Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

Die Kaap…is leeg…sonder jou….

Julie 28, 2012 in Sonder kategorie

HAHAHAHAHAHAHAAHAHAHAHAHAAHAHAHAHAHA….jammer maar geen Bulle ondersteuner kan hierdie oomblik van Schadenfreude laat verbygaan nie!

 

Die Sport blogs waar ek myself die afgelope vier jaar bevind het is daarmee heen met die ongelukkige skuif na WP. So….

 

For Couch Critic, Sheriffff, Ovalball and REM: Enjoy the evening guys! Go big, like your team. Don’t worry Sheriffff, the hangover tomorrow will be worth it. Last but not least: Count Nicolas Alexander Andreiovich Czardas.

 

To Met Uysh, Hanjo, Powachair and Pauljay. Hard cheese chaps. (hiehiehie)

 

Spectre: WHAHAHAHAHAHA…hope the imaginary lap dancers in your imaginary private suite made up for the imaginary victory.

 

Wallatwat aka WallabokkevinDbundykiwi: Uhm…the flagship of SA rugby once again (11 years in a row) became the Titanic. 

A post for Post as she then was

Julie 27, 2012 in Sonder kategorie

LET THE GAMES BEGIN…..

Die Rassiste op Litnet

Julie 26, 2012 in Sonder kategorie

Blikskottel is van mening “Mandela en sy maters” moes die galgtou gekry het.

Faansie wonder waar Mandela sy “miljoene” gekry het.

Papeslaai beeld die tradisionele Stormers ondersteuners uit as bobbejane.

Ek verstaan nie Einstein se relatiwiteits teorie nie. Ek verstaan nie die relevansie van die Higgs-boson partikel nie. Ek verstaan minste van alles rassisme.

Liewe Hesus is lief vir die Proteas!

Julie 24, 2012 in Sonder kategorie

Prys die Heer! Na my redelike moedelose pos verlede Donderdag in die doodsknikke van dag een van die Oval toets het die Here net weer vir my gewys wat se ongelowige Thomas ek is.

Gebede word verhoor. Op dag een het die Protea boulers gesukkel en Alastair Cook het ons spelers lelik geboelie. Donderdagnag het die volk soos een op hulle kniee gegaan en om hulp gesmeek. Voila!. Toe gebeur die wonderwerk!

Suid Afrika het net 4 kolwers nodig gehad om 637 lopies op te stapel. (En een van die 4 is uit vir 0). Die anti-chris in Engeland moes twintig kolwers gebruik en was nog steeds 12 lopies in debiet toe Imran Tahir James Anderson se groottoon raak geboul het om die Engelse tweede beurt in absolute vernedering tot n einde te bring.

Die Almagtige het Sy uitverkore volk weer laat geskiedenis maak. Inteendeel hierdie grootse oorwinning laat Bloedrivier lyk na n laerskool onder 13B wedstryd. Suid Afrika kon nog nooit n toets op die Oval wen nie. Hoe is die bordjies nie verhang nie. n Beurt oorwinning is altyd n vernedering, maar om dit te doen met slegs twee paaltjies plat is adding insult to injury.

Die hanskakie Andrew Strauss se skaapagtige onderhoud met Michael Atherton het boekdele gespreek. Duidelik is daar geen liefde verlore tussen die eertydse kaptein en die huidige man in die saal nie. Atherton het hom verlustig om Strauss verder te verneder. Nie dat veel nodig was nie. Mens wonder hoe op aarde gaan die wêreld se nommer een toetsspan terugkom van so n n loesing.

Graeme Smith, ons eie captain man boobs was grasieus en nederig. Net soos Die Woord verwag van Sy onderdane. Graeme het krediet gegee aan die Protea boulers alhoewel Amla se 311 eintlik die kollig gesteel het. Sonder n behoorlike boulaanval kan 20 paaltjies nie kantel nie.

Nou moet ons 10 dae wag vir Headingly. Fok. Hopelik kan die Sharks die tandelose sodomiete van die Kaap Saterdag bekerloos hou (dis deel van die Meesterplan), net om die wagtyd vir die tweede toets meer interessant te maak.

Behou die geloof sportliefhebbers. Die hoop beskaam nie soos die Goeie Woord uitwys.

