Daar is min

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Min van ons maak regtig n verskil. Vandag was ek by die gedenkdiens van een van die min. Jack Rubin se memorial service by Beyond the Moon in Hoekwil.

 

Jack was n melkboer, kaasmaker, filantroop, humanis en vrydenker. Meeste van alles was Jack geheel en al sonder enige vooroordeel. Die honderde en honderde mense vandag het een ding in gemeen. Nee twee, liefde en repek vir Jack.

 

Vandag dink ek ook aan die mense wat so n invloed op my gehad het. My Pa en my Ouma.

 

Ook iemand soos Betty Mansfield. Weird, wild, wonderful Betty. n Kommunis saam met Jack en Joe Slovo in die veertiger jare, n humanis hulle lewe lank.

 

Hierdie boeremeisie is gelukkig om twee Joodse vriende soos Jack en Betty te geken het.

 

Baie gelukkig.

8 antwoorde op Daar is min

  1. vega het gesê op Oktober 23, 2012

    Ken Beyond the Moon en Hoekwil, ongelukkig nie vir Jack Rubin nie.

  2. vega het gesê op Oktober 23, 2012

    Ek wonder oor jou eerste sin. Miskien maak min van ons nie regtig ‘n verskil nie.

  3. Ja, ons maak nie.

  4. Ek verskil, enige verskil maak ‘n verskil. As jy iemand se lewe verbeter het op ‘n manier tel dit, al is dit klein.

  5. celia het gesê op Oktober 23, 2012

    Jammer vir jou verlies, soms is woorde te veel en soms is dit nie genoeg nie.

  6. “Strong people don’t put others down…. They lift them up.” Hulle klink vir my na sulke mense.

  7. Gert het gesê op Desember 20, 2012

    Wat ‘n cool agtergrond – die bree en die nou weg. Skitterend.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.