You are browsing the archive for 2022 January.

by maraja

What Would Jesus Do?

January 30, 2022 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

What Would Jesus Do…

Ek onthou so 15 jaar gelede het tieners ewe skielik gekleurde armbandjies begin dra by ‘n skool in die Oos-Kaap met die letters WWJD daarop.  Ek het gedink dis seker die naam van ‘n nuwe rockband en het eendag uit nuuskierigheid een gevra wat die simboliek van hierdie bangles nou juis is? Hy het trots vir my gesê: “Juffrou weet mos…soms kom jy by ‘n moeilike besluit…en dan moet jy jouself net vra wat sou Jesus gedoen het?”  Ek het hieroor gelag en gedink, ai…tieners darem…

My laaste woorde elke jaar aan my matrieks is gewoonlik : “Julle gaan nou na die Grootskool van die Lewe…dis moeilik en hard…sonder onderwysers wat jul daagliks gaan aanmoedig, maar wees op die uitkyk vir mentors en leer by hulle”  Wat anders kan ek doen?  Want self het ek geleer die Lewe is nie ‘n grap nie.  Dit is vol stampe en stote en val en opstaan en val en dan dink hoe gaan ek weer opstaan?

Daar was ‘n keer toe ek vir die hoeveelste keer uitgevind het van my man se geselsies op social media met ander vroue (nadat hy belowe het hy salliewerie) en ek het by ‘n kruispad gestaan… Neem ek my twee baba’s en verdwyn net virewig uit sy lewe en ontneem hom van sy kinders om hom te straf en seer te maak?  Ek het op ‘n koppie in Pretoria gestaan en huil…uitgekyk oor al die seer en pyn van ander om my…en ‘n besluit geneem.  Ek is ‘n grootmens en kan nie die twee kleintjies ontneem van hul pa nie…en ek sal by hom staan deur dik en dun… Min het ek geweet hy sou net daarna sy werk verloor en ons sou moes begin swerf en raap en skraap…maar steeds het ek hom bygestaan en ondersteun.  Ses maande later het hy toe wel ‘n werk gekry en daar het hy gesterf aan ‘n hartaanval 3 weke later…Vandag is ek steeds nie spyt oor my besluit om die kleintjies nog 6 maande se onskuldige liefde saam met hul pappa te kon gee nie, maar daar het ‘n donker tyd vir my voorgelê…Ek het my Bybel van voor tot agter gelees om te probeer verstaan hoekom God van my ‘n weduwee moes maak en my twee kleintjies weeskinders?  In groot swart letters het ek my Bybel opgesom in twee woorde :  Liefde en Vergifnis…Was dit die antwoord wat ek gesoek het?  God het my toe geseën met ‘n nuwe pappa vir my twee kinders…een wat my op die hande dra en gladnie belangstel in social media nie…Het ek dan die toets geslaag? Het ek gewonder…

In die Grootskool van die Lewe skryf jy gedurig ‘n toets, maar daar is geen onderwysers wat vir jou ‘n toetsdatum gee of ‘n memo aan die einde om te kyk of jy geslaag het nie…you have to figure it out for yourself as you go along…As ewige student is ek lief om te leer uit my foute en volgende keer beter te probeer doen.  Dit verstom my steeds as mense dieselfde verskeerde besluit oor en oor maak…leer hulle dan niks nie?

So kom die skoonfamilie kuier die afgelope Desember vakansie (uit Pretoria) en sien ons baie uit om mekaar weer na twee laaaang Covid- jare weer te sien (die landsgrense was mos gesluit die vorige krismis)  In my binneste hoop ek net een ding…. dat daar nie vasgesit gaan word oor die vaccine nie, want die een helfte is pro en die ander nie.  En soos die lustige ou duiwel dit behaag, breek daar die laaste aand van ‘n heerlike vakansie ‘n onderonsie uit tussen die klomp en almal gaan slaap kwaad… Dit is hoogsomer in die Klein Karoo en laataand draai die hitte en die muskiete nog rond en daar word min geslaap.  Die volgende oggend is ek al vroeg op en maak koffie in die kombuis…en ek dink by myself hoe ek hierdie probleem gaan oplos?  En soos ‘n weerligstraal tref dit my…Wat sou my ma gedoen het?  Sy is mos die vredemaker in die familie…jip…sy sou vir almal wakker maak met koffie en beskuit en met liefde hulle oorlaai met kos vir die langpad terug huis toe…

My plan het gewerk soos ‘n bom en ons is uit mekaar op goeie voet en ‘n voorspoedige nuwe jaar… maar eers heelwat later (toe ek die situasie lê en bepeins op my bed) het ek besef, al is my ma ‘n mentor vir my in die lewe is dit die boodskap van soveel jare gelede wat ‘n tiener my geleer wat ek self toegepas het…What Whould Jesus Do?

Vergifnis en Liefde