Skrikwekkend
September 29, 2014 in Uncategorized
Jammer, hierdie is vir my die heel skokkendste foto van die “30 Most Shocking & Heart Touching Photographs Ever Made” Google eerder self as julle wil kyk, want as ek die URL hier plak word die hele webtuiste ingetrek)
Afloskreet
Hier waar die wreedste kiekie ooit
en my moedertaal se heel mooiste
vers mekaar in ootmoed probeer vind,
bid ons saam vir hierdie sterwende kind
ek moet versigtig woorde kies om
nóg onbeheersde trane te verhoed
want my vriendinne was tog so reg: my
laaste kiekies het vriend en vyand tot
teen die rougevrete been geskok
Die kraaie en die aasvoëls kla
in Opperman se vers as ‘n moeder
na haar seun se beendre soek
Spaar hierdie kind ‘n afloskreet
o Heer want “die afloskrete van
die aasvoëls, van die wildehonde
en die kraai” verdig in hierdie ryper
uur tot pynvertrekte gewetenswonde
(Ek gee graag erkenning aan grootmeester DJ Opperman vir die ruim gebruik van woorde en grepe uit sy meesterstuk: Gebed om die gebeente)
tina10 het gesê op September 29, 2014
Ai ek leef liewer in die laaste tyd in ontkenning … makliker
Lekker om jou te sien. Hoe gaan dit?
ouboet se stoep het gesê op September 29, 2014
Goed dankie Tina en daar? Ek was net emosioneel verplig om iets oor hierdie hartseer foto te skryf.
tina10 het gesê op September 30, 2014
@louisna Daar is baie ellende daarbuite …
ouboet se stoep het gesê op Oktober 1, 2014
Jy’s reg Tina. Baie ellende.
frik van eeden het gesê op September 30, 2014
@louisna
Hi Ouboet – “long time no read”.
Treffende foto en ewe treffende woorde.
Perdegroete
Frik
ouboet se stoep het gesê op Oktober 1, 2014
Dankie Frik.
spokie het gesê op September 30, 2014
@louisna
Ja, dis is ‘n skrikwekkende foto. Ek het dit al ‘n paar keer gesien, maar spreek dit elke keer weer.
ouboet se stoep het gesê op Oktober 1, 2014
Dankie trienie vir die inloer