Dis hoe dit is….Steve

Oktober 2, 2012 in Sonder kategorie

http://blogs.litnet.co.za/Ilikesilly/dis-nogals-treffend

Steve Hofmeyer beweer dat die Afrikaners na die Anglo Boereoorlog die mees onderdrukte nasie in die geskiedenis van die mensdom was.

Sjoe.

n Paar vragies vir Steve, net so ter vergelyking:

1. Was die Afrikaners ontneem van stemreg in hulle eie land.

2. Was die Afrikaners in aparte skole gedruk met minderwaardige onderrig en omtrent geen opvoedkundige hulpmiddels.

3. Was die Afrikaners verbied om eiendom (grond) te besit in 87% van Suid Afrika.

4. Was die Afrikaners verbied om geskoolde of semi geskoolde arbeid te verrig.

5. Was die Afrikaners verbied om na sekere universiteite toe te gaan.

6. Was die Afrikaners verplig om n pasboek te dra en  was hulle beweging beperk tot net sekere streke van Suid Afrika ooreenkomstig die stempel in hulle pasboek.

7. Moes Afrikaner mans hulle gesinne in n tuisland los as hulle by myne gaan werk.

8. Was Afrikaners toegang geweier tot restaurante, hotelle, flieks en sportstadia.

9. Was Afrikaners verhoed om te trou met wie hulle wil gebasseer op hulle velkleur.

10. Mag Afrikaners nie Springbokkleure vir sport ontvang het nie. n Leidraad op hierdie vraag….dink Paul Roos Springbokkaptein 1906.

Hierdie is net n paar vrae Steve. Daar is baie meer. So vyf dekades meer.

Ek sien uit na jou weldeurdagte antwoorde…..pampoen. Of is dit nou Kurt Darren. Hulle lyk mos almal dieselfde.

Geen vraagtekens. Die vrae is retories Steve.

20 antwoorde op Dis hoe dit is….Steve

  1. Ek het regtig nie besef die vent sal nou nog selfs laer moet daal om jou ope brief op jou blog hier op litnet te kom lees nie ?

  2. So laag soos jy.

  3. Adage10 het gesê op Oktober 2, 2012

    In die geskiedenis van die mensdom?
    Huh?

  4. Wel eintlik het hy gesê ons land maar ek het net sy voorbeeld van parabool gevolg.

  5. dit lyk weer of jy die punt gaan mis – ek is veel laer as hy – jou opebrief word net gelees deur ‘n paar litnetbloggers wat nog soms hier rondhang – stuur eerder jou briefie vir hom via sy epos wat op sy webspasie aangedui word .

  6. Anha1972 het gesê op Oktober 2, 2012

    Dis dieselfde donnerse mense wat tjank oor die lot van “ons mense” wat in die sogenaamde wit plakkerskampe aanteel. Nie een rep ‘n woord oor die feit dat in elke foto wat destyds in die Beeld was sit ‘n “ons mens” met ‘n fag in die bek en die vroues peul uit hulle klere. Dit wil blyk dat selfs “arm” slegs simpatie en erkenning wek as dit wit mense is. Onderdruk? Jissis ek glo nie wat ek lees nie.

  7. TS het gesê op Oktober 2, 2012

    Ek hoor wat jy sê… aan die ander kant is al die vrae ook op die Engelse van toepassing. Ek sal baie graag Steve se reaksie wou sien. Tog sal hy nie hier lees nie.

  8. Anha1972 het gesê op Oktober 2, 2012

    Waas jou boyfriend Johan?

  9. Stem beslis nie saam met Steve nie. Hy praat deur sy nek.

  10. Johan drink koffie by Basic. Gaan sê gerus hallo.

  11. Anha1972 het gesê op Oktober 2, 2012

    Hy’s net Sondae daar. Dan het ek altyd ‘n spasma in my nek soos ek ander pad kyk as ek daar verby loop.

  12. Jou loss dan.

  13. Anha1972 het gesê op Oktober 2, 2012

    Jou krummels.

  14. sirpsa het gesê op Oktober 2, 2012

    Egosentries. DIS hoe dit is met ou Steve en die uitverkore Afrikanervolk.

  15. wesnwew het gesê op Oktober 2, 2012

    daar slaan jy nou die spyker op sy kop

  16. wesnwew het gesê op Oktober 2, 2012

    moet dit altyd ‘n kompetisie wees?
    daar is miljoene mense in die wereld wat arm is en miljoene wat ryk is en dan is daar miljoene wat sukkel (en dit het niks met geld uit te waai nie) absoluut fokol met volk of ras te doen…
    in my opinie is dit ‘n mentaliteit (soos aspris se ‘n uitverkore volk mentaliteit)
    dalk het ons almal te veel agter elke man gekyk nou wonder ons saam met ou stienie hoekom moet ons so suffer

  17. MarynaM het gesê op Oktober 2, 2012

    Jy weet mos hoe dit is….? Die blou bul…rol hom nie… die mielie nie…

  18. postatdo het gesê op Oktober 3, 2012

    stevie no-wonder

  19. of wil jy graag hoor hoe ek of enige ander blogger hier jou ‘retoriese’ vrae beantwoord ?

    die vrae is nie retories nie, dis eenogig en bevooroordeeld .

  20. ‘n Slagoffermentaliteit het nog nooit enige voordeel vir iemand gehad nie..inteendeel dit verswak ‘n mens tot ‘n bondeltjiepateet!Steve se kop raas behoorlik.Soek net aandag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.