Wie sal ek uitnooi?
November 27, 2012 in Uncategorized
Wie sal ek uitnooi vir ete?
1. Stephen Hawking om naby sy enorme breinkrag te wees
2. Helen Keller om iets by ‘n vrou wat ‘n massiewe voorbeeld gestel het te leer
3. DJ Opperman, om met die skeppendste kunstenaar in Afrikaans se blad te skud
4. Madiba, om na die ikoon wat “die kind” in die parlement voorgelees het te luister
5. Martin Luther King jnr om die man wat beste toespraak van alle tye gelewer het te hoor praat
6. Diane Lane, om na seker die mooiste vrou wat leef te staar
7. Mark Zuckerberg om te probeer agterkom hoe dink Generation Y
8. My oupagrootjie Jacobus Petrus Naude (1851-1933) om die patriarg in aksie te sien. Jammer vir die Engels: …..I thank him for the genetic gift of hastiness. He mastered a winning trait of the new world way back in the Victorian age and braved forth towards a world he deserved but didn’t see.
Wat sal ons eet? ‘n Lam op die spit met bykos na smaak. Modderkoekie sal vir ons nagereg voorsit.
Wie van my blogvriende sal ek uitnooi? Die stoep is groot en al 43 vriende is meer as welkom.
pienkvolla het gesê op November 27, 2012
@louisna Ouboet, jy kroek!!! Jou tafel is hopeloos te vol… 🙂
ouboet se stoep het gesê op November 27, 2012
@pienkvolla Kroek? Nooit ek is net regverdig.
tina10 het gesê op November 27, 2012
Nee jong jy sal maar twee etes moet hou … mens sal nooit in een ete na al die interessante mense geluister kry nie
ouboet se stoep het gesê op November 27, 2012
@tina 10 Ek neem kennis. Dit is ‘n goeie idee
Tannie Frannie het gesê op November 27, 2012
Yeyyyy – ek’s daar, Ouboet!
ouboet se stoep het gesê op November 28, 2012
@Tannie Frannie Jy is baie welkom op die stoep
Carol R @ Losbek het gesê op November 27, 2012
Dit is interessant om te sien wie deur watter blogger genooi word. Jy het ‘n paar merkwaardige mense aan jou tafel.
ouboet se stoep het gesê op November 28, 2012
QCarol R Baie dankie. Ja daar is groot geeste. Thanks vir die kuiertjie
modderkoekie het gesê op November 28, 2012
More Ouboet,
natuurlik sal ek die nagereg vir jou ete doen. ‘n Trio of desserts sodat elke gas kan kies uit 3 klein nageregte op sy bord. Sit my in die kombuis en ek is gelukkig..lol
ouboet se stoep het gesê op November 28, 2012
Baie dankie Modderkoekie. Ek het geweet jy is ‘n staatmaker. Ek like die keuse uit drie: aldrie.