Kleinboet gaan ouma groet
November 28, 2012 in Uncategorized
Vroulief het klaar besluit. Net Kleinboet gaan die speech maak, want hy kan en hy wil graag. Hy bel my vanoggend. Hy soek die URL van seker die mooiste klavierstuk denkbaar: Impromptu in A mol van Schubert. Hy wil dit as agtergrondmusiek speel terwyl hy praat. Beter helfte dink dit is ‘n brilnante idee.
Jammer, ek kan nog nie lekker songs plak nie, maar hier is die URL
https://www.facebook.com/video/video.php?v=10150482903287989
Geagte familie en vriende,
Dit is vir my vandag ‘n groot voorreg om vir Ouma Miemie met ‘n paar spesiale woorde in die kerk te groet. Ouma Miemie was vir haar kinders, kleinkinders, familie en vriende baie kosbaar. Ma het ‘n paar fotos gaan opdiep wat ek graag as meelewende agtergrond op die skerm wil wys terwyl Frans Schubert se meesterlike Impromptu in A mol in die agtergrond speel. Schubert se mooi reëndruppeltjies laat my aan Ouma dink.
Nege minute verder: Ouma se heengaan het vir ons ‘n baie spesiale boodskap, soos verwoord in Ina Rosseau se pragtige gedig, Keerdatum
Hoe kry ek my lewe
betyds klaar geleef
in die klein bestek vir
my beskik,
as die ure nou
tot sekondes slink
en wik-wik-wik-wik
my hart en die wekkers
elke dag elke nag
bietjie
vinniger tik
Ouma se keerdatum was 23 November 2012. Ouma, ons groet jou.
Ek dank U.
Mooi dag verder,
Ouboet.
perdebytjie het gesê op November 28, 2012
Daardie Impromptu is een van my gunstelinge..baie gepas vir ‘n afskeid aan Ouma.Sterkte daar!
ouboet se stoep het gesê op November 28, 2012
@tina 10 Baie dankie Tina.
ouboet se stoep het gesê op November 28, 2012
@perdebytjie Baie dankie. Dit is ‘n meesterstuk, veral Arthur Rubinstein se weergawe
tina10 het gesê op November 28, 2012
Sterkte in hierdie tyd
vega het gesê op November 28, 2012
Dis besonders respekvol. Nou die dag by my skoonpa se diens het al die kleinkinders gepraat, hulle het elkeen ‘n hegte verhouding met hom gehad en het staaltjies vertel dat ons eers gelag het en toe gehuil het.
Hulle het ook die musiek gekies, van Florence and the Machine se Never Let Me Go (Hy was hartstogtelik lief vir die see) tot O Heer my God wat sy favorite hymn was. baie spesiaal.
ouboet se stoep het gesê op November 29, 2012
@vega Baie dankie vir die kuiertjie. Na die uitspreek van die seen, sit ons die doedelsakweergawe van Amazing Grace op. Ek het dit gespeel met my matriekreuniespeech toe ons hulde gebring het aan die 13 wat reeds gesterf het.