Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Top Dog

Augustus 29, 2012 in Sonder kategorie

The Proteas are the number one cricket team in the world in test cricket, limited overs cricket and the Twenty Twenty format!!!

It does not get much better than this. WELL DONE BOYS!


Lojaliteit

Augustus 15, 2012 in Sonder kategorie

Op die vooraand van een van die belangrikste krieket toetse nog, is Engeland se superster Kevin Pietersen gewikkel in n sage wat sekerlik net beskryf kan word as belaglik. Vir diegene wat weier om enige sportnuuus te lees, Pietersen het gedurende die Leeds toets sms’e na sekere Suid Afrikaanse spelers gestuur waarin hy na bewering neerhalende opmerkings oor die Engelse kaptein Andrew Strauss en die afrigter Andy Flower gemaak het.

Hierdie pos bevraagteken nie Pietersen se lojaliteit nie. Die was daar nog nooit soos duidelik blyk uit die gemak waarmee hy sy rug op die Proteas gedraai het en sy oordadige emosie met sy eerste honderdtal teen sy geboorteland etlike jare terug.

Ek is teleurgesteld in die Protea spelers en/of bestuur wat dit goedgedink het om die teks boodskappe uit te lap aan die pers. Pietersen het die boodskappe aan sy “vriende” gestuur. Die Proteas moes wel deeglik geweet het wat se opskudding hierdie nuus sou veroorsaak. Op die beste sou dit Pietersen en die Engelse moraal sleg geaffekteer het en op die slegste (soos nou gebeur het) is Engeland sonder hulle beste kolwer en Pietersen dalk sonder n loopbaan in krieket verder.

Ons wil almal graag hê dat die Proteas die Lords toets wen of ten minste n onbeslisde uitslag afdwing sodat Suid Afrika die nommer een plek kan beklee op die toets ranglys. Maar sekerlik wil mens jouself toets teen die beste wat die opposisie het om te bied i e n Engelse span wat Pietersen op vorm insluit.

Indien die Protea spelers/bestuur doelbewus die inligting gelek het is dit laag en gemeen en uiters onsportief. Aan die positiewe kant, indien Pietersen Andrew Strauss n doos genoem het is dit nogal snaaks.

Kom ons hoop dat van more af alle krieketliefhebbers n toets van formaat kan dophou tussen die beste spelers in die wêreld op die oomblik.

Wiedefok was die klikbek?

The definition of cricket: For Jade and Pronk

Augustus 3, 2012 in Sonder kategorie

“You have two sides, one out in the field, and one in. Each man that’s in the side that’s in goes out, and when he’s out he comes in and the next man goes in until he’s out. When they are all out, the side that’s out comes in and the side that’s been in goes out and tries to get those coming in out. Sometimes you get men still in and not out. When a man goes out to go in, the men who are out try to get him out, and when he is out he goes in and the next man in goes out and goes in. There are two men called umpires who stay out all the time and who decide when the men who are in are out. When both sides have been in and all the men are out, and both sides have been out twice after all the men have been in, including those who are not out, that is the end of the game.” *

Hope it’s all perfectly clear now.

* This is so old I have no idea who to credit.

Alweer n naweek van fun en games

Augustus 3, 2012 in Sonder kategorie

n Redelike goeie begin vir die Proteas op Headingly voorspel (as die Engelse weer dit toelaat) n spannende paar dae van toetskrieket. Die held van Headingly was ongetwyfeld Alviro Petersen met n fantastiese honderdtal. Hy is steeds voor die penne en sal vandag probeer voortbou op n baie goeie beurt.

Hashim Amla is ongelukkig uitgehardloop deur die einste Alviro wie darem meer as vergoed het vir die effense blaps. Jammer AB het sy 50 gemis deur n swak hou op sy penne te speel. Jaques Rudolph het 5 jaar vir Yorkshire gespeel so hy behoort die Headingly blad onder die knie te hê. Ons hoop hy speel n groot beurt met Duminy en Philander wat ook kan bydra met die kolf. Enigiets bo 350 behoort n kompeterende telling te wees.

Saterdag oggend sal ons almal hoop die Sharks vermag die amper onmoontlike en tussendeur sorg die Olimpiese Spele vir vermaak en n uitstalling van pragtige lywe veral in die duik departement. n Naweek om na uit te sien met die kersie op die koek die langnaweek wat wag!

Wie sou dit nou kon dink!!!

Augustus 2, 2012 in Sonder kategorie

EN: Die Proteas is al weer besig om Engeland op te fok. Cook het n sitter in die glippe gedrop en Petersen het nou al sy half century. Graeme Smith is gevang op n dead ball en hy is nou op 24. Hahahahaha

Die Hindus is dalk amper reg

Augustus 1, 2012 in Sonder kategorie

Meeste gelowe glo in n onsterflike siel. Ek weet nie wat n siel is nie. Die ironie is dat dit eintlik die liggaam is wat onsterflik is.

Ek onthou nie veel van standard 10 wetenskap nie. Maar wat ek onthou is dat alle materie bestaan uit koolstof en waterstof molekules. Materie kan nie vergaan of verdwyn nie, net verplaas word. Ons liggame na dood word dus weer deel van die groter prentjie en daardie molekules wat so verplaas is kan verbind met ander en ja…ons kan dus terugkom as n plant of n mier of n koei. (sommige mag argumenteer dat die koei reinkarnasie reeds plaasgevind het).

Doodgaan bly maar n goor ding.