Vir Johan

Julie 21, 2012 in Sonder kategorie

Met erkenning aan Litnet se “digters”

 

 

met traan en swanesang

die Bulle is nou bang

rooi ridders speel vir God

vyand word opgefok

 

o wee my ouma almelee

wie gaan ons oorwinning gee

engele in wit met bal en kolf

die anglo anti-chris n wolf

 

ons verlosser het n drywer

die tier ook n veelwywer

waar is ons hemel vandag

wie gaan wie verkrag

Vir die girls en ander belangstellendes

Julie 20, 2012 in Sonder kategorie

Engeland se Alastair Cook het gister sy 20e honderdtal in toetskrieket behaal. Dit in slegs 80 toetse met n gemiddeld van amper 50 is fenomenaal.

Hierdie talentvolle krieketspeler is ook n meester van die klarinet, die klavier en die saksofoon. Sommige mense het net alles.

James Anderson, Stuart Broad en Alastair Cook

Liewe Hesus hou nie van die Proteas nie

Julie 19, 2012 in Sonder kategorie

Dit vermoed ons nou al vir dekades. Met elke Wêreldbeker choke die Chokeas. Dit ten spyte van die feit dat God se uitverkore nasie op hulle kniee smeek vir net een Wêreldbeker. Net een.

 

In 1992 het Hy die reen gestuur om die Engelse te red. In 1996 het Hy toegelaat dat die duiwel Chris Gayle loslaat. Die toorn van die Almagtige het Hansie gestraf in 1999 in die grootste choke in die geskiedenis van sport (jukskei ingesluit). 2003 en 2007 was eenvoudig n verwerping in die buitenste duisternis. Verlede jaar was die Opperwese seker kwaad omdat ons kaptein n bybelse verhouding met n Katoliek het.

 

*Sug*. En nog word die uitverkore volk gestraf vir die sondes van Verwoerd en AG Visser. Vandag was die weerstoestande perfek vir ons naataanval. Bewolk, reen in die lug…ons boulers was reg! Tot 5 minute voor die covers afgetrek is toe Liewe Hesus die son laat uitkom en Andrew Strauss die loot laat wen het.

 

O wee. Hell hath no fury like a gods scorn.

 

 

Nou is Alastair Cook, die St Paul’s  choirboy op 106 nie uit nie. Laat dit vir AB en sy boere rock n les wees.

 

Oval overture

Julie 19, 2012 in Sonder kategorie

Die Proteas begin met die moeder van alle toetsreekse teen Engeland vandag op die Oval in Surrey. Eerste bal word 12uur geboul so kry die bier, biltong en derglike verversings reg.

Nie alleen is Engeland tans die wêreld se top toetsspan nie, maar het die Proteas nog die Oval duiwel om af te skud. In 13 pogings kon Suid Afrika nog nooit n toets op die Oval wen nie!

Grusaamste in die moderne era was die totale verplettering van die Suid Afrikaners deur snelbouler Devon Malcolm in 1994. Malcolm se tweede beurt syfers van 9/57 spreek boekdele.

Die huidige Protea span het verseker die skietgoed om die bordjies te verhang. Ek hoop Graeme Smith wen die loot en kies om veldwerk te doen. Met bewolkte weer en vog in die lug behoort Steyn, Morkel, Philander en Tsotsobe die Engelse kolwers aan die raai te hou. n Paar vinnige paaltjies en die pendulum sal swaai.

Sou die Proteas eerste moet kolf gaan alles soos gewoonlik daarvan afhang of ons kaptein sy gunsteling vis buite die wegpen paaltjie weggooi hou in toom kan hou. As Smith vir 40 boulbeurte kan staan behoort Amla wat in fantastiese vorm is en AB later aan n goeie telling op die bord te plaas.

Dis die wonder van krieket, onteenseglik die beste sport nog ooit uitgedink…soveel veranderlikes, soveel moontlikhede. En ons as gelukkige toeskouers het 5 heerlike dae on na uit te sien!

Die oval

Vir die ongelukkige verdoemdes wat dalk nie van toetskrieket hou nie, geen rede vir wanhoop. Die Britse Ope (The Open) begin ook vandag by die Lytham & St Anne’s gholf klub in Skotland. Ons hoop is op Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel maar hou gerus Luke Donald dop.

Net vir afwisselling en om almal gelukkig te hou is daar darem Saterdag oggend die uitspeelwedstryde in die Super 15. Go Bulle en Sharks!

Is there life without sport. Geen vraagteken…retoriese vraag.

Hoe subjektief is ons

Julie 18, 2012 in Sonder kategorie

n Mooi huis

 

 

 

 

 

n Mooi stoel

 

 

Om te “dig”

Julie 18, 2012 in Sonder kategorie

die mense op litnet

dink

om n paar onsamehangende sinne sonder leestekens

of hoofletters

bymekaar te gooi

is dig

dit is nie

dis nonsens