Jy blaai in die argief vir 2008 Oktober.

Maryke se skoonheidswenke (4) vir hande

Oktober 31, 2008 in Sonder kategorie

Laat jou hande oornag 10 jaar jonger lyk.

Dit laat my altyd wonder hoekom mense so baie geld spandeer om die gesigte jonger te laat lyk en dan kyk mens na die hande, en dit verklap alles!

Die belangrikste wenk natuurlik is om nie in die tuin te vroetel of skottelgoed te was nie 🙂

Benodigdhede

  1. Suiker – Om jou te herhinder dat, al is die lewe hoe bitter, ‘n soet woordjie altyd die bitterheid verwyder.
  2. Vaseline – Om jou te herhinder dat mense bloei soos blomme na sagte reën, as mens hulle sagkens en vol liefde behandel.
  3. Water – Om jou te herhinder dat elke siel wat dors is, liefde en aandag nodig het.
  4. Katoenhandskoene – Om jou te herhinder dat as mens die lewe met handskoene aanpak, mens nie baie ver sal kom nie
  5. Olyfolie – Om jou te herhinder dat, as die lewe warm word, mens olie (ondersteuning) nodig het, anders gaan mens vasbrand

Metode

Meng 1 teelepel suiker met 2 teelepels vaseline.  Vryf dit oor jou hande soos jy gewoonlik jou hande sou was.  Hou aan vryf tot jou vel so rooierig begin lyk

Spoel onder warm water af.  Droog baie goed af.

Smeer olyfolie aan hande.  Trek die handskoene oor jou hande en gaan slaap.

Gedagte vir die dag …

Oktober 31, 2008 in Sonder kategorie

Geluk en innerlike vrede is die beste
grimering!

Maryke se skoonheidswenke (3) vir die binneste …

Oktober 30, 2008 in Sonder kategorie

Spring op, gooi jou hare terug, klap jouself  op die agterstewe en skree….

“HEL, MAN, EK IS BLERRIE GORGEOUS”


My gedagte vir die dag …

Oktober 30, 2008 in Sonder kategorie

glimlag!!


Al is jy ongelukkig ….

want ‘n blote glimlag aktiveer die geluksentra in jou brein en sit die happymormone aan die werk!

Dankie Huilgenoot!

My emmerlys …

Oktober 30, 2008 in Sonder kategorie

1.  Ek wil eendag rich and famous wees 
2.  Ek wil nog ‘n boek skryf
3.  Ek wil nog op ‘n verhoog voor baie mense staan en my hart uitsing
4.  Ek wil nog op ‘n skip na ‘n eksotiese eiland vaar
5.  Ek wil nog New York toe gaan
6.  Ek sal graag vir Helen Zille wil ontmoet
7.  Sal graag my dogter wil ontmoet
8.  Sal graag my ma wil ontmoet
9.  Vir elkeen van my kinders ‘n besigheid begin
10. Ek sal graag van daai groot museums wil besoek  (Moes dit eintlik laaste gesit het)
11. Wil nog in die bloutrein reis
12. Wil nog Suid-Afrika in sy volheid verken
13. Nou raak dit moeiliker – ‘n paar foute wat ek al gemaak het, probeer regstel
14. ‘n Week lank slaap in ‘n klankdigte kamer
15. ‘n Week lank lees en lees en lees en lees
16. Mense inspireer
17. Daai bestuurskursus by Kyalami doen
18. ‘n Spesifieke mens vergewe
19. ‘n Groot deurbraak in my besigheid maak
20. Weet hoe om Charmaine van 7de laan se hoender bryani te maak.

Ek soek

Oktober 29, 2008 in Sonder kategorie

Ek geniet dit altyd om die “Waar in die wêreld?” rubriek in die Huisgenoot te lees.

Ooops!  Het ek Huisgenoot gesê!!!

En vanaand kom ek op hierdie een af, wat vir my baie interessanter was as die godin van Stefaansie.

Louis Lombaard is opsoek na ‘n vrou wat jare gelede saam met hom op die trein in Suidwes-Afrika gery het.

Sy het op ‘n vroeër stasie afgeklim en vir hom ‘n vinielplaat (wat dit ookal mag wees) gegee en hy het vir haar ‘n pen gegee.

Toe wonder ek so by myself.  Was dit ‘n geval van liefde met eerste oogopslag?  En hoekom het hulle nie adresse uitgeruil of telefoonnommers nie.  Of het hulle en altwee was te skaam om eerste te skryf of the bel?

En hoekom soek hy haar nou na jare weer?  Het hy al die jare vir haar gewag, vir haar gesoek?

