Velhonger
Augustus 12, 2013 in Uncategorized
Velhonger
‘n Mooi en konserwatiewe meisie uit die prille ontwaakjare van my skramsgeleefde jeug het die term velhonger gebruik.
Velhongerte word gestil as jou vel met die vel van ‘n ander mens van die teenoorgestelde geslag (of die keuse wat jou aanstaan natuurlik) kontak maak.
Velhongerte is eintlik ‘n delikate kwessie, want wat in ‘n mens se lyf is nie met vel bedek nie? Net tande en naels? Die een krap en die ander een byt en dit stil nie hongerte nie.
Goed ek wil nie vir julle ‘n lesing gee oor velhongerstillers nie; ook nie oor velzones wat honger raak of oor die nagevolge daarvan nie.
Dit is net vir my ‘n pragtige woord oor ‘n erg meevoerende onderwerp.
tina10 het gesê op Augustus 13, 2013
‘n Sielkundige het die anders verduidelik. Dit het nie net met die ander geslag te doen nie, maar die drukkie van ‘n vriendin of kind sal ook help. Dit gaan ook oor die positiewe saamwees van mense?
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Goed Tina,kinders en vriendinne is ‘n ander saak, maar die sielkundige is seker reg
blikskottel het gesê op Augustus 13, 2013
Sonder velhonger sou nie een van ons hier gewees het nie.
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Baie beslis.
ek-myself het gesê op Augustus 13, 2013
Niks so lekker as die honger gestil word nie…. lyf teen lyf…
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Inderdaad ek-myself
exionperfexi het gesê op Augustus 13, 2013
interessant : ietsie wat hierby aansluit as jy wil gaan lees
http://realitypod.com/2010/10/robot-programmed-to-fall-in-love-with-a-girl-goes-too-far/
metaalhonger ?
ouboet se stoep het gesê op Augustus 14, 2013
Baie dankie Exi. Dit is interessant.
perdebytjie het gesê op Augustus 19, 2013
Pragtige woord wat alles mooi verduidelik!
ouboet se stoep het gesê op Augustus 19, 2013
Inderdaad. Dankie vir die inloer