Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

Daar is min

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Min van ons maak regtig n verskil. Vandag was ek by die gedenkdiens van een van die min. Jack Rubin se memorial service by Beyond the Moon in Hoekwil.

 

Jack was n melkboer, kaasmaker, filantroop, humanis en vrydenker. Meeste van alles was Jack geheel en al sonder enige vooroordeel. Die honderde en honderde mense vandag het een ding in gemeen. Nee twee, liefde en repek vir Jack.

 

Vandag dink ek ook aan die mense wat so n invloed op my gehad het. My Pa en my Ouma.

 

Ook iemand soos Betty Mansfield. Weird, wild, wonderful Betty. n Kommunis saam met Jack en Joe Slovo in die veertiger jare, n humanis hulle lewe lank.

 

Hierdie boeremeisie is gelukkig om twee Joodse vriende soos Jack en Betty te geken het.

 

Baie gelukkig.

Whose life is it anyway?

Oktober 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gisteraand per toeval n oulike fliek raak gekyk: Citizen Ruth. Ruth is n gomsnuiwende washout fokop wat al reeds 3 kinders aan die welsyn moes oorhandig. Sy is nou weer swanger en beland midde in n media geveg tussen die pro-lifers en die pro choicers. Laasgenoemde twee groepe word natuurlik uitgebeeld as die karikature wat hulle inderdaad is.

Na n gerieflike miskraam flous Ruth almal en verdwyn met die omkoopgeld om of n nuwe blaadjie om te slaan of nog brake fluid te koop. Die fliek is n laugh a minute.


Dis hoe dit is….Steve

Oktober 2, 2012 in Sonder kategorie

http://blogs.litnet.co.za/Ilikesilly/dis-nogals-treffend

Steve Hofmeyer beweer dat die Afrikaners na die Anglo Boereoorlog die mees onderdrukte nasie in die geskiedenis van die mensdom was.

Sjoe.

n Paar vragies vir Steve, net so ter vergelyking:

1. Was die Afrikaners ontneem van stemreg in hulle eie land.

2. Was die Afrikaners in aparte skole gedruk met minderwaardige onderrig en omtrent geen opvoedkundige hulpmiddels.

3. Was die Afrikaners verbied om eiendom (grond) te besit in 87% van Suid Afrika.

4. Was die Afrikaners verbied om geskoolde of semi geskoolde arbeid te verrig.

5. Was die Afrikaners verbied om na sekere universiteite toe te gaan.

6. Was die Afrikaners verplig om n pasboek te dra en  was hulle beweging beperk tot net sekere streke van Suid Afrika ooreenkomstig die stempel in hulle pasboek.

7. Moes Afrikaner mans hulle gesinne in n tuisland los as hulle by myne gaan werk.

8. Was Afrikaners toegang geweier tot restaurante, hotelle, flieks en sportstadia.

9. Was Afrikaners verhoed om te trou met wie hulle wil gebasseer op hulle velkleur.

10. Mag Afrikaners nie Springbokkleure vir sport ontvang het nie. n Leidraad op hierdie vraag….dink Paul Roos Springbokkaptein 1906.

Hierdie is net n paar vrae Steve. Daar is baie meer. So vyf dekades meer.

Ek sien uit na jou weldeurdagte antwoorde…..pampoen. Of is dit nou Kurt Darren. Hulle lyk mos almal dieselfde.

Geen vraagtekens. Die vrae is retories Steve.