Mammy blue
Julie 27, 2013 in Uncategorized
Florescentligte het jou wit bloes
daai aand voller gemaak,
ver verby die metafore
van my moedertaal.
As childhood memories fill my mind,
you never miss the water ’til the well runs dry.
In my matriekjaar ontstaan jy in Frans;
na veertig jaar en tien tale,
spreek jy steeds,
ontstel jy steeds;
trek jy immer trane,
laat jy my voortdurend nog verlang.
Helaas, wig jy leuens
tussen waarhede in,
maar daai aand in Hillbrow
– met sy ex-post-facto
gewetensgewigte –
bliksem, daai aand met sy
skerp florescentligte.
tina10 het gesê op Julie 27, 2013
mmmmmm … dit laat my wonder
ouboet se stoep het gesê op Julie 28, 2013
Toemaar Tina, dit was voordat ek myself in die heilige eg verbind het.
exionperfexi het gesê op Julie 27, 2013
uitstaande!
ouboet se stoep het gesê op Julie 28, 2013
Dankie Exi. Die aand was great.
Zeppie - @zephur het gesê op Julie 28, 2013
‘n Aand vol vermaak
Hi daar OuBoet
ouboet se stoep het gesê op Julie 28, 2013
Hallo Zeppie. Inderdaad.
blikskottel het gesê op Julie 28, 2013
Jy moet ‘n 80’s kind wees…Florescentligte het jou wit bloes, dit kom mos uit daai tyd.
ouboet se stoep het gesê op Julie 28, 2013
Nee blikskottel,
Ons het al in die sewentigs garageparties met daai ligte gehou.