Beheer tegnologie ons lewens?
‘n Eerlike antwoord op hierdie vraag is ‘n duidelike ja. Tegnologie beheer ons lewens, of ons nou daarvan hou of nie. U mag wel se dat u nie ‘n selfoon besit nie, nie televisie kyk nie, nie rekenaarvaardig is nie, of nie eens koerante lees nie, maar u lewe word daagliks deur tegnologie beheer.
Al sluit u uself in afsondering, weg van die tegnologie af toe, moet u tog steeds eet, nie waar nie, en dit is juis hier waar die tegnologie ons almal se lewens beheer. Al plant u u eie groente of melk u eie koeie en slag u eie hoenders, u sal nie lank aan die lewe bly sonder om iets te koop nie.
Ek wil vandag slegs een stukkie tegnologie uitsonder wat almal se lewens daagliks beinvloed, naamlik die tweedimensionele staafkode. Ons sien hierdie stukkie zebrastreep daagliks op elke produk wat ons koop. Hierdie uitsonderlike metode bestaan uit strepies wat ‘n magdom van inligting bevat. Volgens wet moet elkeen van ons op 16 ‘n identiteitsdokument he. Op die eerste bladsy sal u die staafkode sien. Feitlik geen aspek wat ons lewens daagliks raak maak sin sonder die zebrastrepe nie.
Ek wil graag ‘n paar gebruike van die zebrastreep uitsonder:
· As ‘n produk se prys verhoog is dit nie nodig om elke blikkie kondensmelk of stuk kaas se prysetiket te verander nie. Die sentrale rekenaar doen dit outomaties.
· Die eienaar van die winkel weet presies hoeveel voorraad in sy winkel is, sonder om elke item te tel.
· Hy weet presies wanneer om nuwe vorraad te bestel.
· Die kode op jou identiteitsdokument bevat alle noodsaaklike inligting omtrent jou.
· Selfs spoedoortredings word deesdae met behulp van die kode op ‘n sentrale rekenaar geplaas.
· Die tweedimensionele staafkode en sentrale rekenaars begin al meer om ons lewens te beheer.
Kan ons die tegnologie vryspring? Ek glo nie.
My advies aan julle wat nie televisie kyk nie, nie ‘n selfoon besit nie of nie rekenaarvaardig is nie, vergeet daarvan dat julle tegnologie kan ontglip. Wees byderwets en probeer eerder munt slaan uit die tegnologiese aanslag. Hoe meer ons weet van die tegnologie wat ons lewens beheer, hoe beter is ons voorbereid vir die toekoms.
Nota: Sedert hierdie stukkie meer as ‘n dekade elede geskryf is, het ‘n paar stukkies nuwe tegnologie die lig gesien. Jammer dit is in Engels:
- FID labelling systems (Radio Frequency identification)
- NFC Payments Contactless NFC (Near Field Communication)
- Consumer-interactive barcodes. Tag Reader that allows users to snap photos of interactive 2D bar codes and immediately be transported to more information.
- Augmented Reality aided selection (creating a virtual experience.)
‘n Tegnologies gestremde boorling soos ek raak bang vir die toekoms. Ek weet nie eers aldag hoe werk die TV remote nie.
Onlangse kommentare