En dan hoop die romantikus, wat hier binne my skuil, dat hulle wel bymekaar sal uitkom en dat hulle nie so oud is dat hulle dit nie kan geniet nie!

Maryke se skoonheidswenke (2) gebarste hakke …

Oktober 29, 2008 in Sonder kategorie

Voor jy hardloop en vir jouself ‘n

aanskaf kan jy die volgende doen.

Boereraat

Gooi Omo en water op ‘n growwe sementplek en skuur jou voete daar.

Makliker

Kry ‘n shower pad waar jy jou voetjies skuur terwyl jy jou lyfie skrop.  Droog die voete mooi af en smeer Aquas room oggend en aand aan.

Beste

Kry die shower pad, skuur die voetjies.  Koop ook vir jou Eulactol heel balm.  In die aand sit jy jou voete in ‘n bak louwarm water.  Wanneer die vel lekker sag is, dan droog jy die voet af.  Smeer die heel balm aan.  Trek plastiese sakke oor jou voete en dan van daai dik wit sokkies.  In die oggend smeer jy weer aan.  Binne ‘n japtrap het jy hakskeentjies so sag soos ‘n baba se boudjies.

Allerbeste en maklikste raad …. Maak of dit jou nie pla nie … of dra tekkies en kouse die hele somer.

Maryke se skoonheidwenke!

Oktober 29, 2008 in Sonder kategorie

Vir ‘n “bad hair day”

Gebruik suikerwater om weerbarstige krulle en hare op hulle plek te hou.

Marie Antoinette en duisende middeleuse vrouens kan tog nie verkeerd wees nie!

As daar ‘n skoonheidsietsie is wat jy graag wil weet – en ek guarentee niks – vra gerus.  Ek help graag.

M(o met ‘n kappie op) al die bloggers …

Oktober 29, 2008 in Sonder kategorie

My pa het die manier gehad – eintlik het hy dit nog(steeds) – om as hy ‘n woord ontdek het, dit tot vervelens toe, in ons keelgatte af te wurg!

So was dit dan ook met die uitdrukking “Carpe Diem”.  Vir maande aaneen moes ons hoor dat ons die dag moet aangryp voor die dag ons gryp!

As ‘n jongmens was dit uiters irriterend, want mens is mos moeg in die oggend van al die harde werk.  Dit is mos werk om op te “dress” vir ‘n aand se joligheid en dan nog almal geselsskap te hou, te dans, te kuier ensomeer.

So vanoggend sê ek vir almal hier wat so hard deur die nag hard gewerk het aan hulle blogs – Carpe Diem!!!

Ongelukkig vir my, het die dag my klaar gegryp!

Jitte, vi-urge ek my nou ….

Oktober 28, 2008 in Sonder kategorie

Ek is mos nie ‘n mens wat goedsmoeds sommer geselsies aanknoop in ‘n
supermark nie.  Nee, ek dwaal in die gange rond – want ek het nou nie
‘n inkopielys nie – en ek pak maar is soos wat ek aangaan.  En dan
drentel ek so langsamerhand na die til toe.  Heeltemal versonke in my
eie wêreld.

So kom ek by die til aan en hoor so vaagweg die
tannie voor my se gebrabbel na my kant toe.  Die ene pienk en pers met
sulke lang teardrop oorbelle, klingende armbande en Usher kan by haar
leer oor die hoeveelheid bling wat jy om jou nek kan hang!

“Ekskuus,” sê ek.  “Ek het nie gehoor nie.”

So
haak sy af, (natuurlik ‘n oktaaf hoër en ‘n paar desibels harder)  “Man
ek sê, ek is nou so jammer dat ek nie ‘n kaartjie van Irene’s boetiek
hier het nie.  Hulle het sulke oulike goedjies daar vir die vrouens met
die voller figuur.”

Slaat my om met ‘n veer!  En voor ek die
wyse wag voor my mond kan oproep antwoord ek haar so effe harder. 
“Maar dan moet jy hulle gaan sien sodat jy vir hulle kan leiding vra
oor jou dress sence, want jy lyk soos ‘n christmas tree.”

Sy het
toe daai papegaai opgemaakte ogies van haar ‘n paar keer geknipper, ‘n
paar slukke wind ingeneem en is sonder ‘n verdere woord daaruit.

Die tildame het dit nogals geniet.

“Ja,”
sê sy.  “Dis goed jy het haar op haar plek gesit.  Sy los nooit iemand
uit nie.  As dit nie die clients is nie, dan is dit ons.”