Min van ons maak regtig n verskil. Vandag was ek by die gedenkdiens van een van die min. Jack Rubin se memorial service by Beyond the Moon in Hoekwil.
Jack was n melkboer, kaasmaker, filantroop, humanis en vrydenker. Meeste van alles was Jack geheel en al sonder enige vooroordeel. Die honderde en honderde mense vandag het een ding in gemeen. Nee twee, liefde en repek vir Jack.
Vandag dink ek ook aan die mense wat so n invloed op my gehad het. My Pa en my Ouma.
Ook iemand soos Betty Mansfield. Weird, wild, wonderful Betty. n Kommunis saam met Jack en Joe Slovo in die veertiger jare, n humanis hulle lewe lank.
Hierdie boeremeisie is gelukkig om twee Joodse vriende soos Jack en Betty te geken het.
Baie gelukkig.
Onlangse kommentare