You are browsing the archive for 2021 April.

by maraja

‘n Mens is nie ‘n Straathond nie…

April 30, 2021 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

 “Weet jy dat jou Ma die heeldag in die hospitaal was vandag?”  tik ek noudie aand ‘n kwaai-juffrou boodskap aan my twee ouer broers…Ma het alweer lelik geval…haar skouerknop mors-af gebreek…en nog twee weke met ‘n pimpel-en-pers arm rondgeloop en op haar tande gebyt van die pyn  (ons is mos sterk vroue)…maar nou lê sy (dokter se orders) vir 3 weke op haar rug… 

Ma val gewoonlik as sy nie met reality kan deal nie…Sy probeer weg hardloop met haar kop…en die lyf kan net nie bybly nie..(shame)  Dis soos om tegelykertyd in twee tyd-sones te beweeg…en almal weet wat jet-lag aan die lyf doen… Ek het dit jare terug gesien toe Pa oorlede is…toe my eie man…en nou (onlangs) my kleinboet (haar favourite).  Ek het haar gesmeek-waarsku : “Ma, asseblief, sit stil…rou…huil…neem afskeid”… maar wie luister nou na die baby van die familie?  Kom ek sê jou : “Niemand…”

Ek worry oor haar (my hele lewe al…as ek nou eerlik-in die -spieël wil wees vanaand…) en ek is altyd verstom/sprakeloos dat my broers nie dieselfde oor haar worry nie… Sê die Tien Gebooie dan nie ons moet onse Ma’s eer nie? 

Hierdie ding sit swaar op my hart…en so sit en gesels ek gereeld hieroor met my huismaat…dit voel soos ‘n puzzle wat ek net nie kan voltooi nie…en die prentjie wil net nie in fokus kom nie… Ek het al hieroor gehuil, gebid en tande gekners…maar steeds kry ek nie die antwoord wat ek soek nie…

My vraag is : “Sy is so ‘n omgee-mens, hoekom gee haar ander kinders dan nie om vir haar nie?” 

Niemand se ma is perfek nie…en noudat ek self daardie badge dra, word ek daagliks gekonfronteer met my eie tekortkominge… My broers verkwalik haar vir baie dinge wat skeef geloop het in hul lewens (ou koeie in een of ander sloot), maar deep down (dink ek)… gaan dit oor die straathonde…

Ma het my van kleinsaf geleer ‘n mens skop nie ‘n hond wat lê nie…en nou lê sy…groot, sterk vrou wat sy is…klein en pateties op ‘n enkelbedjie…en ek het lankal my koeie diep begrawe, afskeid geneem en vergewe… want is dit nie ook wat Jesus van ons verwag nie? Ek het jare gelede al ophou probeer om Ma te verander…ons stap elkeen sy eie pad hier op aarde…en al wat ons kan doen is om mekaar lief te hê… nie waar nie?

Ma tel gereeld mense op wat soos weggooi-honde op straat rond-drentel… neem hulle huis toe, versorg hulle, gee hulle ‘n dak en ‘n bord kos…maar soos ons almal weet, het weggooi-honde ‘n knou weg…ja, hulle is dankbaar (vir ‘n rukkie)…but you can’t teach an old dog new tricks, reg?  Ons onverkose dorps-burgermeester noem hulle die “rand-eiers”…en noudat Ma in een van sy huur-huise woon, het hy haar belet om nog mense in te neem, want sy kan nie sien wat ons sien nie…hulle trek haar af…en misbruik haar goedhartigheid…

Is dit nie dalk empty-ness syndrome wat sy aan ly vandat haar kroos uit die huis is nie?  Soos ‘n regte moeder-hen collect sy hierdie menagerie van strange birds… vir wie selfs die Kerk nie kans sien nie (en hulle barmhartigheid strek nogal wyd)…

Ek wonder of my broers nie dalk ‘n tikkie jaloers is op die liefde en aandag wat sy gee aan hierdie uitgeworpenes van die samelewing nie?  Hulle sal dit nooit erken nie…(dis te embarrasing vir twee groot mans duskant sestig), maar ek vermoed my vermoedens is reg. Tog het ek nie die moed om (as jongste in die familie hierargie) hulle hieroor te konfronteer nie… dus hou ek maar slegs dop (van ‘n goeie afstand af… natuurlik) hoe hierdie storie homself uitspeel…en hoe Ma haar nuwe straathonde nuwe truuks probeer leer…

Ouma en haar kleinkinders