Cheers
November 20, 2012 in Uncategorized
Nee wat, om vir die laaste 3 bloginskrywings GEEN kommentaar te trek nie is effens kras op die ego. Wat maak ek hier in hierdie persoonlikhiedslose tegnologiese mistasting?
Ek is noe bedeeld met die gawes van Nortradamus of Siener van Rensburg nie, maar ek het die volgede visie: Ek sien ‘n bolletjie snot. Hy word mooi opgerol en onder die tafel geplak. Ou vriende raak vervelig met mekaar. Die bolletjie word droog en word dan soos stof weggewaai.
Geniet julle dag.
tina10 het gesê op November 20, 2012
@louisna Ek het nog elke keer kommentaar gelewer en sien dit nou nêrens. Ek hoop dat jy altyd die kommentaar goedkeur anders word dit nie hier gesien nie!
ouboet se stoep het gesê op November 20, 2012
Thanks Tina. Ek is nou ‘n moderator van formaat
loudavisi het gesê op November 20, 2012
Ek het nog elke keer by jou gekommentaar…oor jou seun se pardy ens….dalk het ek ‘n paar gemis.
My een vraag is hoeka hoe om ander inskrywings te sien wat nie op die voorblad is nie.
Ja, hierdie nuwe plek is nie kommentaarwekkend nie.
Ons byt maar vas.
ouboet se stoep het gesê op November 20, 2012
Baie dankie loudavisi. Ek is nou ‘n moderator duisend. Dankie vir die inloer
exionperfexi het gesê op November 20, 2012
@louisna Nazdarovja !!! ~ miskien is die CAPTCHA kodes hier by jou te moeilik ? ek wag in spanning om te sien of my groetwens die keer sal deurgaan …..
ouboet se stoep het gesê op November 20, 2012
Thanks Exi. Ek hoop ook dinge werk mooi soos van oud
lora2me het gesê op November 20, 2012
Ek was lanklaas hier, want dit gaan dol met trekkery ens. Ek moet erken dat die captcha code my irriteer, want soms is dit ‘n halwe prentjie en dan moet ‘n mens dit nog “refresh” ook. Moenie jouself so afkraak nie, ouboet. Ons lees “jou” gereeld.