Dis so maklik…

Januarie 17, 2013 in Uncategorized

Blikskottel het die oplossing vir AL ons land se probleme;

Verdeel die land en kry klaar. Niks is maklik nie, maar as die keuse is tussen die dood en ‘n moeilike oplossing wat lewe verseker, dan kan jy die dood kies, ek sal nooit.

Natuurlik moet die verdeling billik wees. So die ongeveer 6% van ons bevolking wat wit is moet natuurlik 6% van die land kry. Watter 6% Blikskottel? Is Kaapstad en omtrekke dalk ongeveer 6%? Maar ek bly in George en my besigheid is hier. Gaan moeilik wees om weer van voor af in Kaapstad te begin. Wat van die Kleurling mense wat nou al 10 geslagte in Kaapstad woon? Wat as hulle nie lus het om te waai na die verdeling nie. Gaan die 6% witmense hulle met bakkies wegry? Waarheen? Het hulle n keuse uit die res van die 94% of gaan 8% van die land iewers vir hulle gegee word. Miskien die groter Pretoria. En die swart mense wat nog altyd in die Tswane area gebly het? Moet die Kleurlinge die witmense se bakkies leen om hulle weg te ry?

Durban is seker te groot vir die 3% Indiërs. Kry hulle Umhlanga Rocks? Moet die Oppenheimers nou hulle huis verkoop of kry die Indiërs dit “op die huis”?

Natuurlik nadat die verdeling plaasgevind het sal stappe geneem moet word om infiltrasie te verhoed. n Vyftig meter hoë muur rondom Kaapstad? maar wat as iemand van die ander deel van die land dalk n helikopter het? Of as iemand dalk n tonnel grawe. Die wind kan dalk iemand in n paraglider oorwaai.

Blikskottel sê niks is maklik nie. Ek wonder.

6 antwoorde op Dis so maklik…

  1. Ek (ons) deps die Transkei en die Ciskei …ek weet dis bietjie meer as 6% van die reenboog se spasie , maar ons gaan so ‘n vinnige bevolkingsgoei daar beleef dat daardie gebied gou gou te klein gaan wees . En almal wat nou daar bly en werk kan steeds. Sekere eiesoortige regte soos bv. eiendomsreg en stemreg en bestuursreg sal , soos dit oral elders internasionaal geld, egter ekslusief toegepas word. Hoekom dink enigiemand dat dit SO moeilik gaan wees ? 🙂

  2. Ek dog die land is lankal verdeel, of is Orania net ‘n verbeeldingsvlug?

  3. Ai, kon ons nie maar almal een kleur gewees het nie. Die rassekwessies kry my onder!

  4. Huidige getalle het niks met die saak as sulks te doen nie. Histories het blankes aanspraak op groot dele van die land en dis ‘n feit. Natuurlik moet regverdigheid seevier, maar dit kan juis nie solank mense nie histories feite in ag neem nie. Glo my as jy moet kies tussen die dood en jou eie land, sal jy altyd jou eie land verkies. Natuurlik kry mens idiote, domkoppe en bindes wat eerder die dood sou kies ook….iets wat ek nie anders kan as om te besef as ek mense se kommentare so lees op baie FB bladsye, koerante ens nie….maar jy is mos wys, gellerd en so jy sal nie dit kies nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.