Beminde in stort
Februarie 14, 2013 in Uncategorized
Tieneroë tuur deur riffelglas en stoom
en volg die kurwes van die vlees
So staar ek na jou my lam
sien ek jou soos gister toe ons
liefde verbode was
die begeerte warm
vlees op vlees was
die eerste drif hom in ‘n stil uur uitgewoed het
die jare van eensaamheid aangebreek het
elk, afgesny van mekaar, hul
in die donkerte van afsondering
van drif en pyn verlos het
In hierdie eerste repies lig van
die nuwe begin staar ek na jou
my lam, word die wasigheid
van gister weer helder lig
Soos tieneroë deur riffelglas
na die spatsels van ‘n droom bly staar,
tussen stoom na die kurwes
van die vlees bly soek
So staar ek na jou
my lam
dheap authentic retro jordans het gesê op April 2, 2013
Every word in this piece of work is very clear and your passion for this topic shines. Please continue your work in this area and I hope to see more from you in the future. [url=http://www.authenticretrojordanscheapsale.com]dheap authentic retro jordans[/url] dheap authentic retro jordans
ouboet se stoep het gesê op April 3, 2013
Thanks