Resitasietjie
Julie 24, 2013 in Uncategorized
Kan iemand my help om die spasiering reg te kry asb.
Klanklaan
Van sprokie vir ‘n stadskind
van Koos du Plessis
deur memory lane se
gange tot by
die slawekoor uit
Nabucco van Verdi
het wysies se woorde
my teen die horisonne
van môres vasgedig
met hernontdekte gisters
wat verskiete verlanges
herroep en
in die wandelgange
bly neurie
exionperfexi het gesê op Julie 24, 2013
mooi … ook die met die spasiering en tipografie is daar niks verkeerd nie
ouboet se stoep het gesê op Julie 24, 2013
Baie dankie Exi. Ek plak enkelspasiering dan wys hy dubbel.
ek-myself het gesê op Julie 24, 2013
Bly om te sien jy kan nog.
ouboet se stoep het gesê op Julie 24, 2013
Baie dankie. Ek probeer nog.
perdebytjie het gesê op Julie 24, 2013
Het jou gemis hier rond.Moet nou nie weer so lank wegbly nie!
ouboet se stoep het gesê op Julie 27, 2013
@perdebytje Baie dankie. Ek sal weer inloer
Tannie Frannie het gesê op Julie 24, 2013
Hallo Ouboet, dis lekker om jou hier rond te sien. As ek ‘n stuk in die inskrywingspasie plak, spring die spasiering ook van enkel na dubbel – dan verander ek dit maar ewe gedwee terug na enkel voordat ek die inskrywing laai…
ouboet se stoep het gesê op Julie 27, 2013
@Tannie Frannie. Dankie. Ek sukkel. Ek sien Maryna het goeie raad gegee.
tina10 het gesê op Julie 24, 2013
Welkom terug… ek wonder heeltyd hoe gaan dit met jou en die seuns…
maryna het gesê op Julie 25, 2013
Skryf jy in MS Word en copy en paste dit dan direk op jou blog? Ek dink jy en Hennie het dieselfde probleem daar. Copy dit eers van MS Word en paste dit eers in Notepad of Wordpad. Copy dit dan van Notepad en paste dit dan op jou blog.
Ek hou van jou resitasietjie. Ek het gister in die Wimpy ook iets geskribbel op die koerant. Winter blues en somer verlange
Net nie hier waar woorde vuiste is,
geklemde gedagtes
wat nooit vergewe of vergeet nie
nie hier waar almal doof is vir Beethoven
waar tonge en lippe die vaal taal
van leë vlaktes praat nie
lê my neer in die groenste blou,
die blouste grys
van jou stil oë
waarmee jy elke dag deur vensters kyk
hoe groen bome
ryp word in die son
ouboet se stoep het gesê op Julie 27, 2013
@maryna. Baie dankie, ek sal jou raad volg. Dit is ‘n pragtige gedig. Mooi metafoor: nie hier waar almal doof is vir Beethoven.
Royalcasino722 het gesê op Mei 8, 2022
Royalcasino722
안전놀이터 het gesê op Mei 10, 2022
I was impressed by your writing. Your writing is impressive. I want to write like you.안전놀이터 I hope you can read my post and let me know what to modify. My writing is in I would like you to visit my blog.
먹튀검증업체 het gesê op Mei 10, 2022
Pretty nice post. I just stumbled upon your weblog and wanted to say that I have really enjoyed browsing your blog posts. After all I’ll be subscribing to your feed and I hope you write again soon 먹튀검증업체 I would like to write an article based on your article. When can I ask for a review?!
xbxd