Volg jou droom…..of dalk liewer nie…

Januarie 7, 2013 in Uncategorized

Gister het RSG tot almal se vermaak Florence Foster Jenkins se opname van “Die Koninging van die Nag” uit Mozart se Towerfluit gespeel.

Vir die wat nie weet nie, Florence (1868-1944) was n amateur sopraan wat hoegenaamd gladnie kon sing nie. Nadat haar ouers oorlede is en sy skatryk ge-erf het het sy onverpoosd haar sangloopbaan voortgesit in New York en ten spyte van geen sangtalent gewild geraak weens die ooglopende vermaaklikheidswaarde wat haar vertonings verskaf het. Florence self, ongeaffekteer deur gehore wat rol van die lag het haarself positief vergelyk met die grootste soprane van die dag. Haar motto was: “People may say I can’t sing, but no one can ever say I didn’t sing.”

Op ouderdom 76 het publieke verwagting tot gevolg gehad dat haar laaste vertoning in Carnegie Hall weke vooruit uitverkoop was. Verskeie toneelstukke   is al oor Florence gemaak. Judy Kaye wat Florence op Broadway gespeel het het die volgende opgemerk: “It’s hard work to sing badly well. You can sing badly for a while, but you’ll hurt yourself doing it for long.”

Florence Foster Jenkins: Geen talent maar n legende in haar eie leeftyd en daarna!

Luister gerus op youtube na Florence se Koninging van die Nag. Dis n goeie giggel werd.

3 antwoorde op Volg jou droom…..of dalk liewer nie…

  1. sy moes wragtag skatryk wees en megadollers betaal vir enige platemaatskappy om haar opnames te maak. Het genadiglik nog nooit van haar gehoor nie en sal haar in di etoekoms deeglik vermy.
    Koningin van die nag vermoor helder oor dag!!!!

  2. annieka het gesê op Januarie 8, 2013

    Ek het dit gehoor. Volgens die omroeper sou hierde weergawe Mozart in sy graf laat omdraai het. Dankie vir die inligting oor haar, ek het dit baie interessant gevind.

  3. Hehehe. I like the background!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.