Eerste en laaste uitnodiging wat ek ooit aan Exionperfexi sal rig

Maart 14, 2013 in Uncategorized

Kom stel bietjie jou oortuigende onweerlegbare heilig geinspireerde standpunte op ons Facebook bladsy.

 

http://www.facebook.com/#!/groups/ateisafrikaans/

16 antwoorde op Eerste en laaste uitnodiging wat ek ooit aan Exionperfexi sal rig

  1. Ek hou nou nie juis asem op dat hy sy standpunt daar sal stel nie, maar sal nietemin uitkyk daarvoor. Moet sê, ek’s aangenaam verras dat hy al die kommentare (sover ek weet) daar by hom goedgekeur het en sedertdien nog nie weer eniges (sover ek weet) geskrap het nie.

  2. Baie dankie, maar nee dankie.

    Ek verstaan ook glad nie hierdie uitnodiging nie

    Ek haal aan :

    mariacallas007 het gesê op Maart 13, 2013

    ” Exi, ek kan jou verseker dat ons (Johan, ek en Dawkins) nie saam met jou in die paradys wil wees nie. Dit sal hel wees. ”

    en my antwoord :

    exionperfexi het gesê op Maart 13, 2013

    ” ek is ook ‘n fanatiese voorstaander van vrye assosiasie ”

    ( Julle sal dus maar sonder my direkte toedoen tot bekering moet kom )

  3. Godsdiens en politiek lok alewig hewige debatte uit

  4. kopkrapper het gesê op Maart 14, 2013

    @wesnwew : plaas jou eie facebookskakels in die vervolg op jou eie blog as jy lus is – ek is mos regtig nie in die minste jou of julle bemarkingsagent nie ?

    onaagetekende exionperfexi = kopkrapper

  5. vega het gesê op Maart 14, 2013

    Ek het na die rsg potgooi gaan luister. Ek moet sê dit was moeilik om die vloekende, disrespekvolle trol van LitNet so rustig en besodig te hoor prot oor die rodio. Die Christene wat ingebel het, was embarrassing. Wat teleurstellend was, is dat Johan die ou afgesaagde argumente gebruik het van Lot en Abram se storie. Hy sê dis barbaars, maar ‘n rukkie later erken hy dat die mense wat in die Bybel se tyd gelewe het net ‘n trappie of twee bo Sjimpansees is. Nou wat verwag hy van mense wat 6000 jaar tot 2000 jaar gelede gelewe het? Anyway, die debat tussen gelowiges en ateiste sal nooit ‘n konklusie hê nie.

  6. kopkrapper het gesê op Maart 15, 2013

    ja Maria, maar onthou, die Bybel is die Woord van God wat geskryf is vir mense om te lees . . .en steeds, tot vandag toe nog, kry die ‘kroon’ van Sy skepping dit soms reg om Geesteloos onakkute resensies van Die Boek uit te dink en uit te spreek .

  7. My ervaring is die goed werk soos ‘n pendulum. As jy die gewig losmaak bo by godsdiens dan swaai hy anderkant toe na ateisme toe tot hy uiteindelik tot stilstand kom by geloof, onder in die middel. Geloof vir my beteken wanneer jy by jouself kan verby kyk en die groter prent kan raak sien.

  8. Sien dis die tipe sotlikheid van mense soos Vega wat die rede is hoekom ateïste begin vloek.
    Sy hak vas by die woordjie troll, wat sy duidelik nie verstaan nie en uit haar god-benewelde brein net eintlik net ‘n vloek uis na enigiemand wat nie met haar saamstem nie en wie se feite sy nie kan weerlê nie. Die tipe van godedienaar onderwyseres wat haar klas onder beheer hou met boelietegnieke en vernedering.
    Kyk maar geus hoe sy my woorde verdraai (lieg – en is daar nie gebod daarteen nie?). Bedrog is seker ‘n beter word, want sy verdraai my woorde om haar argument te pas. Ek het nie gesê, mense in Bybelse tye was twee stappe verwyder van Sjimpansees nie, ek het gesê mense is. Punt. Die twee stappe is metafories terloops. Daarom is die Bybel presies die boek wat mens verwag van ‘n geweldadige bygelowige spesie wat nog uit sy eie agterlike moraliteit prober kruip. Die ideale boek vir dom mense soos Vega.
    Hoe ironies dat sy die Bybel verdedig deur te impliseer dat dit ‘n primitiewe boek is…
    Vega moet maar begin deur argumente te weerspreek en nie afgesaag te noem omdat se te bang en dom is om dit te weerlê nie.

  9. celia het gesê op Maart 15, 2013

    Hallo Dar, hoe gaan dit nog met jou? xxx (Ek het nou ‘n ander manier gevind om Superbru te speel en ek doen heelwat beter 🙂 )

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.