kom speel hier teen my muur
En meng met die geluide
     van ‘n klok wat slaan per uur

Die groentesmous op die hoek
     skree luidkeels vir die mense
in geradbraakte taal
     wat breek deur my grense

Die mure druk my vas
     Die geluide maak my seer
en op die pavement is sy
     wat oor vergete onskuld treur

Haar hare weggesteek
     onder pruik van skel plastiek
Tandelose glimlag
     vir die man wat sy wil truuk

Sy stal haar ware uit
     in ‘n sjoe-sjoe eina rok
Wat klante van alle geure
     stroperig na haar toe lok

Vir ‘n kort-kort oomblik
     kan hul vergeet van sorge
En weer verdwyn in die nag
    waar donker, bewyse verborge

Dan gaan staan sy weer
    om vir ‘n nuwe kalant te tuur
En die kafee se neonligte
    kom speel weer teen my muur

Ek sal ook seker een of ander tyd ‘n vraelys moet voltooi …

November 21, 2008 in Sonder kategorie

En hier is hy … Meisie se vraelys

1) Hoe oud sal jy wees in 5 jaar? 46 

2) Saam met wie het jy die vorige twee ure gespandeer vandag? My kind en ekonomiese bestuurswetenskappe

3) Waarna sien jy die meeste uit in die volgende 6 weke? Heerlike stil vakansie met Jan tuisbly se karretjie

5 ) Wie was die laaste persoon wat jy gebel het? My Pa

6) Wat was die laaste sms wat jy ontvang het? 10% afslag by een of ander haarsalon 

7) Verkies jy om te bel of te sms? Definitief bel.  As ek ‘n sms moet tik, dan roep ek my kind 🙂

8) Waarmee was jy besig 12 uur gisteraand? Opname vir gister se uitsending

9) Is jou ouers getroud / geskei? getroud

10) Wanneer was die laaste keer wat jy jou ma gesien het? 2 Weke

11) Wat is die kleur van jou oë? blou

12) Hoe laat het jy opgestaan vanoggend? 8:30

13) Watter kleur onderklere dra jy vandag? Pienk

15) Brand jy of “tan” jy in die son? Brand blase

16) Wat was jou grootste vrees as ‘n kind? Springkane

17) Watter seisoen is jou gunsteling? Lente

18) Wat van die winter seisoen hou jy van? Herfs

19) Waar het jy al orals gebly? Potchefstroom, Johannesburg, Mafikeng (mag ek nooit weer daai plek sien nie) en Klerksdorp

20) Hou jy van Chinese kos? Nee

21) Kan jy poker speel? Nee

22) Ken jy enige een met wie jy jou verjaarsdag deel? Nee

24) Praat jy enige ander tale behalwe Afrikaans en Engels? Nee

25) Verkies jy ‘n Venster of ‘n gang sitplek? Venster

26) Wat is jou huidige “ringtone”? Skaduwee – Juanita du Plessis

27) Snork jy? Ja, maar nie harder as my man nie.

28) Wat is jou grootste vrees? Om ‘n wrede dood te sterf

30) Kou jy jou strooitjies? Ja

31) Was jy ‘n oulike baba? My ma dink so

32) Sing jy in die stort? Ja

33) Enige geheime / of aardige talente? Baie geheime en my man sê ek het snaakse maniertjies

34) Eet jy Sushi? Nee

35) Het jy al die fliek ‘Donnie Darko’? gekyk? Nee

36) Gee jy enigsens om vir die osoon laag? Nee

37) Kan jy die alfabet agterste voor sing? Nee

38) Waar land die ander kous gewoontlik op? In Jouberton

42) Het jy enige byname? Ja

43) Is jy bang vir die donker? Ja

44) Waaraan is jy verslaaf? Sigarette, internet

45) Growwe of gladde grondboontjie botter? Growwe

46) Het jy al in ‘n ambulans gery? Ja

47) Hoeveel keer het jy al jou tande geborsel vandag? Drie keer

48) Het jy al gery loop? Nee

49) Wie se lewe dink jy is beter? ‘n Vis se lewe

50) Speel jy enige musiek instrument speel? Klavier en vandag se dae so ‘n bietjie keyboard

51) Kan jy op ‘n skaatsplank ry? Nee

52) Geniet jy dit om te kamp? NEE!!!!

53) Kan jy die “moonwalk” doen? Nee

54) Dra jy naellak? Ja

55) Is daar iemand waarvan jy nou hou? Ja

56) Wat is die mees irriterendste advertensie vir jou? Daai laggende baba luitone en die gekraakte selfoonskerm

57) Wie is jou gunsteling musiek groep op die oomblik? ABBA 🙂  Liani May

Vir die wat nie die radio kon hoor nie …

November 20, 2008 in Sonder kategorie

Spesiaal vir die mense wat sukkel om die radio te hoor.

Gaan lees hier hoe om dit reg te stel.

Die stasie sal weer vanmiddag om 14:00 aan wees en dan weer vanaand om 20:00.

Luister vandag na …

November 20, 2008 in Sonder kategorie

Perpoks se musiek

Droomkind

Willemien

Pruimtwak

Flentergat

Mense, stuur asb vir my materiaal.  Dit vat my ure om materiaal te soek, en ek is altyd skrikkerig om net te speel wat ek dink is oulik of gepas. 

As julle weet van kunstenaars wat hulle musiek wil laat speel, laat hulle my asseblief kontak.

En dankie vir al die goeie terugvoer, julle kan nie glo wat dit vir my beteken nie!!