Genadelig

November 25, 2012 in Uncategorized

God se genadelig het vir 96 jaar oor ons moeder, ouma en vriendin geskyn, tot Hy haar op 23 November 2012 vir hoër diens opgeroep het. Dit is ons bede dat ons Hemelse Vader ‘n nuwe uur van groot genade sal stuur en dat Hy die eerste troos teen ‘n nuwe horison sal kaats. Ons berus by die wete dat haar gestolde woorde lig oor ons pad sal skyn en ons altyd sal inspireer.

1. NADER, MY GOD, BY U –
STEEDS NADERBY!
AL IS DAAR OOK ‘N KRUIS
NODIG VIR MY.
DAN SAL MY LIED NOG BLY:
NADER, MY GOD, BY U –
NOG NADERBY!

2. AL IS EK VER OP REIS,
DWAAL EK ALLEEN;
AL MOET OOK SNAGS MY HOOF
RUS OP ‘N STEEN;
DAN BRING MY DROME MY
NADER, MY GOD, BY U –
NOG NADERBY!

3. DAN SIEN MY GEESTESOOG
‘N HEMELLEER:
ENG’LE GAAN DAAR OMHOOG
EN DAAL WEER NEER;
HUL WINK EN ROEP VIR MY
NADER, MY GOD, BY U –
NOG NADERBY!

4. EN AS EK DAN ONTWAAK,
VOL VAN U LOF,
RIG EK MY ALTAAR DAAR
OP UIT DIE STOF.
SO KAN BEPROEWING LEI
NADER, MY GOD, BY U –
NOG NADERBY!

5. EN WORD EK HIERVANDAAN
EENMAAL GEDRA,
DAN VAAR EK HEMELWAARTS
DEUR U GENA;
DAN SAL MY LIED NOG BLY:
NADER, MY GOD, BY U –
NOG NADERBY!

16 antwoorde op Genadelig

  1. Haar onsterflike siel betree nou ‘n nuwe fase, soos ons almal die een of ander tyd.

    Ek wou laasweek reageer op jou pos, “cheers”, maar het toe nog nie die captcha-besigheid onder die knie gehad nie. Jou poste word wel waardeer, al is daar nie altyd kommentaar nie.

  2. tina10 het gesê op November 25, 2012

    Wonderlike ouderdom
    Sterkte

  3. Patches het gesê op November 25, 2012

    ongelooflike ouderdom sjoe, sterkte vir julle

  4. Jammer om te hoor van julle verlies, Ouboet.

  5. vega het gesê op November 25, 2012

    Jammer oor die verlies en einde van ‘n era. Dit laat altyd ‘n leemte as ‘n geliefde wegval. Ek wonder as mens kon kies hoeveel mense so oud sou wou word.

  6. Sterkte, dit is wonderlik en ‘n groot voorreg om so oud te kan word!

  7. Hoe weemoedig raak ek nou! Sterkte vir julle !

  8. Jammer om te hoor! Wat ‘n vol lewe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.