Hiers ek weer. Kleinboet se party

November 20, 2012 in Uncategorized

Ouboet jou oorgeslaande leek. Modereer jou antwoorde. OK, jammer ek het, en nou probeer ek weer. Die 21st was massief lekker. My speech was toe net 29 minute, hoofsaaklik memorabilia uit 21 jaar se geleefde werklikhede. Toe ek sy foto as pasgebore baba op die skerm gooi, toe kry Kleinboet ‘n staande ovasie. Slegs 55 van die geskatte 70 gaste het toe opgedaag. Snaaks, sy hele vriendskapbasis het Potch toe geskuif en relatief min ou plaaslike vriende het opgedaag. Meer as 90% was toe onbevoeg om te bestuur en het oorgeslaap.

Seun se vaste meisie is eers gister terug Bethal toe. Wat ‘n pragtige kind. Toe ek die skare vertel ons Naude-voorgeslagte het Bethal in 1881 gestig, is seun se keuse met waardering begroet.

Sy meisie is uitsonderlik pragtig. Kleinboet se ambisie vertel ‘n verhaal van strewes en vasbyt. Sy meisie is ‘n derdejaar LLB-student en prim van haar koshuis. Hy is tweedejaar, maar hulle kom gelukkig uit dieselfde oesjaar, 1991. Toe ek haar vra of sy nie punte as Prim verloor omdat sy met ‘n tweedejaar vassleep nie, toe antwoord sy: Oom, Deklerk is enig in sy soort. Hy is my eerste keuse en basta met die res. Ons is mal oor mekaar en dit is die belangrikste. Die liefde het nie beperkende reels nie.

Kleinboet se ma was ontsteld omdat sy uitsonderlike lang hare so woes staan en hy volgens haar in die proses punte verloor. “Jy kan nie ‘n tang en ‘n goeie leier wees nie” Toe ek ook vir hom se hy lyk soos ‘n gat wat half afgevee is, toe neem hy gister die elektriese haarsnyer en skeer homself poenskop. Meisie help en lag lekker saam. Nou wil hy die enorme bos dik hare van seker amper 15 cm vir die kankervereniging skenk. Well done seun.

Modererende groete,

ouboet

12 antwoorde op Hiers ek weer. Kleinboet se party

  1. Ja jong kyk jy moet modereer…hehehe

    Great so party was lekker

  2. tina10 het gesê op November 20, 2012

    Klink lekker
    Noudat jy die kommentaar modereer moet jy asb. met die persoon se naam begin bv.
    @louisna of @tina dan sal die kommentaar per epos bygewerk word!

  3. van my vorige komtare het lank gevat om gemodereer te word . sommiges is seker getrash. ek het begin dink jy’t my ook geblok as ‘n SPAMMER , asof ek in dieselfde liga speel as Johan Pienaar.

    geluk met jou seunkind se ouderdomsmylpaal – nou is hy nie meer net bekkig soos sy vaartjie nie, maar ook mondig …..

    (en as ek net vir ‘n slag ook maar weer smoeling kan wees: my persoonlike mening is dat die fuifpartytjies wat soms met sulke geleenthede gepaardgaan meesal nie karakterbouende is nie. )

  4. ‘n gat wat half afgevee is – lekker lag ek!!!

    Lekker om jou te sien! Ek sil weer inform word as iemand ‘n nuwe post plaas… ek sukkel sonder dit!

    Goeie idee om die hare te skenk!

  5. @ek-myself Thanks vir die inloer. My pa het die gat metafoor gemunt toe ek jonk was en lang hare gehad het

  6. Ha ha ha vir jou moderering wat in die slag gebly het. Dis alles goed waarvan mens nie sommer net weet nie. 🙂

  7. vega het gesê op November 20, 2012

    KANSA neem ongelukkig net hare langer as 20 cm, hy moes net nog bietjie uitgehou het. Superster werk vir hulle.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.