DJ Opperman se raad
Augustus 12, 2013 in Uncategorized
“Een ‘versoeking’ vir die jong kunstenaar word deur Opperman prominent uitgesonder: Die grootste versoeking van die jong kunstenaar is om te bieg, om te bely; om regstreeks van sy vreugde en sy smart te getuig. Jy ontmoedig hierdie slobberige kwyldrade van die bibberende mond. ’n Mens beveel saam met Nijhoff aan: skryf weg van jou self. Moenie jou mond gebruik om te fluit nie — sy skaal is te beperk: jy kan vir ’n nooi ’n wolfgeluid maak, ’n uilgeluid vir kinders en fluit om die skape aan te jaag. Maar as jy ’n instrument, soos bv. ’n klarinet na jou mond bring, dan kom die fyn wisselende vreugdes en verdriete van ’n Mozart.”
tina10 het gesê op Augustus 13, 2013
Lekker om jou te sien
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Dankie Tina
tina10 het gesê op Augustus 13, 2013
Hi… lekker om jou te sien
exionperfexi het gesê op Augustus 13, 2013
hier eenkant in die versteekte longdrop klink my eie gedempte kleuterversklanke gelukkig kosteloos, baie dankie.
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Pragtig.
blikskottel het gesê op Augustus 13, 2013
Dus is my kitaar tokkel meer werd as die liedjies wat ek pen se woorde..MMmmm
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Ja, soort van blikskottel
ek-myself het gesê op Augustus 13, 2013
Welkom “terug”
Nou sal jy moet aanhou!
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Ek maak so
Henry @kompethenry het gesê op Augustus 13, 2013
Hei maar die meeste van ons het niks anders om oor te praat as juis onsself nie…
ouboet se stoep het gesê op Augustus 13, 2013
Ek stem Henry.