Kinders is so kosbaar
Julie 29, 2013 in Uncategorized
Is daar iets mooiers as twee verliefde kinders? Toe kleinboet se nooi nou die dag verjaar, het ek vir haar ietsie voor in haar geskenk geskryf (Sheila Cussons se versamelde gedigte.) Let wel: hierdie poginkie nie ‘n gedig nie; bloot net ‘n paar gedagtes wat uiters welkom begroet is:
Veels geluk Lizeri
In die vroeë lig
van vele môres saam
met ons lieflingkind
sien ek iets moois
op die horison blink
Jou pragtige glimlag met
die viering van jou
kêrel se geboortedag
laasjaar op 4 Desember
het my trots gemaak
Ek het my speech gerek
om die prinses van Bethal
welkom te heet en te spog
ons oorsprong begin ook in Bethal
Ja, jou kêrel se oupa se oupa
het die dorp gesig
Op ouma se erediens het
jou kêrel so mooi gepraat
maar die familie en
vriende het van julle as die
pragtige couple gepraat
Ouma Marie sê: Pragtige kind
Ma sê: welgedaan boetiekind
Mag vandag se skugter oggendson
tot ‘n dag vol wasdom en rooi rose ontplooi
en onthou
Iewers in Potch verlang
boetiekind na sy pragtige nooi
blikskottel het gesê op Julie 29, 2013
As iemand my kinders tena kom, dan is dit oorlog en ja, ek sal doodmaak om hulle te beskerm.
ouboet se stoep het gesê op Julie 30, 2013
Ek voel dieselfde. Kinders is meer as kosbaar.